Laaste dae hier

Oktober 10, 2012 in Sonder kategorie

Ek het so bietjie teruggelees oor my blogs van Julie 2008 af, want Adri het gese ons moet backups maak.

 

Ek begin toe.

Dit werk nie as mens die 10 blogs op ‘n blad copy en op Word paste nie.

Want dit paste net die begin van elke blog.

 

Dis te veel om te red!

Toe begin ek rondlees en sien, nee wat, dit gaan hopeloos te lank neem.

 

Ek blog meestal oor gebeure met datums, sodat ek kan terugblaai

om te sien wanneer wat gebeur het. 

Is mos maklik om ‘n blog as ‘n navorsingstaak te gebruik,

of om ‘n familie-twis op te klaar as dit oor wanneer wat gebeur het gaan

 

Ek gee moed op!

18 antwoorde op Laaste dae hier

  1. Ek is besig om al my slim maatjies te vra om die goed vir my in ‘n wolkie te gaan bêre, ek hoop hulle kry dit reg want dis my hele dagboek.Vra ‘n pro Lou, dis die moeite werd

  2. Ek het ook moed opgegee. Wens ek het ´n pro geken wat dit vir my kon doen.

  3. baie goed was sommer kafpraatjies, maar sommige blogs sal ek ook nie graag wil verloor nie.

    Ca sera, sera…..

  4. louisna het gesê op Oktober 11, 2012

    Lou, ek dink ook die backup en save is tydmors. Gekukkig is 90% van my bogs uit my familieboek gecut & paste. Dus gaan ek nie eers probeer save nie.

  5. TS het gesê op Oktober 11, 2012

    Ek dink nie dis juis dat mens dit sal verloor nie maar dat mens nie toegang daartoe sal hê nie. Ek wonder of mens se foto albums ook saamgaan en of dit maar soos jou skakels sal agterbly

  6. Chopstix het gesê op Oktober 11, 2012

    Ja dis seker ‘n stryd – gelukkig is dit nie nodig met my twak nie

  7. Adage10 het gesê op Oktober 11, 2012

    Lou al my blogs het behoue gebly to Adage oorgeskuif het na die ander platform. En die kommentare

  8. Ek het nou maar berus.As dit weg is,is dit weg.Ook gou alles gelees en herleef.Dis nou soos wanneer mens huis skoonmaak en ou goed uitgooi.Hopelik beland dit nie op die ashoop nie.

  9. ek het redelik backups van my (jare!) se goeters omdat ek meeste van die tyd eers op MSword getik het (in wat later ‘n BOEK geword het!) en dan gepaste het, juis omdat ek geirriteerd was met inskywings wat “poef”! verdwyn as mens die save blokkie kliek…maar ek gaan baie van die kommentare wat in die argief sit, mis…dit was reeds vir my jammer wanneer mense se kommentare alles verdwyn het wanneer hulle hul blogs toegemaak het, soms was dit priceless en NET wat mens op daai oomblik nodig gehad het {-;

  10. As sommiges van my verlore gaan dan is dit maar so dan “bou” ek maar van vooraf – maar dit sal jammer wees.

    Geniet jy jou nuwe wiele?

  11. ek sal maar net weer nuwe grappies moet kry… 🙂

  12. Nee wat dit klink na te veel harde werk!

  13. Carol460 het gesê op Oktober 11, 2012

    Dit is heeltemal te tydrowend ! Ek gaan nie eers probeer nie!

  14. bloukaap het gesê op Oktober 11, 2012

    soms is daar dinge wat ek eerder wil vergeet
    en anner wat ek wil onthou.
    so, ek sallit maa immy brein dra totdat dit ook eendag sal skuif. wel ek hoop dit skuif ommie bloK !

  15. Retha73 het gesê op Oktober 12, 2012

    Ek is baie posetief en ek glo alles gaan perfek saam oortrek. Ek was eers baie negetatief maar ek begin al hoe meer posetief te raak. Ek dink die “powers to be” het ons gehoor en ek dink hulle het nogal al ons vrese gehoor en probeer om dinge uit te sorteer.

    So ek kan nie wag dat ons nou net kan land nie en kan uitpak en weer aangaan met ons Blog lewens nie

  16. Ja Lou, ek het ook maar net ‘n paar kon red. Soos jy se, net te veel om alles te copy en paste.

  17. ezile het gesê op Oktober 19, 2012

    Ai Lou, ek hoop alles wat jy ooit geskryf het en geplaas het bly behoue. Jy is en bly een van my gunsteling bloggers.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.