KLAWER op KYKNET NUUS
Mei 31, 2012 in Sonder kategorie
Toe ek die nuus kyk en ek sien en hoor Klawer, toe wonder ek hoeveel van my blogvriende sien dit en dink aan my.
Is mos maar ‘n baie klein plekkie…..ons skooltjie het maar sowat 200 kinders en 7 onnies….5 staatposte en 2 beheerliggaam.
Die hoof wat op die tv was, is John Cloete, hoof van Klawer Noord se skool. (dis nie waar ek werk nie)
Hulle skool het amper 1200 kinders wat meestal haweloos rondhol en hulle free spirit en aangebore huppelkind dinge toepas.
Misdaad neem toe agv tik….hulle wil tik….en kan dit nie sonder geld nie….sal dan enige iets doen om net te kan tik en tik en tik. Flippen walglike tik.
Mag die een wat tik uitgevind het ‘n langsame en verskriklike dood beleef!
Ok: terug by Danny.
Het vandag gehoor en dokters se gechapte papiere van die Kaap af self gelees.
Dit was MELANOOM kanker. In die binnekant van sy mond. Hoe de hel kry mens melanoom in jou mond, tussen die tande en die wang.
Lekker aand en mag vrede en liefde jul asems wegblaas.
xxx
Onlangse kommentare