NAGBLERRIEMERRIE
Oktober 31, 2012 in Uncategorized
Om af te tree is nie vir sissies nie
Dis ‘n nagblerriemerrie – hoor my lied
Het met die slimste van die slimmes gekonfereer en gehum en gehoo
Oor die sestien GRIEKS geskryfde vorms wat PERFEK ingevul moet word
Tippex word BELET – vaardige Lou maak talle afskrifte vir incase.
Dit help nie veel nie, want dan moet alles oorgesertifiseer en gechap en geduimafdruk word.
As jy ‘n foutjie maak, is jou toekoms moertoe
Met die goeie raad van vorige afgetredenes, bel ons die department
Foon lui. Iemand tel op en sit neer. PEEEEP PEEEP ses keer.
Gee MOED op.
Ezratjie se mangels is weg
Hy het so soortvan in ‘n placid mode verander
Ek mis die hardegatmannetjie, maar sug dieplik oor die rus en vrede wat tans heers.
Hy word Vrydag 3!
Kan julle nog onthou toe sy ma destyds oor die heining geskree het:
“Hello Ouma!”
😀
Onlangse kommentare