Net voor ek my kop gaan toetrek

September 23, 2012 in Sonder kategorie

en my oe gaan toeknyp om hierdie dag der dae agter my te kry…

 

Die volgende:

Ons het so heerlik by Gousblom en haar Baardman gekuier.

Tronkie het by ons aangesluit.

Die mans om die vuur het gebulder van die lag

en ons dames het die hond se agterbeen afgechat.

 

Na ‘n heerlike nagrus het ons opgepak vir die terugtog

Plannetjies mooi netjies uitgewerk

Km en tyd en plek ongeveer bepaal

 

Met liefde en dankbaarheid gegroet

en jubelend weggetrek

net om 36 km verder

 

LANGS DIE FLIPPEN PAD TE GAAN STAAN

 

Motor morsflippendoodindieverrevreemde

 

Bel vir Gousblom. Halfuur later is haar Baardman en sy seun by.

Kar se heatgage het die plafon gestrike

Olie is reg

Een en half liter water toe is die tenk vol

Gee die Honda ‘n stootjie en die enjin swaai

MAAR die kar start NIE

Ok, lektriese fout dan….

 

Tou terug Yzerfontein toe

Bel Ez se ma

Ez se pa en sy beste pel wat ‘n wa het wat karre kan oplaai

spring weg en 3 ure later (4uur vanmiddag) is Honda gelaai en agtervolg ons bumper teen bumper vir

die 320km terug huistoe.

Sewe uur vannaand tuis gekom, nege uur vanoggend daar vertrek

 

Punt is:

Maak maar jou plannetjies – as dit nie werk nie, dan moet jy maar terugsit en let life happen soos dit moet op daardie tyd en plek…..ek meen Josef het nie geweet wat vir hom voorle toe hy in die donker put gegooi is nie, ne!

 

My oog is op ‘n Honda Jazz. 

Uiteindelik is ek oortuig dat die tyd NOU reg is.

Ek wou mos al lankal…..

24 antwoorde op Net voor ek my kop gaan toetrek

  1. TS het gesê op September 23, 2012

    Ai tog… so die malls en die lysie het niks van gekom nie?

    Jammer vir die teëspoed maar bly jul is veilig tuis

  2. Die eerste ding wat Gousblom gese het toe ons WEER daar opdaag, was:
    Julle moes nie op daardie tyd verder gery het nie.

    Dit het my laat ontspan en ek het net geweet dat inkopies en whatever ek beplan het nie van my voorwaardes afhanklik is nie

  3. avega het gesê op September 23, 2012

    Ai dis nooit lekker om so ‘n ‘spanner in die works’ te ervaar nie. Bly julle kon darem veilig tuiskom.

  4. Jy sal nie weet hoe verlig en dankbaar ek is nie!
    Tien ure van besluite neem en wonder watter een gaan werk…sug.

  5. Ag, saligheid tog. Nou ja, so gaan dit soms. Klink vir my die Honda het n Gasket geblaas of n valve gebrand. Die wat dit nie wou start nie. Die Jazz word gerate as die beste motor in sy klas. Voorspoed.

  6. Beslis nie ‘n gasket nie, Faansie.
    Sal Honda maar Dinsdag laat insleep en dan die probleem vasstel.

    SUG DIEP.

  7. Elke wolkie het ‘n silwerandjie, jy het darem lekker gekuier saam vriende…..lekker rus.:-)

  8. Dankie, Tinkie…en nou gaan ek kop toetrek!
    xx

  9. Ai Lou, dit is ‘n aakligheid as mens langs die pad gaan staan. Jy sal nie spyt wees met ‘n Honda Jazz nie, my niggie ry eentjie en is mal oor hare. Hulle is Zippy en betroubaar.

  10. Kan net glo dat julle lekker moes kuier

    die drama met voertuig het geen mens nie nodig nie

  11. Ek dink my grootpraat oor my Honda Civic het my tjank laat aftrap!
    Het hoeka die naweek gespog oor hoe betroubaar sy is en hoe oud, maar het ons nog nooit ooit in die steek gelaat nie.

  12. Ja, die kuier was net wat ek nodig gehad het!

  13. STC het gesê op September 24, 2012

    Soms ruk die lewe jou stil…via kar…en gooi jou op pad om nog iets vir iemand te se..xx maar darem weer veilig tuis…xx sterkte,

  14. So ‘n blêddie kar om jou naweek vir jou om te krap. Ek’s bly julle is veilig tuis !

  15. Ja, daar is niks wat ons kan doen om die toekoms (volgende minuut) te bepaal nie!

  16. Daar’s mos altyd ‘n doel agter alles, Caro!
    Ek reken ek verstaan die een.

  17. Ag foeitog!Daars niks so erg as wanneer’n kar met jou gaan staan tussen niks en nêrens!Ek is bly julle het veilig tuis gekom.

  18. Geen moll,meer geld in jou sak vir die regmaak van die Honda!

  19. Ek is net so dankbaar!

  20. jammer om te hoor van die kar!!!! maar ek is jaloers omdat jy gaan kuier het…00×00

  21. Dit was ‘n belewenis, Silly!
    Tronkie het ook gekom en ons het so lekker gesels.

  22. jinne nou is ek nog groener!!!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.