Brief aan my sus

Oktober 5, 2012 in Sonder kategorie

Liefste Sus
Ek skryf sommer vir jou oorlat ek verlang.
Die week van vakansie is overskedovers en ek het net mooi NIKS
gedoen – geen werksbevrediging of aangename volwasse gesprekke
gevoer nie…NET vir Ezra ge-entertain.
 
Albert-hulle kon nie kom nie, want hulle soek nog huis in Pretoria.
 
Ek het met ‘n skok besef dat ek nie sommer weer maklik en carefree
kan weggaan nie, want Ezra wil net by my wees, en ek sidder by die
gedagte dat hy van half ag soggens tot half ses saans by ‘n nanny/huishulp
moet wees. Ek het Maandag die ure afgetel tot Irene uit die werk gekom het.
Dinsdag het ek weggeglip met ‘n pel Clanwilliam toe – sommer vir brekvis
en strate stap.  Ek was heeltyd so siek. Duiselig, wil net omval  —  blerrie
vertigo!
 
Teen Woensdag het ek al plannetjies gemaak oor hoe om vir Ezra te vermaak…hy is
so freeking dierbaar.  Se kort-kort: “Zief Ouma baie” 
 
Nou weet ek….ek kan dit doen.  Ek worry nie meer oor kaste pak en deure afskuur nie.
Solank ek my Ez by my het, is ek ok.
(solank my wasbak skoon is, is ek ook ok  :D)
 
Sien jy?
 
Die Polo Vivo is ‘n feestelike karretjie.  Ek het op jou voorstel my VREDE gevind.
Jy is net stunning, sus….weet net wanneer om watter woorde vir my te se.
 
Ek het vanaand daardie vreugdevolle, onverklaarbare gevoel van rykdom, en ek praat nie
nou van geld nie, ervaar.
 
John het my gehelp om ‘n canvas van 1m x 1,5m op hardbord te plak.
Ek het tussen Ez oppas my skets vir my nuwe poging haarfyn beplan…
 
Ek gaan die een vir die skool gee om in die kaal gange op te hang.
Iets vroliks en kleurvol om my dankbaarheid te toon – teenoor die onderwys en die
absolute volbringing (is daar so ‘n woord?) van my jaaaaarrrre met kind opvoed.
 
Kan nie wag om te hoor van jou kiddies se sendingwerk in donker Afrika nie.
 
Groetnis en baie liefde vir jou en Arrie
 
Sien geweldig baie uit na die naweek van troue vier op Stanford.
 
 
xxxxx

33 antwoorde op Brief aan my sus

  1. TS het gesê op Oktober 5, 2012

    Verlang ek sommer na my sus ook…

    Bly jy het lekker uitgerus!

  2. Carol460 het gesê op Oktober 5, 2012

    Dis lekker om ‘n sussie te hê. Ek en my sus verskil net 15 maande ! XX

  3. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2012

    Ek gaan eers begin rus as die skool weer Maandag begin!
    😀

  4. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2012

    My sus is sowat 4 jaar jonger as ek.
    Die lewe het, met sy lewe gee en neem, van haar ‘n baie wyse vrou gemaak

  5. Het ook 3 wonderlike susters.

  6. Geitjie1 het gesê op Oktober 6, 2012

    Wens ek’t ook ‘n sus gehad…………….

    Ek kan my so vereenselwig met jou ervaring / gevoelens vir Ez – my Oogappel is my hele lewe, nog net 8 maande oud, maar die dierbaarste, opvreetbare mensie vir wie sy ouma ALLES sal doen!

  7. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2012

    Dis mos eers as mens volwasse raak dat ons broers en susters se waarde waardeer.

  8. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2012

    My probleem is dat ek graag goed wil doen soos naaldwerk en verf en lees ens…met Ez kan ek NIKS uitgerig kry nie! Ek het dit nou so aanvaar en weet dat oor ‘n jaar of so, sal dit beter gaan. Ons het ‘n wye oop hoewe en hy WIL NET BUITE wees EN ek gaan hom nie onder my oog laat uitloop nie.

  9. Geitjie1 het gesê op Oktober 6, 2012

    Dit lê nog vir my voor, daai rondskarrel agter besige kleuters.

    Jy’s voorwaar ‘n onbaatsugtige ouma, so jy kry NIKS gedoen nie! En tien teen as hy omkap en slaap moet jy inhaal op wat jy graag wou doen, terwyl jy self pootuit is!

    Rustige naweek vir jou.

  10. Sien jy nou – daar het jy dit – het nog altyd geglo onderwys gee issie werk nie!

    *ducks*

  11. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2012

    Bwhahahaha!
    Fisies, dear Henry, dear Henry!
    Ek is vakansies fiesies uitgeput – nou moet my kop weer oefening kry.

  12. Jou sus is bevoorreg om jou te hê vir ‘n suster.Verder vermoed ek jy is die ideale ouma!

  13. dis nogal een ding in my lewe wat ek mis – ‘n suster.
    Die beter verhouding tussen my en my een skoonsuster het maar eers baie laat in my lewe gekom.

  14. Madhatter het gesê op Oktober 6, 2012

    Ek het nog net ‘n broer oor. Dis lekker om susters te he. Ek mis ook myne as ek sien hoe my 4 dogters dinge kan deel maar my vriendinne maak darem op vir baie dinge in my lewe. Om Ouma te wees is net tops.

  15. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2012

    Ek wens net ek was minder gespanne, Perdebytjie. Haal altyd die bobbejaan agter die berg uit, en enige molshoop is ‘n berg.

  16. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2012

    Ek sien my sus maar min, Rosie. Bel en mail werk vir die verhouding tussen ons.

  17. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2012

    Ek het bitter min vriendinne hier, Madhatter! Ek mis dit.

  18. Ek-Myself het gesê op Oktober 8, 2012

    Ag dis nou ‘n lekker brief aan ‘n sus!

    Ek is bly jy geniet jou motor’tjie!

    Ek verneem jy het ander bloggers aangesteek met jou skilderklasse op die internet… 🙂

    Mooi week!

  19. Ek-Myself het gesê op Oktober 8, 2012

    Het jy meer geduld met Ez as wat jy met jou eie kinders gehad het toe hulle so oud was?

  20. endlich het gesê op Oktober 8, 2012

    susters is woderlike goed.
    kleinkinders seker ook.
    en jy ‘n wonderlike onderwyseres!

  21. loudavisi het gesê op Oktober 8, 2012

    Ek is vuur en vlam besig met ‘n grote skilderasie, Ekke! Ek weet egter dat dit sekerlik nie vir lank gaan hou nie.
    Sal maar sien…

    xx

  22. loudavisi het gesê op Oktober 8, 2012

    Absoluut! Ek is sy beste maatjie…hy se so. 😀

  23. loudavisi het gesê op Oktober 8, 2012

    Dankie, Josfien.
    Ek het vandag weer gedink dat ek dit geweldig sal mis as ek aftree. Die kontaktyd met die kinders is my lewe….jammer oor die admin en die alewige lysies aftik en vergaderings wat die beroep so versuur.

  24. sirpsa het gesê op Oktober 8, 2012

    Het twee susters. As kind het ek altyd gewens ek het ‘n ouer broer.

  25. loudavisi het gesê op Oktober 9, 2012

    Ouboete is geneig om te boelie!

    Lekker dag vir jou Aspris
    😀

  26. Nou verlang ek sommer na my sus!

  27. pasella het gesê op Oktober 9, 2012

    G’n niks broers en susters nie, nooit gehad nie.Dink ek mis iets.

  28. mooi as mens so skryf…

  29. ek sal maar moet instaan vir ‘n sus vir jou, Jeanne!
    ; )
    xxx

  30. Ek weet nie, Lewies…dis seker maar soos jou lewe moet wees.

  31. “Absolute volbringing (is daar so ‘n woord)?” (Grinnik), Daar is nou!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.