hierdie dag
Maart 14, 2012 in Sonder kategorie
het ek al vir ‘n paar weke lank oor geworry.
Ezkepez se ma en pa was Kaap toe vir die dag.
Vergaderings en dokters ens
Daar was nie ‘n manier dat kleine Ez kon saamgaan nie.
So kom hulle hom net voor 5 vanoggend aflaai.
Hy is haaswakker.
Warrelwind deur die huis.
Skoolmandjie en skryfbehoeftes gesaai oor die vloer.
Goeie skoot van Yardley se SKIN tissue oil spray in my gesig – (per ongeluk)
Bril gesunlightliquid terwyl hy Hartman se chappies met sy besigheid se naam op die teels chap
Keer hier, optel daar, keer weer en weer en gee moed op
Come what may dog ek toe
Sewe uur lê om die draai en dan kan ek skool toe vlug.
Die res van die dag was ‘n breeze. Neem hom Nonna’s toe waar ek kan tee en hy kan speel en spit en hark en gly en swaai.
Kom terug en kook sommer gou-gou vir ons en hulle,
want shame
hulle is seker moeg en honger en dan nog die lang pad
– pak ewe hulle kos in sodat hulle die boodskap kan kry – ouma is moeg, op, oud!
Moenie oorbly vir ete nie…..gaan doen dit by jul eie plek.
Nou is dit salig
Geen geluid nie NIKS.
I’m the granny
not the nanny
abrham het gesê op Maart 14, 2012
hulle sê as jy 1 kg wil verloor per dag, loop net agter ‘n kleuter aan. gelukkig is jy viets en nodig nie ‘n nanny diet nie!
rosiemetdorings het gesê op Maart 14, 2012
daar dag ek nog altyd dis granny se voorreg om nanny te wees.
:-))
loudavisi het gesê op Maart 14, 2012
Ek loop my voete stomp agter die outjie aan. Sal kan mag hom NOOIT uit die oog verloor….hy jaag net kekaan!
Jy onthou seker dat sy swanger was toe jy kom inloer het….die tyd vlieg!
loudavisi het gesê op Maart 14, 2012
Jou dag sal kom, dan gaan jy terugdink en weet ek weet waarvan ek praat!
; )
loudavisi het gesê op Maart 14, 2012
; )
avega het gesê op Maart 14, 2012
Presies wat ek ook dink. Maar een van die dae gaan ek moet uithelp met 17 maande enetjie as mamma dogtertjie gaan kry in die hospitaal EN DAN 2 weke na 2-jarige kyk terwyl sy ouers oorsee gaan. Waarvoor het ek myself ingelaat?
Chirpie het gesê op Maart 14, 2012
Amen op daai ene !
Doubtingthomas het gesê op Maart 14, 2012
The joys of (grand)motherhood, Loua…
🙂
pasella het gesê op Maart 14, 2012
dis hoekom ouma’s daar is!
Trakie het gesê op Maart 14, 2012
Hehe, haaswakker.
katrina het gesê op Maart 14, 2012
Hahahaha!!! Lou, lekker ouma jy 🙂 (vlug skool toe, nogal)
eros01 het gesê op Maart 14, 2012
So ‘n ouma maak mos ‘n plan!xR
mladanyi het gesê op Maart 15, 2012
My sentiment presies. Ek speel pop met die kleinkinders en “pak” hulle weg na hulle ouers toe.
My geduld is maar min party dae.
TS het gesê op Maart 15, 2012
Mens moet jou geestelik voorberei vir so warrelwind.
Toe my krag gister af is bel ‘n vriendin Kan sy die seuns (3) bietjie by my aflaai Sy wil nie dat hulle in die warm kar moet sit terwyl sy besigheid doen nie. Ek dog ek gaan dood. As mens klaar gevra het ‘Hoe gaan dit by die skool’ is die gesprek op! Laai hulle toe maar in die kar en vat hulle huis toe. Ek doen ook langtand die Nanny ding.
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
Jy moet hulp organiseer, Vega! Jy gaan gewig verloor en dan gaan jou klere nie meer pas nie, en dan moet jy weer mall toe vir nuwe klere en so aan..
😀
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
Dankie vir die ondersteuning!
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
Die vreugdes en smarte, Tohmas.
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
Sou sekerlik makliker gewees het as mens nie die heeltyd moet beplan om by jou eie werk uit te kom nie. Volgende jaar sal beter wees – ek weet!
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
; )
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
Hulle is so sweet en cute en als.
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
Het self nooit gedink ek sal die skool so misbruik nie.
lol
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
Meestal. Soms laat ek maar net begaan.
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
Ding is net, mens moenie ander goed in jou kop hê nie! Gee oor en maak jou kop leeg van ander “moet nogs”
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
Dink jy ons moet begin geldmaak uit kinders oppas?
;D
TS het gesê op Maart 15, 2012
nie in ‘n miljoen jaar
louisna het gesê op Maart 15, 2012
Lou, ek dink jy is die beste ouma imagineable
pienkvolla het gesê op Maart 15, 2012
Geniet die voorreg om hom vir een hele dag net vir jouself te hê!
Maar gee hom ook met ‘n groot glimlag terug aan sy mamma en pappa… 🙂
HeavyHenry het gesê op Maart 15, 2012
Sulke woelwaters maak mens skoon moeg!
erikavz het gesê op Maart 15, 2012
Ag dis lekker om hulle vir ‘n dag te hê – miskien omdat myne so ver van my af is en ek hulle nie te gereeld sien nie. Maar ek moet erken 2 weke vakansie is net lank genoeg, dan kan hulle maar huis toe
loudavisi het gesê op Maart 15, 2012
Het dit mos vir ‘n leeftyd gedoen…
lol
Ek-Myself het gesê op Maart 15, 2012
Jy is n ouma soos my skoonma, my ma is n heel “anders” ouma as julle! Lekker gelees!
Ek-Myself het gesê op Maart 15, 2012
Dink jyt jou deel op die skoolbanke gedoen!
STC het gesê op Maart 15, 2012
Ek vat sommer verlof volgende dag as my twee hier was..en stem met die nie nanny nie..
monicahaddad het gesê op Maart 15, 2012
Lekker lag ek nou, maar het nooit gedink ek sal dit uit jou mond hoor nie!
Madhatter het gesê op Maart 16, 2012
Ag jy bring altyd ‘n smile op my dial. Ek voel ook so maar ek is die granny en die nanny. Ons bly maar lief vir hulle.
frandr het gesê op Maart 16, 2012
As ek (heeltemal te selde) my kleinkinders beleef, verstom dit my altyd dat hulle so onophoudelik BESIG is…jy beskryf daardie BESIG uitstekend!
montess het gesê op Maart 17, 2012
Rus nou lekker. Die rede vir die reen. Ek is bietjie op die blogs….
Balans het gesê op Maart 17, 2012
Ons is bly as hulle kom EN bly as hulle gaan…
Joanna Graham het gesê op Maart 17, 2012
Hulle kan mens lekker moeg maak ne! Hoe oud is hy nou? Ek vergeet. Seker so twee, drie?
shlwanjan het gesê op Maart 19, 2012
“haaswakker”….ek gaan daai ene onthou {-;
monetsa het gesê op Maart 20, 2012
en steeds bly jy een van die wonderlikste mense in sy lewe en ‘n regte ouma….siestog…:)
DallaSePa het gesê op Maart 20, 2012
“Moenie oorbly vir ete nie…..gaan doen dit by jul eie plek.” … lmga
bloukaap het gesê op Maart 23, 2012
hallo my liewe sister
DallaSePa het gesê op Maart 24, 2012
mirrag.
Myrataal het gesê op Maart 24, 2012
GRINNIK … Jy is kostelik verby! En ek dink dit gaan in die gene loop! XX
sirpsa het gesê op Maart 24, 2012
Hoop die saligheid was nie van korte duur nie.
fanjan het gesê op Maart 25, 2012
Ai, hoe lekker lag ek nou, join the club, arme bloedjie
verbeeldingsvlug het gesê op Maart 26, 2012
Ek kry sommer lus om te giggel. Lekker speel met kleine Ez as hy weer kom kuier.