Vyf deure en al die 5 kamers en twee gange se vloerlyste is afgeblow met die gun.
Drama:
Toe ek agterkom, soos ek blow met die gun en skraap met die skraper, sien ek die hout onder als is toe nie mooi donkerhout nie, ek weet nou nog nie watse hout nie…dit was die heel eerste verf wat doerietyd gebruik is. BRUIN verf. EN FLIPPEN TAAI. Destyds was dit die inding. Die blower kan nie die taai gom van daai hout afkry nie. As ek skuur met die skuurmasjien dan koek die gom op die papier en moet ek elke keer nuwe papier opsit. Dog toe, dalk kan petrol die gom losmaak – notadamn!
So die besigheid moet maar bly tot vlg jaar iewers – en ek wou nog al die vensterrame afblow en nuut maak….nou worry ek nie meer nie!
Dis net te groot en te veel.
Ek het vanmiddag ‘n “to do” file gemaak.
Trek nou al by item 21.
Onder andere is dit my ma se boedel. Die prokureur bel net en order gewaarmerkte afskrifte…bankstaat, ID, Salarisstrokie, SARS se iets en ‘n bewys van my woonadres.
Waar kry mens ‘n rekening met ‘n woonadres op as alles na ‘n posbus by die poskantoor toe gaan?
Munisipaliteit moes onder my dwang en smeking gou tydelik my adres na my straatnaam en nommer verander, dit print en toe weer herstel na my posbus toe.
My huis is gebetaal, maar ek betaal steeds vanaf AUG laas jaar….kry dit nie gestop nie, want die flippen (wens ek kon ordentlik hier vloek) bank in Joburg se mannetjie kan nie afr verstaan nie, en ek kan sy engels nie verstaan nie. Jaag toe deur bank toe in Vredendal en sit daar vir meer as ‘n uur. Die stomme vrou wat die huislenings hanteer bel Joburg toe en hulle verstaan mekaar ook nie! As die besigheid gestop word, is my huis mos nie meer verseker nie…nog ‘n drama om uit te sorteer – op die regte tyd, PRESIES dan…
Sal maar sien wat daar uitbroei.
Die lekker van vandag:
Ek en Ez het die allermooiste sandkasteel in die sandput gebou. Hy sê dis ‘n koek, en ek moet kort-kort proe of dit ok is…ag, hy is so oulik!
Verder oes ons stroopsoet mielies.
Ek wil nie weer ‘n mielie sien nie!
Slotsom: (Lame grappie)
‘n Ma met ‘n kleintjie kom loer gou in.
Hy krap so bietjie om, sien skielik weer sy ma raak en klouter op haar skoot, ruk haar toppie oop vir ‘n slukkie.
Sy sê: Die kind is nes sy pa. As hy my sien, wil hy net suip!
😀
Lekker Paasnaweek hou en bly tog by julle huise waar mens veilig en rustig kan wees
Groetnis
Onlangse kommentare