Kgalagadi: Koning van die diere wys sy behoeftes en verlangstes

September 2, 2012 in Sonder kategorie

‘n Ou tannie het eenkeer vir my gesê

 

Ek moet by haar kom sit en vertel wat my behoeftes en verlangstes is

 

So ook in die diereryk is daar behoeftes

 

Die foto’s is deur my sus geneem op hulle onlangse besoek aan die Kgalagadie.

 

 

 

Die koning het op ‘n klomp jakkalse afgekom wat besig was om ‘n karkas te verorber

 

Slim jakkalse kies hasepad toe die koning naderkom

 

 

Mnr Maanhaar snuffel rond en ruik iets aangenaam…hmmmm …iewers lui ‘n klokkie!

 

 

Hy ruk sy kop op en die luste spat in spoegstrepe..

 

 

 

Met ‘n dawerende gebrul roep hy die wyfie wat die oorspronklike moord gepleeg het.

 

Die reeks foto’s wys dat hy dit (op sus se kamera) drie keer gedoen het.

Buk af, snuffel, ruk sy kop op en lewer ‘n oordowende brul.

 

Wys nou net hoe onweerstaanbaar die vroulike geslag is.

 

Ok, naweek is in sy meetjie…ek bedoel PEETJIE.

 

Lekker slaap om kragte op te bou vir die Maandag wat voorlê

Moenouniedat die Koning idees in julle koppe sit nie…

 

OK?

43 antwoorde op Kgalagadi: Koning van die diere wys sy behoeftes en verlangstes

  1. eros01 het gesê op September 2, 2012

    Al wat die mannetjie nog nodig het is kerse en ‘n mooi gedekte tafel en dan is die saak reg! Oulike skrywe Lou!xR

  2. Lang telefoto lens ?

  3. Met net die regte versnaperinge daarby…beslis!

  4. NEE! Sommer een van die goedkoop mik en drukke..

  5. Oulik, Lou ! Lekker week vir julle. Ons is besig met hersiening vir die verdekselse ANA toetse wat die kinders moet aflê vir die departement.

  6. kyk die tanne!
    ek is vrek bang vir daardie lou

  7. Ons ook, Caro! Het voorlopige oefenvraestelle vir wiskunde met die kids deurgewerk en huistoe gestuur vir die ouers om handjie by te sit.
    Nie fair dat Gr 3 juffies so moet suffer nie!

  8. Bwhahahaha!
    Lou (?)

    😀

  9. Hahaha. Ja, die ou lyk nou baie lus vir daai wyfie. Gaan RUS nou Lou.

  10. Have you ever seen one close-up? They are dirty, full of ticks and man, do they stink!

  11. 😀
    Dis vir my baie interessant, Joanna…ek was nog nooit in ‘n wildtuin of so nie.

  12. Never seen one in real life, Jade.
    I can just imagine!

  13. TS het gesê op September 3, 2012

    Sommer ‘n bul van lou daai!

    Sterkte vir die week

  14. Neander het gesê op September 3, 2012

    Ou Vuilbaard is het ook verlangstes.

  15. Ek wil hom nie eye to eye ontmoet nie!

  16. Yep!
    Dis maar ons bespiegeling, Neander.

  17. zette het gesê op September 3, 2012

    Hehe…as ek daai wyfie is hol ek weg! 😉

  18. hysmal het gesê op September 3, 2012

    goed gesê – behoeftes en verlangstes!

  19. Retha73 het gesê op September 3, 2012

    🙂 Jy laat my altyd smile
    Sê vir sus sy het ‘n goeie oog vir foto’s neem

  20. Dis besonderse goeie foto’s, Lou – en ek is nogal groen. Ons was mos in Julie in die Kgalagadi en ons het nie eens EEN ou leeutjie gesien nie, nie eens ‘n ou kleintjie nie. Nie eens op ‘n afstand nie!

  21. Sus het so baie foto’s van leeus geneem…dog dis algemeen daar. Ook kameelperde, jakkals en voels waarvan net sy hulle name ken.

  22. Dankie – lyk my dis algemeen hier in die Namakwaland

  23. Ek sal vir sus sê, Beate.
    Bly vir die smile
    ; )

  24. Pragtige leeus in daai wereld.

  25. hy lyk vir my maar taamlik nukkerig…*giggle*

  26. Vrydag vroeg aand is dit vir my brultyd…SAA beter net op tyd wees.

  27. Ja, dit lyk of hy make-up ophet.

  28. Mans raak maar so…
    😀

  29. Se vir sus, hierdie is mooi foto’s!
    Heng die “Koning” het ‘n behoorlike paar “knolle”
    hie-hie! Lekker giggel ek nou!

  30. Kannie meer vertel nie, die site is mos nie XXXX rated nie.

  31. Ja né!
    😀

    Ek sal vir haar sê

  32. Oeee. Gewis die koning van die diereryk.

  33. Dink net hoe stink daai asem!Pragtige foto’s!

  34. Dankie, Annamarie

  35. Hy is darem ‘n pragtige dier.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.