Ek werk nou aan die een

September 29, 2012 in Sonder kategorie

Dis die eerste keer dat ek mense verf..en voels ens.

Ek werk nou al hoelank hieraan en kort-kort moet ek iets verander.

  

Soos bv die voel wat bo oor die bergpiek aankom.

Ek weet “hulle” noem dit “kissing”  dis nou wanneer voorgrond en

agtergrond mekaar raak en dis ‘n besliste no no in die kunswereld.

Ok, ek moet eider die voel wegneem, of die bergpiek hoer maak.

 

Dan nog die hoendertjies en die voeltjies en die vanishing point se boompies.

 

Die oranje huis staan my nie aan nie, so dit gaan ook nog verander.

Dan kort daar mos nog blommetjies en die twee seuns links bo se kites, ens

 

So, ten minste weet ek wat verkeerd is….die pad is ook nog te blou.

 

Ok, ek geniet dit so…ek wil amper se meer as die nuwe wiele.

 

Nog nuus:

Eerste keer dat Ezra by ons oornag.

Sy ma sms aanmekaar om te hoor hoe dit gaan

Hy slaap doeksag

 

55 antwoorde op Ek werk nou aan die een

  1. avega het gesê op September 29, 2012

    Jis jy is regtig oulik. Kleurvol en vrolik. Teken jy eers die hele toneel en verf dan of hoe? Geniet Ezra. Ons kleinseun het mos al 2 weke by ons gebly, nou gaan hy weer vir die ander ouma kuier vir ‘n week, so met die gipsbeentjie.

  2. Hmmm, ek stem saam , vat daai gevogeltes weg, hulle biedem die perspektief–verder, nice naiewe styl! En volhard–dis iets om die dae na aftrede sinvol besig te hou.

    Oor Ezra–lekker!! geniet die knapie!

  3. Ek het hierdie een eers geteken. Die akriliese verf werk nie so lekker om oor te verf nie, ‘n tip wat ek gister geleer het is om die agtergrond eers heeltemal te verf…so donker as moontlik, en dan met 50% wit gusso en 50% water die prengjie te ontwerp…mens kan dan maklik oor dit verf. My volgende een gaan baie groot wees. Ek soek juis iemand om oor verf te gesels.. Dankie vir jou bydrae

  4. Ek geniet dit baie, lewies…is ook glad nie haastig om klaar te maak nie.

    Ez is ‘n wille een! Praat van kakanja!

  5. Vega, dis baie uitputtend om ‘n drie-jarige op te pas. Die kind is wild en ek laat hom nie onder my oe uit nie!

  6. die kleure en die perspektief is pragtig

  7. TS het gesê op September 30, 2012

    Ek sukkel vanoggend en wonder of hulle besig is om jou weg te raap…?

    Ek hou van jou skilderasie

  8. Gaan na Blik Voorblad toe, Tina! Die blogs maak nie oop vanoggend nie. Al ons blogs en baie ander is op Blik te kry.

  9. avega het gesê op September 30, 2012

    Weet ek dit nie, ons het darem ‘n nanny wat help. My rug is af want hy kan nou nie loop nie en moet toilet toe gedra word 🙂 en die gips is swaar

  10. Ek sê mos dit lyk soos ‘n Portchi!Pragtig.Miskien kan jy die een voël bietjie hoër opskuif.

  11. Klein kakaboutertjie!

  12. Ai ek wens jy was naby ek soek iemand wat sulke mooi prentjies op ny stoepvloer kan teken,wil die hele vloer vol skilder.Ek se jou wat as jy kom teken bak ek heeldag vir jou lekkernye en voer jou tuisgebakte brood en botter……:-))

  13. Die voel is al uit en die lug herstel. Gaan nog kyk waar hy inpas…hulle se daar moet altyd onewe getalle wees, so daai voel moet in!

  14. Verf op stoepvloere werk nie hier by ons nie, of ons gebruik die verkeerde verf! Als dop af, veral as jy ‘n stoel skuif….maar dankie vir die aanbod!

  15. STC het gesê op September 30, 2012

    Lou…ek beny jou…die voel en die berg pla my nie…dis se iets! Ek trace en verf maar op hempde en glase…maar nie naastenby so interessant soos joune nie.

  16. Bly berg word nie hoer nie. 🙂

    ek hou van jou verftegniek

  17. Dis so vrolik. Ek hou daarvan.

  18. Ag, dankie Ayla
    Ek het nog altyd graag geteken. Dis nou die eerste keer in my lewe dat ek dit waag om kleur by te sit.

  19. Stem saam met Lora, dit is baie goed gedoen. Jy is ‘n PRO

  20. Dankie, Rosie.
    Dis te moeilik om die berg hoer te maak, dis vir my moeilik om weer dieselfde kleur gemeng te kry.

  21. Ek hou ook van die vrolikheid, Lora.
    Dankie, hoor

  22. Jy’s dierbaar, Beate.
    xx

  23. ek het glad nie eers die kissing probleem raakgesien nie. daar is so baie om na te kyk. jy het baie meer geduld as ek. die man op die stoel lyk baie goed. dis baie moeilik om mense te teken, nevermaaind paint (vir my). die voels is pragtig. x

  24. ek bedoel die man op die trap!

  25. Ek is self verbaas oor die man op die trap. 😀

  26. Ek vrek oor jou prente ! Dis vir my vreeslik mooi ! XXX

  27. STC het gesê op September 30, 2012

    wel dis groot sukses…doe so voort.

  28. 😀
    Jou woorde maak my gelukkig

    Baie dankie.
    xx

  29. endlich het gesê op Oktober 1, 2012

    Haai jinne Lou! Dis te pragtig! VR-O-O-O-LIK! Ek lei af uit jou storie dat jy die prentjie sommer so uit jou kop uit doen?
    Dit wil gedoen wees….
    Eendag as ek groot is gaan ek ook skilder.

  30. voel of mens saam hulle in die dorpie stap!

  31. loudavisi het gesê op Oktober 1, 2012

    ek hou ook daarvan, Silly!

  32. loudavisi het gesê op Oktober 1, 2012

    Josfien, as ek dink ek wil ‘n voel insit, dan google ek Paintings of birds, dan oefen ek met potlood op papier en as ek dit regkry, verf ek dit. So leer mens! Google, google google!

  33. MarynaM het gesê op Oktober 2, 2012

    Ek is mal daaroor, veral die oranje huis. Dankie vir die wonderlike inspirasie.

  34. loudavisi het gesê op Oktober 2, 2012

    O, genade, die oranje huis is nou beigerig..
    Dankie vir jou motiverende kommentaar.
    ; )

  35. Ag daar dog ek die pad is ‘n rivier – “The river Jordan”
    En dat die ouens wat so oppie water loop die siele van wesies is wat in ‘n motorongeluk gesterf het – deur ‘n tawwe tannie in ‘n Polo omgery is…

  36. loudavisi het gesê op Oktober 2, 2012

    Ek is dubbel versigtig met die Polo!

  37. MarynaM het gesê op Oktober 2, 2012

    Jy gebruik groot woorde soos vanishing point en kissing, ek vertrou jou oordeel. Maar die oranje was regtig vir my baie mooi. Ek is seker dit lyk steeds mooi met die beige.

  38. loudavisi het gesê op Oktober 3, 2012

    Die woordeskat het ek op die internet geleer, Maryna. Daar is miljoene tips en goeie raad te krye..ek leer nog.

  39. Ja mens is in die begin vol fieterjasies – was die ding, bekommer oor die kleinste krapmerkie, raak beangs oor die kleinste rattle, en so aan. Dis amper die moeite werd om die ding liggies in ;n paal in te ry dat die paniek kan ophou!

    🙂

  40. loudavisi het gesê op Oktober 3, 2012

    HAHA!
    Ek het nog altyd net tweedehands gekoop. Dis nou presies nes jy dit beskryf. Naaste lamppaal, hier kom ek!
    😀

  41. loudavisi het gesê op Oktober 3, 2012

    I wish!
    Ek is 24 agter met slaap…gisteroggend 3u opgestaan en laasnag net le en rondrol…intussen pas ek kleinkind op tot sy ma half ses tuiskom…dierbaar, maar uitputtend, glo my!
    Ek verstaan nou eers wat die doel van oorgangsjare is.. 😀 Oumense is nie gemaak vir peuters nie

  42. Aag jy jok – jy sallie rerig nie – die ding ruik nog te lekker!

    🙂

  43. Twaksak het gesê op Oktober 4, 2012

    Dis mooi. Môre Lou.

  44. shlwanjan het gesê op Oktober 5, 2012

    Niks fout hiermee nie! Portchie moet oor sy skouer beginne loer…

  45. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2012

    Ek kom nou eers hier – been busy!
    Lekker aand vir jou Twaksak.

  46. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2012

    Ek het my skilderasies na ‘n kenner geneem. Hy was die hoof van ‘n kunsskool, en is nou afgetree.
    Hy het ook na Portchie verwys en spottenderwys gese ek moet net ‘n fiets met ‘n kind op inskilder, dan kan Portche gaan slaap!

    😀

    Ek weet nou presies wie Porchie is en hoe ryk die ou is!

  47. Madhatter het gesê op Oktober 6, 2012

    Talentvolle vrou. Ek hou baie daarvan Lou dis pragtig.

  48. Madhatter het gesê op Oktober 6, 2012

    Talentvolle vrou. Ek hou baie daarvan Lou dis pragtig.

  49. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2012

    Ek is self verbaas…dit lyk darem nou beter nadat ek dit afgerond het.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.