Boerboel Bena

September 8, 2012 in Sonder kategorie

Bena is op 7 Julie gebore.

 

Ezra se pa het Vrydag huistoe gekom met die lewendige slapende

boerboelietjie en dit op Ez se skoot neergesit.

 

Ons verstaan nie lekker hoekom Ezra vir Bena Bena noem nie.

As ons iets anders voorstel, dan gil hy:

 

Nee!  

BENA

 

Ok, ok, Bena for now, Bena forever..

 

 

Hoop die gifgooiers het genoeg gemoor en dat Bena lank by ons sal lewe.

 

‘Skuus hoe ons lawn lyk- is Vrydag omgedolwe en gebemis of so iets..

 

42 antwoorde op Boerboel Bena

  1. Bly vir julle nuwe hond.

  2. frandr het gesê op September 8, 2012

    Ag die gelukkigheid van die twee jonges so saam is net te pragtig. As jy ooit die etimologie van die naam agterkom, laat ons tog weet, ‘seblief.

  3. Ja, dit was nodig na die vergiftiging van twee ander honde en ons geliefde, Dora, die vark.
    Hoop net die een spring dit vry

  4. Oor ‘n maand of wat, gaan Ezra nie meer sy Bena so kan optel nie.
    Ek maak so. Frann, sodra ek weet, indien ooit!

  5. TS het gesê op September 9, 2012

    ooooooo… hier gaan ernstig gespeel word

  6. Beslis, Tina – tot Bena te groot is en vir Ez omhol.

  7. louisna het gesê op September 9, 2012

    Goeie keuse van hond en naam.

  8. Vanoggend kom die twee hier, en toe kon ek sweer hy se Gina – nou weet ek ook nie meer nie…Gina klink beter as Bena…sal maar sien

  9. pasella het gesê op September 9, 2012

    Bena sal sorg vir die lawn–omdolwe en bemis!
    (Nice naam.)

  10. Ok, dan bly dit Bena..met jou en ouboet se goedkeuring..
    😀

  11. Ag my moeder ! Ek het hom vir my boerboel, Boetie gewys.Boetie sê hy is te cute !

  12. Dankie vir die wys, Caro – dalk loop hulle mekaar eendag iewers raak..

  13. STC het gesê op September 10, 2012

    Mag Bena vir julle groot plesier gee.

  14. Bena? Ben10?
    Mooi hondjie!

  15. Hy weet nog nie van Ben 10 nie.
    Bena se vel is so sag.

  16. En……
    hoe was die tydjie daar anderkant?

  17. Geluk met julle Bena babakind. Mag hy lank en gelukkig by julle bly en nie net met moddervoete in jou huis hol nie maar ook in julle harte.

  18. ag my moeder so cute….mag sy sommer vrek baie vreugdes bring…

  19. Sy is cute op die gras…spring soos ‘n springbokkie!

  20. Dis nou net vir pottietrain, Beate…sy bly gedurende die dag by my hartman terwyl Ezra se ouers by die werk is.

  21. Dankie, liewe Patches!

  22. Liefde en “vriendskap” is groter as ‘n naam.

  23. Dankie, Ayla.
    Ek hoop ook so

  24. abrham het gesê op September 15, 2012

    voer julle hom pronutro, of wat!!!

  25. Dalkies het hy die Beeno advertensie gesien en so sy afleiding gemaak.Oulike brakkie!

  26. O, die brakkie het so ‘n mooi kleur…

  27. Liewer nie Youtube nie, liewe Lou!

  28. Ek weet nie. Dis mos die kinders se hond..ons probeer hard om nie in te meng nie.

  29. Ek het agtergekom dat ‘n ander hondjie met die naam Peanut, amper soos die een lyk – dalk het Ez gedog dis dieselle hond.

  30. Ok, beskou vandag as ‘n oefenlopie..ons sal later weer hieroor bespiegel.
    😀

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.