Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

Gou ‘n grappie om jou dag op te kikker – ek vertel mos nie grappies nie, maar diê een ..:D

Augustus 31, 2012 in Sonder kategorie

Oompie van die plaas kuier op die dorp en vra vir broerskind uit oor sy doen en late op skool.

 

Oom:  Jannie, hoe gaan dit op skool?

 

Jannie: Hene, oom dis ‘n ander besigheid

Ons staan vroeg op, gaan skool toe en leer en leer en leer.

 

Dan kom ek by die huis en dis:

 

huiswerk

 

koor

 

en rugby

 

en Vrydae is dit skaak

 

en karate

 

en

 

dan is ek nog gekies vir Remediëring ook!

 

😀

 

Have a happy..!

Het mos amper vergeet dis blomtyd in Namakwaland, toe sien ek hierdie…

Augustus 28, 2012 in Sonder kategorie

Met die uitgerekte winter hier, en net so ‘n suringtjie en daisietjie hier en daar

het ons gedog daar is geen blommetjies hierdie jaar nie.

 

Gewoonlik is ons velde gespikkel met die mooiste kleure

 

Toe kom sus gister hier aan met die foto’s van die blommetjies in Nieuwoudtville

Sy sê hulle het ure en ure rondgery tussen plate en plate blomme.

Net mooitjies op die eerste dag in weke dat die lug blou en die son uit was.

 

En nou brand die kaggel alweer

Dis steeds vreeeking koud!

Ek was bietjie besig

Augustus 27, 2012 in Sonder kategorie

Ek het so ‘n paar maande gelede gehook geraak op jdhillberry se potloodsketse.

 

Toe jeuk my alie

Toe koop ek die nodige

 

Toe loop ek online kunslesse raak

Toe koop ek die nodige

 

Hierdie is my tweede een ooit in my hele lewe

My derde een hang al hier langs my

 

Sal daardie een ook later plaas

 

Enige POSITIEWE kritiek is welkom

 

(Onthou my selfvertroue is tans nog fragiel)

 

I’m hooked!

Gat…vol

Augustus 24, 2012 in Sonder kategorie

Klein Ezra kan nog nie lekker woorde uitspreek nie.

MAAR ek sien hy verstaan alles!

Sowaar as njannies

 

Sy ma was nou twee weke met verlof en Ez weier om skool toe te gaan.

Sy vra hom hoekom hy nie wil gaan nie.

 

Hy antwoord:

 

Gat….vol…..tininners.

 

Hy is gatvol vir die kinders

 

As mens hom vra waar hy wil wees is sy antwoord altyd

“Oupa”

 

 

ghmph……ha!

Hy gaan nog eendag wakker word..

 

😀

 

 

Olifantsrivier in vloed

Augustus 18, 2012 in Sonder kategorie

Uit die motor se venster – brug in Vredendal.

Maskamberge in die agtergrond.

Brug voor Klawer.

Ons dorpie, tussen die berg en die rivier

Ek en Hartman stop eers by Ezra se huis om vir hom sy nuwe kleerties

vir die somer te gee, maar hy tjank toe so oor sy pa die kraan

toegedraai het.  Hy het heeloggend gehelp om bome te plant.

(We had to clean up the baby)

Foto van die Olifantsrivier van ons hoewetjie af.

 

Hoop ek het julle tuisblyers (welcome to the club) bietjie vermaak!

 

Bly knus en veilig en wees altyd gehoorsaam.

 😀

 

 

Hoe nou gemaak?

Augustus 16, 2012 in Sonder kategorie

Wee jy!

 

Wat besiel iemand om ‘n foto van mens op fb te plaas sonder mens se medewete?

En sonder mens se toestemming!

Jis ouens, ek like dit boggeroll.

Ek wou so onsigbaar moontlik daar wees.

Nog al die foto’s van my daar is deur iemand anders geplaas.

Ongepose en so rou soos die steak wat ek nounet moes eet.

Nee, hene

Ek wil eers deur die make-up en hare besigheid met ‘n poeierpoffertjie en so aan opgedollie wees..

ek meen

as ek wil weet hoe ek lyk

dan kyk ek in die spieel

ek wil nie op fb sien hoe ek lyk nie

eish !

(by gebrek aan die vrymoedigheid om te vloek)

Hier’s ‘n lekker tip – net vir dames

Augustus 14, 2012 in Sonder kategorie

Met die nuwe totally blockout gordyne in ons slaapkamer ..

(ok, ek weet nog nie rerig of dit totally is nie, want die son het nog nie

sy ding hier gedoen nie en ek is buitendien nooit ooit in die daglig (( behalwe

Sondagmiddae)) in my kamer nie) het ek sommer so op die ingewing besluit om

die beddegoed en slope en oortreksels ook te verander om by die gordyne te pas.

 

Ek is nie een vir nagvalle en fancy fitterjasetjies nie.

Toe ek die bed oortrek met die nuwe goed, is Ezra se ma by om te help.

 

Sy sê toe ek moet die paslaken vir die matras onder op die basis  oortrek en nog ‘n oortreklaken koop vir die matras self.  Die bed se pote lyk al sleggerig.

 

Dit werk werklik!

 

Goedkoop en so maklik

 

Vang die tip, dames..

 

😀

 

Lekker rustige aand verder.

 

Ok, as julle al hiervan weet, moenie sê dis ou nuus nie,

 

ok?

 

 

 

Dinge en so aan – ok, sommer net “opskrif”

Augustus 12, 2012 in Sonder kategorie

Die oorsaak van die honde se dood is toe gif.

Twee mans het met ‘n bakkie goiingsakke met skaapafval vol gif op strategiese punte afgelewer.

En sommer oor die omheinde erwe gegooi.

 

Bewyse is mos moeilik – niemand het ‘n foto geneem om dit te bevestig nie.

Die polisie is ook te besig met mensliker sake. HA!

 

Anyway, so het die storms ook vir Klawer bereik.

Gister heeldag van vroeg af tot donker het dit gedonder en geblits en die wind, reen en hael het ons broeke laat bewe…mos nou nie gewoond nie.

 

Ek en Ezra het vanoggend afgestap rivier toe om te sien of die water al afkom.  Hy het sy grafie saamgeneem om damme te maak en ouma het omkyk-omkyk geloop…mens weet ook nie altyd wat agter die bossie skuil nie.

 

Laas week het ‘n skoolbus oor ‘n kind gery..die kind het agter aan die bus gehang vir sports en die onwetende bestuurder het reverse en die kind het afgeval en so aan.  Kind is dood. 

 

Life goes on..

 

Ek het nogals op Vrouedag vir ons slaapkamer nuwe gordyne gemaak. Dié keer total blockout lap.  Die swart rubbergaring is tussen twee lae beigerige lap geweef.  Nou wag ek om vir die somerson tong uit te steek.

 

Ok, baai vir eers.

 

 

 

Dooie honde die dorp vol!

Augustus 6, 2012 in Sonder kategorie

Waddehel gaan aan?

 

Ons dorpie lê vol dooie honde.

 

Ons straat en die hoofstraat is nou skoongemaak.

 

Ek weet nou van meer as 20 dooie honde van Woensdag af.

 

Twee het oorleef, want die eienaars het betyds veearts toe gegaan.

 

As iemand dalk weet van katgriep of dalk ‘n ander hondesiekte of dalk is dit gif…  (?)

Ezra se twee honde is na my mening beslis vergiftig…die simptome is die bewys. (of dalk nie)

Ding is, die honde was nooit buite hul jaart nie, sowaar as njannies.

 

Dogtertjie in my klas sê dat die boewe eers die boere se honde doodmaak en dan die boere.

 

 

Ons eie twee makeer niks, want ons laat hulle net in die toegeboude agterjaart uitgaan vandat ons gehoor het …

 

Dankie vir al die kommentare op my vorige blog.

 

 

Ou Lou Rou

Augustus 3, 2012 in Sonder kategorie

want my kleinkind, liefste Ezkepez se twee honde is doodvergiftig!

 

Blompot, die airdale terrior en Ben, die rifrug/steffie.

 

Gonners

 

So ‘n allerverskriklike dood!

 

Ek gaan nie uitbrei nie.

 

Die skaapboere dink die honde in ons buurt is die skuldige skaapmoordenaars.

 

Toe

 

vanoggend vang hulle ‘n muskeljatkat by die skape….

 

hy/sy het ook heengegaan.

 

Ek weet nou al van sewe honde wat die afgelope twee dae so dood is.

 

Ons het derduisende betaal om die hoewe te omhein – so daar is nie ‘n manier hoe

die honde kan uitkom om moord te pleeg nie. Stukke vleis met gif in is oor die heining

gegooi en toe is dit die einde.

 

Die polieste sê net:  O ?