Dora is dood

September 6, 2012 in Sonder kategorie

Na die afsterwe van ons geliefde Blompot en Ben, was die aandag

net op Dora…sy het haar stert soos ‘n hondjie sin gewapper

as mens nader kom. 

Agtervolg ons as ons deur die (gewese) mielieland stap.

 

Sy het Sondag nog onder die boom gelê vir haar middagslapie.

Maandag het sy nie haar kos geëet nie en Maandagmiddag het sy afgesterwe.

 

Die gif wat die honde in die dorp gemoor het, is toe geïdentifiseer.

Dalk het Dora van die gif ingekry wat oor die heining gegooi is.

Mens sal nooit weet nie, né..

Sy was maar net een jaartjie oud.

Tsk… 

17 antwoorde op Dora is dood

  1. TS het gesê op September 6, 2012

    Ag nee … wil nooit in jou dorp bly – alles gaan dood!

    Sterkte!

  2. Ai – dis jammer!

  3. gidivet het gesê op September 6, 2012

    Môre Lou. Ek’s jammer om te hoor van al die honde, en nou Dora. My simpati.

  4. philvr het gesê op September 6, 2012

    Jammer mens.
    Sterkte.

  5. Sorry Doll! Sy was pragtitg!

  6. Oral vergiftig die ellendelinge die diere!!!!

  7. Terrible news Lou, xxx

  8. Simpatie. Mens raak geheg aan alle dierekinders.

  9. Tsk. Seker maar die gif wat so uitgedeel was. Ai, ek is jammer, jong. Mens voel so magteloos, ne?

  10. Ag nee! Hoeveel diertjies nog ?

  11. Ek is so jammer oor jul verlies.

  12. Mens wens jy kan die boewe ook vergiftig dat hulle kan voel hoe dit voel!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.