Moeders leer jul dogters, want die volgende kom blykbaar nie meer spontaan nie….

September 6, 2012 in Sonder kategorie

Vriendin R het ‘n ongelooflike tannie Liesie wat haar huis skoonmaak

en haar kinders versorg terwyl sy saam met my skoolhou.

 

R se huis is altyd oop vir die hongeres en die wanters.

 

So trek daar ‘n mooie geskeide vroutjie na ons dorpie toe.

Haar dogtertjie is by Juf R se eie een in die klas en

hulle woon naby genoeg om middae om te speel.

 

Die vroutjie kry toe werk en pos vir sus na juf R se huis

elke middag Maandag tot Vrydag, want liewe Liesie en juf R

is altyd daar om te voer en met huiswerk te help….kosteloos.

 

So kom dit dat vroutjie se gewese man duisende/miljoene

Rande wen of iewers kry.  Skielik ry vroutjie met ‘n nuwe

kar en is die aalmoese van juf R nie meer nodig nie…

 

MAAR juf R se liewe Liesie is baie aanloklik

Koop haar om met baie geld

 

Liesie het vir tien jaar lank vir Juf R gewerk.

Juf R se dogtertjies huil oor haar weggaan..

 

Het vroutjie se ma haar dan NIKS geleer nie!

 

Ek meen, ek sal wat wil gee om my eie buurvrou

se huishulp te kan kry, en ek kan nie onthou of my ma

my ooit geleer het en of ek dit sommer net geweet het nie…

mens vry nie jou vriendin/weldoener/buurvrou se huishulp af nie.

 

BASTA!

 

 

32 antwoorde op Moeders leer jul dogters, want die volgende kom blykbaar nie meer spontaan nie….

  1. Retha73 het gesê op September 6, 2012

    Die beste van so ‘n storie is kort voor lank is Liesie terug. Mark my words. Dit gebeur elke keer en dan moet R weer help stukke op tel.

    Nee daar is iets soos maniere. Maar lyk my mense met geld dink alles kan gekoop word. Ek is armer as ‘n kerkmuis maar ek het net weer vandag besef Lojaliteit, Integriteit, Liefde, Eerlikheid daai oudmodiese dinge dit is die goeters wat geen geld kan koop nie.

    Sterkte

  2. Ek se mos ma’s moet hierdie dinge vir hul kinders leer!
    Ek voel sommer lus om in te meng en die vroutjie goed maniere leer..
    Arme Liese weet seker ook nie hoe om dit te hanteer nie.

  3. Ja Lou! Ek stem sooo saam met jou. Maar laat ek jou vertel, ‘n ‘vriendin’ het my eendag gebel, hande in die hare, weet ek nie van ‘n bediende vir haar nie? Ek vra rond op die plaas, daar is toe juis ‘n oulike enetjie wat werk soek. Ondervinding en als. Sy kom oor vir tee, voer met Anna ‘n onderhoud, en met die uitstap kondig sy toe aan dat alhoewel sy dink Anna is nie sleg nie, sy haar maar nie gaan neem nie. Voorlopig. Twee dae later daag my regterhand, Sophie nie by die werk op nie. ‘Vriendin’ het haar gebel die dag na die onderhoud, en haar oorgekoop. Dit was soos ‘n skop in die ribbes. Nogal ouderling se vrou en als.

  4. Die mens ken nie meer van maniere, etiket en respek nie Lou.

  5. As ek vriendin R is gooi ek vir vroutjie met ‘n roomkoek of sommer ‘n paar, sulke taaies met baie kondensmelk….

  6. Liesie sien ongelukkig ook net die ekstra gate wat sy sal kan toestop

  7. Adage10 het gesê op September 6, 2012

    Miskien moet iemand op die dorp dan vir haar die begrip van moraliteit verduidelik?
    Maar ek kan jou nou al sê dit steek nie in haar broek nie.

  8. Dis die swakste van swak karakter!
    Ons is so afhanklik van hulpe, veral as mens werk..en jy maak jou hulp na jou hand groot en dan !

  9. Dis ‘n skande!

  10. Klein woonstelletjie heeldag met bitter min om te doen. Juf R en haar man het vir Liesie alles gedoen.

  11. Ek het aangebied, adage. Juf het dit met haar man bespreek toe sê hy ek moet dit liewerste net los.
    Ons het al self ‘n kospakkie of wat voor die vroutjie se deur gelos voor die groot geld gekom het

  12. TS het gesê op September 7, 2012

    eish…die geld gaan opraak

  13. It is called headhunting and large corporations have been doing it for years. The reason why it works lies with the worker and the relationship between the worker and the current employer.

  14. As niet kom tot iet (of so iets)

  15. I think Liese was mezmeraaised 🙂
    (The smile is for the spelling – I see on fb, if people don’t know how to spell a word, they go for funny)

  16. hysmal het gesê op September 7, 2012

    what is the world coming to?!!

  17. jinne….dis gemeen!!!!!!!!!

  18. Nee basta, mense. Liesie is nie ‘n slaaf van ouds nie en dalk het SY slegs maar die goeie maniere gehad om nie te wys hoe onaangenaam haar omstandighede by Juf R was en hoe min sy van haar en haar kind gehou het nie. Dis baie, baie jare terug al wat plaasboere opgehou het om alle bure te kontak en opdrag gegee het dat Klaas van sy plaas af weggetrek het en dat niemand tot oor die verste berge en dale hom nie in diens moes neem nie.

  19. O, nee, causie!
    In hierdie geval is Liesie so geliefd en so bederf. Juf R en haar man het haar kombuis toegerus met al die nodige toebehore. Sy is soos hul geliefde tannie.
    Beslis is Liesie met geld omgekoop…ek reken sy het nie geweet wat sy doen nie.

  20. Kan jy dit oorvertel ! Dis onverskoonbaar !

  21. Yep!
    As ek daai vrou iewers raakloop gaan ek my bekkie wyd oopmaak

  22. Ek dink jy moet daardie vroumens se kop gaan was!

  23. Ek gaan, as ek haar weer iewers raakloop…beslis

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.