Mangels

Maart 1, 2012 in Sonder kategorie

Gister was “NOT SO GOOD”

 

Alweer die bleddie mangels wat my kleinkind so siek maak.

 

 

Koors en opgooi en toe dit nie ophou nie, bel ek sy ma en sê sy moet haar roer en verskoning by die werk maak.  Toe sy hier kom is dit reguit dr toe.

 

En so aan. . .

 

Cherrie op die koek, wat my in trane laat uitbars het, was toe ons gisteraand nuus kyk en sien hoe ‘n ma met ‘n kind in haar arms probeer om van ‘n brug af te spring.  Gelukkig het die polisie op haar afgekom voordat sy kon spring.

 

Ek wonder wat haar omstandighede is.

Of daar dan vir haar geen ander uitweg is nie.

Of alles net te veel is.

 

Dit moet erg wees om geen halm te hê nie..

 

 

 

16 antwoorde op Mangels

  1. Wens jy wil nie voor en oor die arme kinnertjeis rookie…dit help nie hulle longe en lugweggies nie jy weet…probeer tog gerus…dis beter vir jou…en hulle…as jy die verslawing kan skop…good luck!!

  2. TS het gesê op Maart 1, 2012

    Ai tog wat sê die dr.? Mens moet maar daardie mangels laat uithaal?

    Ja werklik… daardie halm hoe klein ook al is darem iets!

  3. loudavisi het gesê op Maart 1, 2012

    Weet jy, FW, ek het net voordat ek dié pos geplaas het die volgende gedelete:

    “FW, Ezra se mangels het NIKS met rook te doen nie” ; ) Ek het presies geweet dat jy dit sou sê.

    Ek stem 100% met jou saam oor rook, MAAR ek steek nie vas by rook nie…drank, dwelms en onbeskermde seks vernietig meer mense, verhoudings en gesinne. Dankie vir jou besoek hier. Lekker dag!

  4. loudavisi het gesê op Maart 1, 2012

    Hy word 3 in November. Dan gaan daai mangels waai!

  5. Beste is om daardie mangels te laat verwyder. Ons is ook daar deur en nadat dit verwyder is, was alle probleme op ‘n end.

  6. UNPOCO het gesê op Maart 1, 2012

    Ag shame man, die mangels kan hulle darem baie goor maak. Maar soos Thomas sê “laat haal hulle uit en sommer gou ook. Ons kleintjie het snaaks genoeg nog nooit enige probleme met haar mangels gehad nie. Sterkte vir die mamma… en vir ouma natuurlik.

  7. Wow, Lou. Ja dit moet erg wees om geen halm te he nie.

  8. Ja maar drank, dwelms en onbeskermde sx is tognie so ‘n groot probleem vir babas en baie jong kinners nie, alhoewel natuurlik, wanneer die mamies en pappies rook si dit ‘n vroegere indikasie dat dei kinners wel grootliks blootgestel gaan word aan drank, dwelms, LW siegretrook word beskoua s die sterkste dwelm wat daar is – die dat rokers in totale ontkenning verkeer…en nikotien verslawing is die een wat die deurtjie oopdruk vir al die anner verslawings wat snel volg…maar sterkte met jou verslawing…en dei kinnertjeis sin dan ook, wat sal volg…

  9. Afkind…uh…asof jy nou kastig weet waarvan jy praat?
    Snotborrels blaas is al wat jy doen,..

  10. Modigliani het gesê op Maart 1, 2012

    Mangels is VIESLIKE goed.
    Hulle moet UIT.
    Albei my kinders is ander mense sedert hulle s’n uit is!

    Sjoe… Hoendervleis oor die ma & kind :'(

  11. Al drie my kinders het so gesukkel met hulle mangels. die goedjies is maar erg siek daarvan.

  12. Ek-Myself het gesê op Maart 1, 2012

    Sterkte! Dit moet uit!

  13. HeavyHenry het gesê op Maart 1, 2012

    Miserable!

    Sterkte!

  14. Carol460 het gesê op Maart 1, 2012

    Mangels kan hulle darem lelik siek maak !

  15. deonleroux het gesê op Maart 4, 2012

    Ons kinders se mangels is uitgehaal toe hulle nog klein was. Daardie tyd het die dokter dit aanbeveel (en ‘n stroom inkomste vir homself verseker). Hy wou myne ook uithaal, maar dit het herstel en my nie weer gepla nie.

  16. Madhatter het gesê op Maart 4, 2012

    Ai Lou die mangels is erg. Kry vir hom tonsilyte. Omtrent R50 vir die botteltjie pilletjies wat oplos onder die tong. Ons kleintjie nou 2 en ‘n half het ook so gesukkel toe hulle hier by my aangekom het nou amper ‘n jaar terug. In die tyd was sy nou nog net een keer by ‘n dr vir antibiotika. Sodra sy begin met mangelontsteking en koors dan kan jy omtrent elke uur ‘n pilletjie gee. Dit vat dan so 2 tot 3 dae en sy is weer reg. Probeer gerus. Sterkte.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.