Afsterwe van ‘n geliefde, betroubare, beste kar op die pad.

September 25, 2012 in Sonder kategorie

Honda Civic het afgesterf….haar hartjie het opgesieze….sy was oorverhit, al was haar

dinges vol water.

 

Ek is MOS ‘n onafhanklike ma, vrou, ouma, juffrou….

 

Kan nie op die hoewetjie sit sonder wiele nie

 

Wik en weeg en bel die eerste car dealers in Vredendal

Halfuur later daag die dealer met ‘n Polo Vito op.

 

Voordele:

Bekostigbaar, diens sommer net hier op ons naaste dorp

Vyfde deur staan my moerse aan

Aircontjie en radio en airbags en als

 

Beste ding is mos dat hy vier wiele en ‘n sleutel het.

 

Of hoe?

 

Wat se jy?

 

 

 

53 antwoorde op Afsterwe van ‘n geliefde, betroubare, beste kar op die pad.

  1. Daar is net een kar en dis ‘n Volkswagen!

  2. ons is deksels afhanklik van onse wiele. kan nie daarsonder nie.
    Klink na ‘n baie oulike ryding.

  3. In my vorige, mees onlangse lewe was dit HONDA!
    hehe

  4. Ek is beslis, maar aan die ander kant, die beste kar op die pad is mos die een wat klaar betaal is…so nou het die betaalde een afgesterf en ek huiwer vir skuldmaak…tsk

  5. As dit bekostigbaar is,en jy hou van die kar,is dit joune.Wiele is wiele!Geniet dit.

  6. Dit klink vir my heel aanvaarbaar,die nuwe karretjie. Geniet hom/haar. My bleddie kar het dit ook sonder waarskuwing gedoen en al die manne dink ek jok omdat ek se daar was geen waarskuwings tekens of ligte nie. Net skielik oorverhit en stoom!! Gasket 3x in die laaste 2jr.

  7. eros01 het gesê op September 25, 2012

    ‘n Karretjie is mos ‘n masjien wat jou van punt A na punt B toe kan kry. Dit is al wat jy nodig het. Veilige reise! xR

  8. Baie geluk! Ek glo dat jy ´n besadige bestuurder is en dan gaan daardie auto jou baie, baie jare (sjoe, nou weet ek nie, is dit een of twee a´s, help juffrou?)van gelukkige en betroubare rygenot besorg. Klink ek nou net soos ´n verkoopsman.

  9. Beskikbaarheid van diens is belangrik.

  10. Niks verkeerd met jou spelling nie!
    😀

    Ek is deesdae baie meer besadig, en ry gewoonlik nie oor die spoedbeperking nie.
    dankie vir jou kommentaar

  11. Rerig, Exi?
    Hartman se hy hou nie van die geraas wat die spesifieke polo maak nie…dit suis so effe

  12. Ek se ook so. Die manne hier het elk sy eie gunsteling. Die een se moenie dit koop nie, koop liewer …., dan se die ander een weer dit van daai en daai van dit ens… sug…:D

  13. My vorige Toyota het ook so gemaak, tot die dag toe ek my voet neersit!
    Mens weet nooit wanneer die ding gaan staan nie.

  14. Se ek ook mos..en hoe gouer hoe beter..

  15. Beslis. Meeste mense koop in die Kaap en dan is dit ‘n optog soontoe!

  16. Ek weet nie veel van karre nie, Lou, maar sit in dieselfde bootjie. Ons ‘beste’ kar het sommer net probleme gegee en amper R30 000 later, na weke in die garage en groot onkostes om heen en weer te reis (dit het in Pta gebeur) het dit uiteindelik huis toe gekom… en weer dieselfde probleme gegee. Vind ons toe uit dat die garage BAIE drooggemaak het, drade sommer los gehou het ens. (Twee ander garages het dit bevestig!) Steeds werk dit nie, nog R5000 en toe finaal… sou dit ons ‘n verdere R26 000 kos wat ons toe natuurlik hoegenaamd nie gehad het nie. Genadiglik bly ek binne loopafstand van die skool want die laaste paar maande is dit dapper en stapper vir my. Vir nog ‘n week of so, dan sal ons ‘n ander een kan kry, ten duurste natuurlik en met die kostes van die ander een, kry ons niks daarvoor nie….

  17. Polo is tans die beste waarde vir geld. Jongste het een.

    Sterkte en baie lekker myle.

  18. TS het gesê op September 26, 2012

    You go girl … hoop julle sal ure se rygenot uit die nuweling sal kry… weet net as jy een keer aan die aircontjie gewoond is, sal jy nooit weer daarsonder nie.

  19. Wens ek kon uithou tot middel Oktober, maar dis mos volgende week skoolvakansie en ek het MOS plannetjies..

  20. Dankie vir die ondersteuning, Ouboet. Hou nou duimvas dat Hartman se kop geswaai kan word.

  21. In die geweste is daar nie meer karre sonder dit nie!
    Ek wou hoeka by jou weer info kry oor die koelmaakserp waaroor jy laas somer geblog het. Het dit alles nogals afgeskryf en toe….ha!

  22. Ek LOVE ‘n Polo!
    Mooi ry en treat mekaar mooi!
    Het jy die hatch of die sedan?

  23. zephur het gesê op September 26, 2012

    Die Honda het goeie diens gegee…

    Geniet die nuwe ryding…met radio en al

  24. My hart brand ook vir ‘n Polo Vivo, baie geluk en geseende km’s vir jou !

  25. Hoekom maak julle nie die enjin reg nie?

  26. Vervang die Civic se motor met n goeie tweedehandse.
    Jou plaaslike mechanic kan n ingevoerde een uit Japan uit die Kaap bestel.Goedkoop en lae kms.

  27. Ons het wyd navorsing gedoen. Selfs ‘n vriend hoog op in Imperial het die Polo aanbeveel.

  28. Gaan myne more kry.’
    Hatch werk vir my…dis ‘n “blue line” Vivo.

    Kan nie wag nie!

  29. Ja, en wat ‘n heerlike kar. Jare en jare se goeie diens.
    Ek gaan my nuwe een more kry…

    Yippee!

  30. die een mekkie se dit gaan so R20 duisend kos…en die boekie waarde is MOS nou nie meer wat dit 10 jaar gelede was nie.
    Ons gaan eers die nuwe kar koop en dan later die Honda regmaak.

  31. Dankie, vir die raad, bruggie.
    My goedkoop en jou goedkoop is nie dieselfde nie. R20 duisend vir sy regmaak…rofweg geskat. Hy se hy moet iets losboor en afkap, so erg het die besigheid gaan vassit. Hy se die radiator was totally leeg, maar ek het Saterdag-oggend net voor ons gery het, die olie, water en bande gecheck.

  32. Vroukie had ‘n Polo, net goeie herinneringe. Baie lekker, betroubare kar gewees, en ‘n mooi ontwerp ook.
    Lekker ry!

  33. avega het gesê op September 26, 2012

    Ry nog my lewe lank ‘n Volkswagen, Kombi, Jetta, Polo classic die werke (as ek nou nie Wyseman se smart Duitse motor ry nie.) Duitse vakmanskap is maar net die beste. Geniet dit!

  34. Volkswagens is heerlike karre. Ek was spyt toe ons, ons Jetta moes afstaan. Ek het hom skoon opgery tussen Vereeniging en Johannesburg. Ry nou ‘n Corolla, maar mis my Jetta

  35. 2000, of daar rond…ek is nie nou so seker nie. Sal more vir jou kan se.
    Dink jy daar is ander maniere om my liefling te red?

  36. Ons het nog nooit Volkswagen gery nie, maar van more af sal dit die eerste keer wees. Ons ry ons karretjies tot hulle ingee…vir jarre en jarre!

  37. Dankie vir die ondersteuning, Vega. Ek soek dit, want van die ander mense op my werf wil Toyota voorstel.. Ek het net ‘n gut feeling dat ek op die regte pad is

  38. Ek begeer die nuwe Honda Civic, maar dit is hopeloos te duur vir ‘n aftreekarretjie. Ek staan vas by die POLO!

  39. Wat het van jou kommentaar geword?
    Ek stel dieplik belang, Bruggie….asb

  40. Ja… Sug… As mens se begeertes en finansies net by mekaar wou uitkom !

  41. Mens moet ook realisties wees, die wat die prys van petrol en kos so opskiet, moet mens versigtig wees

  42. Waar wat jy daar sê. Ons ry elke dag 110 km. Dit vreet nogal ‘n hele klompie geld op.

  43. Lou, Ek het weer gedink. As julle dit kan bekostig is n nuwe Polo die beste oplossing. As die res van die Honda perfek is, behoort julle steeds n goeie prys vir hom te kry, want om slegs n engine te vervang is nie n probleem vir n kundige nuwe baas nie.

  44. Die Honda is mos al baie oud, is al oorgspuit ens. Ons het gister gehoor van ‘n engin in Joburg. Dalk maak ons hom mooi reg vir in en om die huis.
    Dankie vir die raad.

  45. Nou is ek groen van jaloesie 🙂
    Dis my gunsteling kleur!!!!!
    Ek gun jou ‘n nuwe motortjie! Geniet! Ek hoop ons sien darem ‘n foto’tjie!

  46. Mens kan nogal geheg aan ‘n mens se karretjie raak. Geniet die nuwe een !

  47. Dankie. More-aand slaap hy in sy nuwe huis. Kan nie wag nie!

  48. GEluk met jou nuwe kind. ‘n Nuwe kar is ‘n gevoel wat mens nie vir iemand kan beskryf nie. VW is goeie karre.

  49. Ek is te vrede…
    😀

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.