Once you’ve had it, you’ve had it!

Maart 29, 2012 in Sonder kategorie

Die volgende gaan in die Lou-huishouding aan:

 

Dis vakansie.

Die hoëdrukspuit het laas vakansie gebreek.

Die part is NIE beskikbaar nie.

 

As mens eers iets gehad het, en jy het dit nie meer nie…

 

you’ve had it!

Was dit maar die skottelgoedwasser of haardroër of so, was dit nog ok.

 

So is dag 4 van die vakansie in sy moer….geverf.

Drie slaapkamers, twee gange, twee badkamers en een kombuis.

 

Die res moet wag tot vlg vlg vakansie – dis in September, want Junie gaan ons mos

Transvaal toe toer.

 

Met die gange se verf, kom ek agter die vloerlyste dop af, en dit moet eers gestrip word.

Kry nogals paintremover (ek hou niks van die blerrie goed nie, dit brand my oë en hande en voete)  Kry ewe reseppies van boukalk en scrubs amoniak  – bla bla…  gebruik niks.

 

Tjaarts toe vanoggend Dal toe om “Worn Wood” (kleur) vir die sitkamer te kry. Terwyl ek ponder oor of dit die regte kleur sal wees, sien ek teen die muur, ‘n RYOBI heat gun uitgestal…R200 en iets. Koop dit net daar en van toe af tot nou toe kan die hoëdrukspuit maar rus tot volgende somer.

 

Dis darem lekker as die ou verf so onder die gun opblaas en as mens die skrapertjie inkry, dan lig al die kleure van jare en jare se oorverf op. 

 

Kleure opgemerk:

Groen

Blou

Pink

Violeterige pers

Beigerige gelerige iets

wit

wit

Geen wonder die deure wou nie meer so lekker toemaak nie.

 

In die twintig jaar in die huis, het ons nog net wit geverf…so ons is onskuldig…  😀

 

Nou kan ek nie wag vir môre nie, ek gaan daai heat gun misbruik!

 

Ez het gehelp…hy staan mos in sy jaart by die draad en roep vir Oupa om vir hom tamaties te pluk, en as Oupa eers daar was is daar geen keer nie….hy kom saam hientoe.

 

Ek sal weer ontspan as die skool weer begin…lol

 

Pst: ek is ‘n pos aangebied vir volgende jaar. Kry mos dan pensioen en so ‘n ekstra salaris kan mos help (veral vir ‘n nuwe waterspuit) 

 

Ai, en ek wou so graag aftree!

Nou weet ek nie wat om te doen nie…

 

 

 

 

 

 

 

58 antwoorde op Once you’ve had it, you’ve had it!

  1. VozSola het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    !!!
    Kanni wag vir Junie nie!
    XXX

  2. erikavz het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    Dis nou ‘n gemors, wik en weeg, hopenlik het jy darem tyd om dit behoorlik te oorweeg.

    Lekker verf

  3. TS het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    hehehe… nee wat jy moet daardie pos maar neem. Ek kan nou heeltemal goed sien waarom hulle jou nie eintlik tuis wil hĂȘ nie Jy maak almal mal met jou gewerskaf!
    Ek is sommer net moeg van die lees.
    Kan ook nie wag vir Junie … sal ‘n lysie maak as jy werk soek!

  4. jr_ewing het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    ek verf ook alles altyd wit.. smile. power guns for paint removal.

  5. loudavisi het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    Hoop jy is op jou stukke as ek jou sien, Voz!

    😀
    xxx

  6. loudavisi het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    Ek sal dit maar moet doen, Erika. Die mense in my huis hou nog nie van my as huisvrou nie…ek versteur hulle rus.

  7. loudavisi het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    Ek het oorgenoeg werk, Tina!
    Daai blowgun gaan saam bed toe…

    😀

  8. loudavisi het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    Ek hou van WIT!
    Die spul hier se dit lyk soos ‘n hospitaal…

  9. maak jou klaar vir ‘n aangename verrassing

  10. ons het eenmaal so torch geleen en ou verf afgehaal. dit werk heerlik.

  11. Lekker slapies met jou nuwe partner

  12. loudavisi het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    Ek kan nie wag nie Rosie!
    Ek weet mos wat ek weet..

  13. loudavisi het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    HA!

    😀

    Nou giggel ek uit my maag uit

  14. loudavisi het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    Elke nou en dan word daar iets nuuts in die Lou-speelgoed gebring wat ure van genot verskaf

  15. avega het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    Ek het ‘n vermoede jy kan nie stilsit nie, so jy sal maar moet aanhou skoolhou 🙂

  16. VozSola het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    Ek belowe…
    ps…as ‘n kombuis nie geel issi, is dit nie ‘n kombuis nie!
    (colour hint…wink-wink)
    🙂

  17. @Lou ek het eintlik met VS gepraat. Ek ken haar nie!

  18. VozSola het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    Toemaar ou Rosie, ekke weet ook mos wat ekke weet….
    en ekke weet…Lou weet…ekke weet ook.

  19. DallaSePa het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    “So is dag 4 van die vakansie in sy moer …” … dis hoekom ek jou so like LouA!

    ps – ek HET jou mos gesĂȘ jy gaan dit mis!! :-)))
    pps – daai blerrie waterspuite hou nooit nie … !

  20. monicahaddad het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    LOL het geweet dit gaan gebeur!!!

    Ek lag nou so want die lektore het altyd vir my gesĂȘ; miss haddad you’ve had it en dan lag hulle, min wetende dat almal dieselfde grappie maak…

  21. jr_ewing het gesĂȘ op Maart 29, 2012

    wit mure maak my rustig. so be it.

  22. Daardie heat guns werk soos ‘n droom.

  23. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    haha! Ons weet wat ons weet is wat ons weet..
    ;D

  24. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    En die skilderye lyk so mooi teen ‘n wit muur…net my sitkamer word worn wood geverf..dis baie lig met ‘n tint van hout in.

  25. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    ‘n Jaar speel so voor my oĂ« af; Atletiek, rapporte, Klawer Kunste, kore, spreekkore, …nou moet ek ophou dink.

  26. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Ons waterspuit het vir jarrre gehou! Nou moet ons eers een in die Kaap opspoor, dan geld oorplaas, dan nog vervoer hientoe, en dan eers kan ek weer met die water mors.
    ; )

  27. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Miss Haddad you’ve hadit!
    😀

    Jou kamer is nou spierwit en die vensters blink. ; 0

  28. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Dat ek nou so oud moes word voor ek die lig kon sien!

  29. pienkvolla het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Geniet daai nuwe heat gun – ons vrouens hou mos van sulke gadgets!

    Die ou mense het mos laag op laag (gekleurde) verf op die beste houtmeubels gesit.. ai!

    ‘n Ekstra salarissie is nooit te versmaai nie. En dan op die koop toe het jy ‘n nuwe titel ook… pensioenaris. Twee vlieĂ« met een klap. Die dag as jy nie REGTIG meer KAN of WIL werk nie, bedank jy sulke joppies. xx

  30. Ek-Myself het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Jy klink besig!
    Oor die pos… nee jong Lou jy sal een of ander tyd n belsuit moet neem, daar gaan altyd iets aangebied word, n juf op kraamverlof en op wittebrood en ou Lou is mos daar… lol! Sterkte girl en probeer bietjie ontspan! Daai gun klink na n wenner!

  31. HeavyHenry het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Vat die joppie – die geld is altyd handig!

    🙂

  32. Madhatter het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Sheez, hou daai heat gun net weg van my man. Hy brand alles! (hehehe) Tot sy eie vingers. Van die ou jobbie…… Lou ons sal seker nooit kan aftree nie. Vat hom maar! Lekker gelees hoor. Geniet die naweek.

  33. Perdebytjie het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    So baie lae verf!Oor honderd jaar of so,is die plek die helfte kleiner..skiet daai geweer!

  34. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Ek geniet dit steeds!
    Wie’t nou weer gesĂȘ blogging is nie meer lekker nie?
    ; D

  35. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Hierdie huis is oeroud, Volla!
    Ons het nog altyd bo-oor geverf.
    Ek sal seker maar ja moet sĂȘ – of bietjie wag ek kyk wat gebeur.
    Dankie vir die kuier hier.

  36. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Ja, ek is bewus van die baie aflos poste…dis hoeka dit wat ek in gedagte gehad het, Ekke. As ek nou ja sĂȘ dan bind ek my.

  37. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Maar die ou lyf kan nie meer nie, Henry!
    😀

  38. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    Ek het al glipsies met die gun gehad, maar gelukkig niks ernstig nie.

    Sal maar seker die pos aanvaar – veral noudat petrol en krag weer skyhigh opgaan.

  39. loudavisi het gesĂȘ op Maart 30, 2012

    HAHA!

    Ja, nou die die kamers skielik groter..

    😀

  40. HeavyHenry het gesĂȘ op Maart 31, 2012

    O Cool!

    Dan kan jy disability eis!

    🙂

  41. sirpsa het gesĂȘ op April 1, 2012

    Aanvaar daai pos op voorwaarde dat hy geen buitemuursaktiwiteit hoef aan te bied nie.

  42. CelesteDumas het gesĂȘ op April 2, 2012

    ek het juis ‘n tafeltjie met baie lae verf op – dink ek moet ook so ‘n gun gaan kry waant ek hou nie van die chemiese goed nie. wat leer mens nie alles deur blogging nie! sterkte met jou besluit Lou

  43. eros01 het gesĂȘ op April 2, 2012

    Sterkte met die DIY!xR

  44. loudavisi het gesĂȘ op April 2, 2012

    Ek en HY het dit bespreek, MAAR ek weet mos wat ek weet…
    Ek kan nie maklik NEE se nie

  45. loudavisi het gesĂȘ op April 2, 2012

    As jy die tafeltjie eers goed afskrop met handy andy en ‘n goldilocks, is die boonste laag lekker sag, dan skraap jy dit sommer af met ‘n stukkie glas of skerp skraper. Ek koop daai lemme wat mens in die messies sit. Werk baie goed. Dan skuur ek dit met die skuurmasjien tot glad…dan varnish of olie. Dis so lekker, ek kom doen dit sommer vir jou!

    😀

  46. loudavisi het gesĂȘ op April 2, 2012

    Dit het ek baie nodig….die ou lyf is nie meer wat dit was nie!

  47. CelesteDumas het gesĂȘ op April 2, 2012

    Dankie Lou, ek waardeer die raad – en aanbod!

  48. Twaksak het gesĂȘ op April 3, 2012

    Ou onnies gaan nie dood nie? They just teach away?

  49. Berwick het gesĂȘ op April 3, 2012

    Goed gaan, Lou.

  50. lisabeth het gesĂȘ op April 4, 2012

    Ek sien op na een slaapkamer wat die week hier geverf moet word, en jy verf lyk my sommer ‘n huis!

  51. loudavisi het gesĂȘ op April 4, 2012

    Mag dit nie met my gebeur nie!
    ASSEBLIEF
    DANKIE
    ; )

  52. loudavisi het gesĂȘ op April 4, 2012

    Ek gee nie om nie, ek sal geen sport hoef te doen nie, NOOIT weer op ‘n bus hoef te ry nie…net skoolhou en admin is vir my so in my kraal.

  53. loudavisi het gesĂȘ op April 4, 2012

    Dankie Berwick
    Jy ook.

  54. loudavisi het gesĂȘ op April 4, 2012

    Dis die linkerbrein se skuld, lisa!
    😀

  55. DallaSePa het gesĂȘ op April 6, 2012

    “Ek wil nie weer ‘n mielie sien nie! “

    Genugtig LouA … Dit sal mos NOOIT deug nie!

    :-))

  56. deonleroux het gesĂȘ op April 8, 2012

    My aftrede het destyds net een week gehou voordat ek gevra is om by ‘n myn uit te help. As jy eers afgetree is raak dit lekkerder om te werk. Dan doen jy dit vir jou plesier en nie omdat jy moet nie.

  57. loudavisi het gesĂȘ op April 8, 2012

    Ek het ‘n vermoede dis wat vir my voorlĂȘ, Deon. Gaan daai ander maklike beheerliggaam pos aanvaar – geen buitemuurs ens..hmmmm.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.