Druk op ons liewe kinders word nou te veel!
Julie 31, 2012 in Sonder kategorie
Vrydag beoordeel ek die graad 9 kindertjies se poetry.
Amazing stuff!
Na die tyd toe almal die lokaal verlaat, kom ‘n bekende dogter half skamerig na my toe.
Sy wou iets sê, maar draai toe om deur se kant toe.
Ek roep haar op haar naam.
Vra hoe dit gaan en hoekom lyk sy so asof sy gehuil het
Sy gryp my en huil op my skouer.
Later, toe sy bedaar, sê sy dat sy Dinsdagaand in Springbok aan ‘n toneelfees deelgeneem het, toe moes hulle daar oorslaap en Woensdag terugjaag om betyds te wees vir die danse vir ons skool se eisteddfod. Donderdag het sy aan 8 danse deelgeneem en Vrydag aan 8 individuele items. EN dat sy Saterdagoggend 4u op die bus moet klim om op Ceres netbal te gaan speel.
Ek sê toe sy moet huistoe gaan en gaan rus.
Nee, sê sy, sy moet nog al die huiswerk van Dinsdag af inhaal en moet ook nog paraat wees vir Maandag se toetse ens.
Ek drukkie haar en groet met sterkte.
Toe dog ek:
Wie plaas hierdie soort van druk op ons kinders?
Doen bietjie navraag en hoor, ok, as hulle 5 goue sertifikate vir kultuur kry, kry hulle ‘n half-erekleure balkie, EN as hulle dit twee jaar na mekaar kan regkry, kry hulle VOL ere-kleure.
Later vertel ek vir Ezra se ma van die petalje.
Haar reaksie:
Ma, moet asseblief NOOIT druk op my kind plaas nie.
Ek verkies dat hy skool bank om in die rivier te gaan visvang.
Ek stem saam, my wyse ma van my buitekantkleinkind Ez.
Onlangse kommentare