Wie ek? NOOIT!

Maart 2, 2012 in Sonder kategorie

(Ek protesteer alweer)

 

Met die wete dat dit my heel laaste jaar ooit in die onderwys is, vind ek myself  telkens dat ek protesteer teen die jaarlikse bedrywighede van die skool. 

Sommige verrigtinge is reeds uit my bewussyn getippex – ek het net een doel voor oë en dit is OM DAAR UIT TE KOM, om te ONTSNAP van die dreary, boring, tydrowende dinge.

 

Toe my kollega vanoggend noem dat hy begin het met die beplanning van die jaarlikse sportnaweek, toe sug ek kliphard.  Ek het skoon daarvan vergeet!

Ag nee hel, dink ek, hoekom het ek nie laasjaar al gebedank (ha) nie?

 

Ek weet ek moenie negatiewe vibes  en “dis tog my heel laaste” aan my kollega’s deurgee nie.  Ek moet vrolik wees, doelgerig en vol positiwiteit, WANT ek verdien MOS steeds my salaris. Ek moenie dink omdat dit my laaste jaar is, dat ek dinge kan vryspring nie. Ek moet volhard. 

 

Ek belowe jul, as ek vir ewig kon skoolhou sonder die fondsinsamelings en ander MOETE van die onderwys, sou ek!

Nou lê daar nog ‘n koorfees voor en ek moet nog liedjies uitdink wat die beoordelaars se voete onder hulle moet uitslaan…en my kop is LEEG.

Ek MOET nog ‘n koorspraak op die planke bring wat GOUD werd is.

 

EK IS LIEF VIR MY KLASKAMER, VIR ELKE SIELETJIE WAT AAN MY LIPPE HANG, daar waar ek elke kind se behoefte ken, weet wie sukkel met wat, weet wat die huislike omstandighede is. Dis my roeping, my beroep.

Maar genoeg is genoeg.

 

Pst: ek het al gehoor dat ek mos dan daagliks by die huis sal wees, so brekvis, lunch en suppers word reeds deur die mede-inwoners bespreek…

 

DIS NIE HOEKOM EK GAAN AFTREE NIE!

HOOR MY LIED

 

 

71 antwoorde op Wie ek? NOOIT!

  1. avega het gesê op Maart 2, 2012

    Sê hulle! Jis Lou, jy gaan nie weet wat om met jouself te doen nie.

  2. TS het gesê op Maart 2, 2012

    Ooooodis ‘n uiters bekende gevoel Baie sterkte… *fluister* ek hou liewer skool as wat ek 3 etes op die tafel moet kry!

  3. Onderwysers soos jy is goud werd. Onderhandel dat jy
    aanbly sonder die goed wat jou irriteer. As ek die skoolhoof was, baklei ek hard om jou te behou vir die kinders se ontwil.

  4. hoor jou. Ek het gans te gouuit die arbeidsmark getree, nou kan ek nie retire uit die pos wat ek tans beklee nie

  5. Perdebytjie het gesê op Maart 2, 2012

    Ooo!dit gaan lekker wees,maar jy sal gou moet reels neerle vir die klomp daar in jou huis.Jy wil nie nou onderwys verruil vir die hotelwese nie!

  6. vdmbj het gesê op Maart 2, 2012

    Ek hou van kosmaak maar dis nie betalend nie en mense hou dikwels nie van my kos nie. So ek maak maar net vir myself. Ek dink dis ‘n baie interessante plasing hierdie wat vir ons iets wys van die frustrasies wat onderwysers moet beleef.

  7. Twaksak het gesê op Maart 3, 2012

    Vra mens vir ‘n onderwyser, “Watse werk DOEN jy?” antwoord hulle, “Ek IS ‘n onderwyser.”
    Ek salueer jou!

  8. Jy sal van meets af sekere reëls moet neerlê, Loua. Trust my, ek wèèt waarvan ek praat…..

  9. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    Dit sal ‘n jaar neem om hierdie ou kasarm van ‘n huis reg te ruk, Vega…en dan is daar die vakansies..
    ; )

  10. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    EK OOK!

    Ek gaan NIE ‘n keffie oopmaak nie.
    😀

  11. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    Ek wil nie, bruggie!
    Ek sal my naam op ‘n afloslys by die streekkantoor sit en dan daagliks by ander skole aflos, dalk ‘n week of twee of selfs ‘n kwartaal…sal maar sien hoe dinge uitwerk.

  12. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    haha!
    Jou huidige pos is ‘n jaar lange vakansie in die noorde..
    ; )

  13. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    Glad nie, Bytjie!
    Ek het ‘n self-help keffie en een keer per dag ‘n ete.
    That’s it!

  14. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    Hiehie!
    Gelukkig hou my mense ook nie so baie van die kos wat ek maak nie. Dink ek moet meer slegte kos maak, dan sal hulle self inspring.

    😀

  15. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    Dankie, Twaksak.
    Min mense verstaan en waardeer.

  16. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    Ek sal kom aanklop as dinge te erg raak..; )

  17. Geitjie1 het gesê op Maart 3, 2012

    Onderwys is nie aldag grappies nie, my dierbare vriendin kou ook harde bene……………vir ‘n ondankbare werk.

    Sterkte Lou, vasbyt!

  18. Modigliani het gesê op Maart 3, 2012

    Ek hoop dat my tweetjies deur hande soos joune sal gaan in hulle 12 jaar.
    ‘n Jaar gaan so vinnig verby, voor jy jou ogies uitvee is die jaar verby! Vasbyt Lou.
    (Ek weet sommer jy gaan dit baie mis)

  19. Ons moet vir jou een van daai boeke kry wat die hele maand se etes uitgelê is met shoppinglist en al 😉

    maar geniet dit, jy gaan nog lang trane huil van verlang volgende jaar.

  20. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    Die druk raak al hoe erger, Geitjie.
    Ons word met valkoe dopgehou en gemonitor en bevraagteken.
    Plaas hulle los ons sodat ons ons werk kan doen!

  21. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    Dankie, ek maak so!

  22. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    Jeanne, ek byt vas en ek GAAN dit nie mis nie, ek gaan dit NIE mis nie, ek gaan dit nie MIS nie……..

  23. loudavisi het gesê op Maart 3, 2012

    Shoppinglist sal ook nie hier help nie!
    Tensy mens die groceries by die keffie op die hoek kan koop!
    ; )

  24. Geitjie1 het gesê op Maart 3, 2012

    Dis baie waar. Julle verryk die kinders se lewens met jul ondervinding in die onderwys.

    Ek ys om te dink watter kriminele sommige van die bloedjies gaan uitdraai, omdat julle hul amper nie mag tugtig of dissiplineer nie!

    Ons onderwysstelsel gaan baie armer wees wanneer mense soos jy en my vriendin, nie meer in die beroep staan nie.

  25. Carol460 het gesê op Maart 3, 2012

    As ek so luister na die spyskaarte, hou ek eerder skool !

  26. pasella het gesê op Maart 4, 2012

    Ek staan ook nou aan die vooraand van aftrede, die mikpunt is einde Oktober hierdie jaar. Ek sien uit daarna om van al die snert ontslae te raak, maar ek weet ek sal die lekker gedeeltes van my werk baie mis.

  27. gidivet het gesê op Maart 4, 2012

    Ek reken ek sou begin met die vakansies…

  28. Ai ja Lou, as hulle mens net nie so oorlaai het met onnodige ekstra dinge nie, sou skoolhou soveel meer van ‘n plesier gewees het. En ons sou ons kon bepaal by die belangrike dinge. Onderwysers word net by te veel dinge ingesleep. Sport en goed behoort apart te wees. En veral fondsinsameling en die hantering van enige geld. Mens het nie tyd daarvoor nie. Ek is nou al jare afgetree en ek kla nou kort-kort omdat ek twee lekker etes op ‘n dag MOET maak. Dis ook nie waarvoor ek afgetree het nie. Dit sou lekker gewees het as ek die werkie met iemand anders kon deel, soos bv my geliefde.

  29. loudavisi het gesê op Maart 4, 2012

    Ek ook!
    Dink hoeka ek moet vir ‘n ander joppie op die uitkyk wees.

  30. loudavisi het gesê op Maart 4, 2012

    Ding is:
    Ek gaan steeds elke dag die skoolklok se sirene hoor – woon te naby aan die skool, en ek wil hoeka probeer om van al die jare se roetine ontslae te raak…om permanent op die horlosie te kyk. Tsk…

  31. loudavisi het gesê op Maart 4, 2012

    Myne kook mos gereeld, maar gebruik elke liewe implement in die kombuis en ek staan voor die wasbak!

    Dalk moet ons ernstig begin afskaal met die etery.. 😀

  32. loudavisi het gesê op Maart 4, 2012

    Ons oues moet maar plek maak vir jong en begeesterde bloed, Geitjie..

  33. loudavisi het gesê op Maart 4, 2012

    eers as al die kindertjies weer veilig in die skoolbanke sit, Gidivet! Dan is daar vrede op die strand… 😀

  34. boomswart het gesê op Maart 5, 2012

    Jy maak al klaar, ek begin nou eers!

  35. loudavisi het gesê op Maart 5, 2012

    Geniet dit, boom!
    Die jeug het jong onnies nodig om hulle te verstaan.

  36. HeavyHenry het gesê op Maart 5, 2012

    Jy het vergeet om te se: “…gaan DIT nie mis nie.”

  37. Trakie het gesê op Maart 5, 2012

    Dit gaan ‘n laaang jaar wees vir jou. Maar as hy eers verby is, gaan jy besef hy was net so kort soos al die ander.

  38. loudavisi het gesê op Maart 5, 2012

    Ek het die naweek al begin met volgende kwartaal se beplanning….dalk gaan dit so gouer verby.
    😉

  39. Carol460 het gesê op Maart 5, 2012

    Defnitief!Go for it !

  40. gidivet het gesê op Maart 5, 2012

    Ja sal lekker wees om weer buite seisoen te kan gaan vakansie hou. Al daaraan gedink om te skuif na jy aftree?

  41. loudavisi het gesê op Maart 6, 2012

    Het al baie daaraan gedink, veral om Namibie toe te ontsnap. Hartman is ‘n boorling van Suid-Wes. (soos hy steeds sê) Ons woon tans so lekker op die hoewe met die kinders en kleinkind, so ek twyfel of ek hulle sal kan verlaat….is mos deesdae die kinders wat vlug en hul ouers in SA los. Sal maar wag en kyk hoe die lewe vir ons uiteengesit is.

  42. erikavz het gesê op Maart 7, 2012

    Gelukkig gaan die tyd so vinnig verby – voor jy jou oê kan uitvee dan is dit die einde van die jaar

  43. Elephant69 het gesê op Maart 8, 2012

    Lol Lou! Die dinge van ‘n vrou hou nooit op nie! Dis nou maar soos dit is! Daar is altyd nog ietsie wat gedoen moet word!

  44. Fearika het gesê op Maart 9, 2012

    Jy klin na ‘n wonderlike onderwyseres. Jammer dat jy dan al aftree. Jy moet dit nie doen as jou hart nie wil nie.

  45. sirpsa het gesê op Maart 9, 2012

    Genoeg is absoluut genoeg. Jy’t jou deel gedoen.

  46. skermunkel het gesê op Maart 10, 2012

    Jy sal seker van die aftrede geniet … so veeel dinge jy kan doen waar nu nie tyd vir is.
    Voor jy dit besef sal die jaar verby syn.

  47. MEleroux het gesê op Maart 11, 2012

    Ai, sterkte man, vasbyt! Dis jammer dat al die ekstras mens so moet doodgooi.

  48. shlwanjan het gesê op Maart 11, 2012

    Yskasmagneet nou-die-dag gesien. Iets soos: ‘if you want to make suggestions about the food from my kitchen, raise your hand. And put it over your mouth.’

  49. bloukaap het gesê op Maart 11, 2012

    oooooo Lou moetie aftreenie

  50. loudavisi het gesê op Maart 11, 2012

    Ek besin nie gewoonlik voor die tyd nie, maar ek het ‘n paar idees.

  51. loudavisi het gesê op Maart 11, 2012

    Kan nie wag nie!

  52. loudavisi het gesê op Maart 11, 2012

    Ek het Vrydag, na die sangperiode nogal gedink….ek het dit so geniet, maar volhard sal ek!

  53. loudavisi het gesê op Maart 11, 2012

    Dankie Fernand.
    Mens moet nie die tyd omwens nie, maar ek glo die keer sal ek verskoon wees.
    ; )

  54. loudavisi het gesê op Maart 11, 2012

    Daar’s ‘n tyd vir alles.
    xx

  55. loudavisi het gesê op Maart 11, 2012

    hahaha!
    Ek sal dit sommer self maak en op die yskas sit…hoop dit help

  56. loudavisi het gesê op Maart 11, 2012

    Ek MOET, want ek raak nou te oud vir die dinge van ‘n kind(ers)

  57. loudavisi het gesê op Maart 13, 2012

    Hier is ‘n paar nuwe jong onnies. Hulle is regtig jonk van gees en vol energie…ek het al probeer touwys maak, maar ek is MOS outyds! 😀

    Nee, wat. Laat hulle maar ‘n toekoms bou! hulle gaan met die jare ook besef dat onderwys ‘n roeping is.

  58. zephur het gesê op Maart 13, 2012

    Hallo Lou

    Weet aftree klink vir my altyd so…ek-maak-nou-klaar-tee-op-die-stoep-rustyd.

    En eintlik is dit mos maar net einde van die werk en die politiek daarom.

    Ja as ‘n mens nog kon aan werk sonder al die fieterjasies en rooitape dilemmas

  59. loudavisi het gesê op Maart 13, 2012

    Ek het al klaar weer iets lekker om volgende jaar te doen…so tussen al die ander goed, soos vakansie hou, en in Mosselbaai se see swem ens… sug!

  60. Het vele onnies in my familie gehad, so weet hoe hard julle werk. ek weet die kinders sal jou na jare nog onthou 🙂

  61. eros01 het gesê op Maart 13, 2012

    Die kinders gaan jou mis.xR

  62. loudavisi het gesê op Maart 14, 2012

    Ek herken die kinders nie as hulle kom inloer nie..eers het ek maar uitgevra en probeer uitpluis, maar nou se ek sommer “wie is jy?” ha!

    Na 39 jaar kan mens net nie elke gesiggie onthou of plaas nie. Van hulle is al ouma’s. Ai, dit was lekker!

  63. loudavisi het gesê op Maart 14, 2012

    Net so vir ‘n dag of wat dan gaan die lewe mos weer aan…

  64. bgv het gesê op Maart 19, 2012

    Jong, jy gaan besiger wees as jy nie meer skoolhou nie as wat jy tans is. Sterkte met al die bedrywighede.

  65. loudavisi het gesê op April 2, 2012

    Ek weet!
    Dis ‘n ware feit..

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.