Jy blaai in die argief vir 2012 Junie.

Noorde toe

Junie 22, 2012 in Sonder kategorie

Dinge werk toe mooitjies net so uit soos in Januarie al begin beplan.

 

Nie so maklik nie, hoor, maar darem.

 

Die Loua’s vertrek more-oggend….oor die pas op na Calvinia, dan Upington

Slaap oor op Kakamas by gastehuis.

Sondag Rustenburg en dan Mooinooi waar ons homebase gaan wees.

Vandaar sal ons uitryk en uitkyk

Beslis oor die naweek Polekwane toe waar Tina gerus nou al kan kyk of haar ketel

werk….kan nie wag nie!! 

Ezra se pa het ons netnou getreat met ‘n smaaklik koebaai-ete.

Ez het my bril afgehaal en my hele gesig sopnat gesoen.

Ek het al die hele week vir hom vertel dat ek en oupa weggaan.

Vir hom die tasse en sakke gewys en weer gese dat ons met die

motor ver gaan ry.

Vanmiddag gee ek hom ‘n advertensie uit ‘n tydskrif en ‘n sker sodat

hy kan knip.  Hy knip toe ‘n stel tasse uit, gryp my hand met die uitknipsel

in sy ander en trek my na my kamer toe waar die tasse gepak staan.

Ek tjank sommer….

Wonder hoekom mense kinders het, vroeg opstaan en almal gereed maak

vir die dag en eers saans weer jou kinders sien, net om te bad te eet en 

te bid vir ‘n spoedige slaap.

Wat nog as die kinders in die skool is, en huiswerk en take gedoen moet word?

Nee hene, mense

Iewers moet iets verander…

Dis soos Voz Zola eenkeer in ‘n gedig van haar gese het:

“Ons het dit aan onsself gedoen”

Ons kan later oor oplossings redeneer….

indien of ooit.

KOEBAAI DAN.

Blou Maandag se moer

Junie 18, 2012 in Sonder kategorie

Dog jou Maandag was blou?

 

HA!

 

Bel Ez se ma 7:15 vanoggend skool toe en sê Ez se nanny het nie opgedaag nie.

ALWEER MAANDAG – ou storie.

Mens raak mos later op ‘n Maandag-oggend wakker en wonder wat de hek gaan nou vandag gebeur. 

Na ‘n paar sessies van Maandae en absente nanny begin worry mens al met die wekker se afgaan.

 

Dinge raak besig, maar kort-kort dink en wonder ek waar die kindjie is en hoe dit met hom gaan.

 

Ok, Hartman is mos by die huis en my eie huishoudster kom ook Maandae in.

Tussen die twee sal dit sekerlik okerig wees.

 

(Pst: Ons het al agtergekom om vir Ez by Hartman te los, is soos om hom alleen te los)

 

Pouse bel ek huistoe om te hoor

Toe hoor ek Nanny is oppad werk toe gemug

Dis nie ver om te loop nie, maar dis 7u soggens nog nagdonker hier.

Daar is baie mense op straat daaityd van die oggend.

 

 

Twee 16 jariges het haar gegryp

Een het haar handsak gevat, toe trek sy selfverdediging op hom en plant ‘n vuis of wat op sy watsenaam.  Die ander een tel toe ‘n baksteen op en slat haar op haar rug.

Toe hol sy terug na haar huis toe en gil en die bure bel die polisie.

Sy beskryf die boewe en kort voor lank bring die polisie die jongmanne tot by haar deur.

 

Misdaad op Klawer het ‘n totale ander dimensie ingevaar…enige iets wat hulle kan gryp word verkwansel vir tik.

 

Hoop jul Maandag was beter…

 

 

Laerskool Klawer hou net na die vakansie ons eisteddfod  (Klawer Kunste)

Ek voer die data in.

Stats tot dusver:  (Vir incase iemand sou belangstel)

Voordrag – 767 inskrywings

Poetry – 220

Sang – 114

Blokluit – 65

Klavier – 80

Dramatieses prosa, Monoloog, prosa, spreekkore, tweesprake (50)

Ek moet nog die danse en die Visuele kuns na die vakansie invoer.

 

Ons eisteddfod het altyd oor twee dae gestrek.

Dink ons gaan die jaar vir die DEPT vir nog ‘n dag moet vra.

Het al laasjaar die koorfees aan ‘n ander skool gegee – te veel om te handle

 

Onthou, ons is net 5 staatsposte en 2 beheerliggaam.

Dis massief en dit groei elke jaar met omtrent 400 inskrywings.

 

Intussen meet ek km afstande en stopplekke vir my en H se vakansie noorde toe.

 

Soveel opwinding…

(sug behaaglik)

 

 

 

 

Paired reading

Junie 7, 2012 in Sonder kategorie

Amper vier jaar gelede het ek eenkeer hieroor geblog.

Moenie gaan kyk nie, ok?

Dit was mos toe, en nou is mos nou.

 

Hier is ‘n beter weergawe

 

Paired Reading is:

 

Wanneer iemand langs ‘n kind sit en met die vinger onder

die woorde wys terwyl die ouer persoon stadig lees.

Die kind moet dan met sy oë die woorde volg en saamlees en elke keer

as hy vashaak moet die ouer persoon self aanlees.

 

Die geheim is om nie te onderbreek nie.

 

Die tyd en plek moet voor die tyd vasgestel word.

Geen telefone of onderbrekings mag toegelaat word nie.

 

Die keuse van leesstof moet aan die kind oorgelaat word.

Neem ‘n paar boeke uit en plaas dit so dat dit sy aandag trek.

 

MOENIE die vervelige oor en oor lees toelaat tydens hierdie 10 minute nie!

 

Bespreek die voorblad.

Verduidelik die titel.

Laat jou kind voorspel wat hy dink gaan gebeur.

Bespreek oorsaak en gevolg, begin middel en einde.

As die boek klaar gelees is, bespreek die gebeure en vra vrae.

Die kind moet begrip toon van die inhoud.

 

Die doel is om die storie wat gelees word te verstaan.

Herhaling (oor en oor lees soos in die huiswerkboek aangedui word)

moenie toegelaat word nie. 

Hy wil die storie volg en die einde is belangriker

as hoe vlot hy kan lees.

 

Huiswerk moet op ‘n ander tyd gedoen word.

 

Hierdie paired reading is nie huiswerk nie –

dis saamtyd, en genot speel die hoofrol.

Maak sommer voor die tyd jou kind bewus van wanneer julle

gaan lees.  Bespreek met hom wanneer hy dit wil doen.

Gewoonlik is die beste tyd as hy saans reeds in die bed is.

Maak dit ‘n gewoonte en besoek die biblioteek gereeld om boeke

om te ruil.

 

Jy skuld dit vir jou kind!

 

Sterkte met hierdie taak en geniet elke oomblik.

 

Terwyl jy dit doen, dink sommer aan al die ouers wat heeldag op die land werk

en nie weet wat hul kinders tuis aanvang nie, ouers wat nog nooit die

binnekant van ‘n biblioteek gesien het nie.

 

Opdrag gegee – resultate word verwag.

 

; O

 

 

(10 minute van jou tyd KAN ‘n verskil aan jou kind se toekoms maak.)

 

 

 

 

 

 

 

PC: Probleme en besluite

Junie 5, 2012 in Sonder kategorie

Laptop is nou twee jaar oud.

 

Januarie het ek hier kom moan oor sy brein bezerk gegaan het.

 

Nuwe watsename ingesit en data gered ens

 

Kind se pc het ook heengegaan en moes nuwe een koop.

 

In April kom my versekeraar huisbesoek doen.

 

Ek sê ek is effe gatvol vir die tegnologie wat ons so in die steek laat.

Elke keer as ek die versekering kontak oor ‘n ding, dan sê hulle:

Sorry you loose babe

Julle rekenaars is net verseker vir breek, ongelukke en diefstal ens.

Ek sê: nou verander dit! Verseker elkeen teen ALLES, OK!

Ja, reg so, maar onthou verweer word NIE verseker nie.

 

Van laasweek en Sondag af het my liefling se gesiggie donker geword.

Dit werk soms as mens Fn onder en F6 bo saam druk (100x is min)

Dan hou dit heeldag, maar moenie waag om te shut down nie.

Intussen het Hartman ‘n ekstra skerm gekoppel, nou moet ek hier tik en

daar kyk.

Gister het ek haar gestuur vir ‘n ondersoek en die diagnose kon een van twee wees.

Of dis die kabeltjie tussen die skerm en die sleutelbord

Of dis die skerm wat besig is om in te gee.

 

Diagnose: Die laaste opsie.

Vandag gaan die versekering uitbetaal OF……

 

of wat?

 

Kan dit verweer wees?

En as ek ‘n nuwe een kry, moet alles weer opgelaai en oorgelaai word.

 

Enige voorstelle vir ‘n beter laptop sal welkom wees.

Wat moet mens vermy en watter een sal my vir die volgende 5 jaar ‘n goeie diens kan gee?

 

Siende daat ek MOS gaan aftree, gaan ek dit meestal net vir pret gebruik.

;  )

 

Ek sien daars ‘n lekker natte oppad  (die weer)