Naweek-planne ens. (Om ‘n opskrif te kry is nie altyd so maklik nie.)

September 21, 2012 in Sonder kategorie

Ek en Hartman gaan more-oggend bietjie Vredenburg toe.

Gaan stadig kruie en als bekyk en orals stop. Al teen die see af.

Ons (my) eintlike plan is om by die mol uit te kom.

Ken mos nie molls hier nie.

Ek is hoeka altyd so opgewonde as ek hoor van ‘n mol, maar tien minute

binne een, dan is ek dieplik gatvol….so ons sal maar moet sien

Ons hoofdoel is om by Gousblom en haar Baardman op Yzerfontein uit te kom.

(Weet nie wie haar hier onthou nie)

Ons het amper vier jaar gelede ‘n mob (meeting of bloggers) by haar gehad, en van

toe af tot nou toe steeds kontak gehad en het al ‘n naweek of wat heerlik omgekuier.

 

My punt is eintlik dat Litnetbloggers , ok die meeste van ons, goeie

mense is. So, as ons trek gaan ons in die vreemde mekaar dalk misloop.

Weet ook nie hoe dit werk nie, sal maar moet sien.

 

MOENIE JULLE BLOGNAME VERANDER NIE!

So sal ons mekaar dalk makliker raakloop.

 

 

My Ez-kind het vandag van ‘n hoop buitebande afgespring en sy een voortandjietjie het

seergekry.  Hy het gehuil en gesmeek dat ons hom dokter toe moet neem.

Toe kry ons maar vir Hartman…..Ez dink Hartman is ‘n dokter.

HA!

(As hy wakker word gaan hy groot skrik)

😀

 

Lekker naweek en rus en vrede en baie stilte word julle toegewens.

 

25 antwoorde op Naweek-planne ens. (Om ‘n opskrif te kry is nie altyd so maklik nie.)

  1. TS het gesĂȘ op September 21, 2012

    Ai jy moet groete stuur… ek het haar net ‘n rukkie ‘geken’

    Geniet die mall-ding! Vat maar ‘n sak vol geld saam. Sal jou gesiggie hierrond mis!

  2. Lou, ek hoop julle geniet die trippie. Ek neem aan julle gaan langs die Spoorlyn afry. Daai olekkie net regs van die hotel op Elandsbaai maak lekker brekvisse. Daars nou ook n Mall op Langebaan, langs Mikonos. Ek hoop nie die weer gaan jou naweek omkrap nie. Ek bly die naweek by die huis en vir n verandering hoef ons nie te werk op die komende vakansiedag nie. Dis nogal n verandering.

  3. loudavisi het gesĂȘ op September 21, 2012

    Ek sal vir Gousblom jou groetnis oordra, Tina.

    Sal vol geld is reeds ingepak en die lys van inkopies word net langer..

  4. loudavisi het gesĂȘ op September 21, 2012

    Ons is moeg van by die huis bly, Faansie!
    Het hoeka al by daai plekkie ‘n heerlike brekvis geeet…hoop net hulle is vroeg genoeg oop, want ons beplan om 7u al te ry.

  5. Stuur groete daar!

  6. Teen die tyd wat julle daar kom sal dit oop wees. Wat ek die meeste van daai plek hou is sy sandvloer. Ek weet nie of dit nog so is nie

  7. jr_ewing het gesĂȘ op September 21, 2012

    hahahaha. ‘n mol. ek kan jou amper hoor praat. geniet more. hartman klink natuurlik soos ‘n dokter. ek sal maar verskriklik bly. tot in einde van dae x

  8. Was Junie maand by daardie Mall op Vredenburg en het bietjie op Jakobsbaai gekuier. Julle het toe in die Noorde gekuier. My eerste ondervinding van die Weskus.

  9. loudavisi het gesĂȘ op September 22, 2012

    Dit was laas nog so toe ons daar was. Ek het gehoor daar is ‘n nuwe eienaar. Sal daar inloer en kyk.

  10. loudavisi het gesĂȘ op September 22, 2012

    Ek sal ook nie van temperatuur verander nie – so Lou sal ek bly!
    😀

  11. loudavisi het gesĂȘ op September 22, 2012

    Dis mos ‘n anderste mooi – die weskus!
    Hoop jy het heerlik gekuier.

  12. (Weet nie wie haar hier onthou nie)

    Ek, vir een

    Het hulle nog die klein skilpaadjie?

  13. Molle is maar mollerige plekke,maar geniet dit!Arme Ezra!Hoop sy tandjie is gou beter.

  14. STC het gesĂȘ op September 22, 2012

    Geniet die naweek Lou!

  15. Carol460 het gesĂȘ op September 22, 2012

    Geniet dit na die wilde week van ANA !

  16. Zunettes het gesĂȘ op September 23, 2012

    Klink lekker geniet dit!

  17. pasella het gesĂȘ op September 23, 2012

    Ek is seker julle het dit geniet! Hoop jy het Therina omgepraat om weer te blog.

  18. loudavisi het gesĂȘ op September 23, 2012

    Hulle het al wat leef, Henry!
    Ek weet nie meer van die skilpaadjie nie,
    Ons het so lekker gekuier

  19. loudavisi het gesĂȘ op September 23, 2012

    Ez het ‘n skopfiets gekry – nou kan hy sy ander tandjies NIE uitval NIE!

  20. loudavisi het gesĂȘ op September 23, 2012

    Dit was heerlik!

  21. loudavisi het gesĂȘ op September 23, 2012

    Uitslae: Afr 78% Wisk 75%
    Hoop die sistemiese uitslae gaan ook so bo-gemiddeld wees.

  22. loudavisi het gesĂȘ op September 23, 2012

    Dankie, ons sal met oorgawe!

  23. loudavisi het gesĂȘ op September 23, 2012

    Nee, sy gaan nie weer blog nie. Te veel ander dinge ens..
    😀

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.