Herman

Maart 1, 2012 in Sonder kategorie

Toe ons destyds in Keetmanshoop gewoon het, het daar eendag ‘n opgeskote jong Nama-seun aan ons deur kom klop op soek na werk.

 

Sy naam is Herman.

 

Hy sê toe hy sal die jaart mooi gelyk hark, dan kan Meneer sien of daar iemand in die nag op die werf was, want die voetspore sal duidelik wys. 

Onthou, ek kom van die Boland.  Ek ken nie van jaart hark nie!  Daar is nie plek om jaarte te hark in die Boland nie.

Hartman sê toe dis ‘n goeie idee.

Van daardie dag af was Herman soos ‘n kind in ons huis. 

Drie jaar later toe ons hom sê dat ons Klawer toe gaan trek, vra hy of hy ‘n paar dae af kan kry om sy familie te besoek.

Die Vrydagmiddag kom hy met ‘n fiets by ons huis aan om te kom groet.  Ek pak ewe vir hom padkos en ‘n paar lemoene in. 

Het geen idee hoe ver hy gaan trap nie.

Die volgende week, so teen Woensdag se kant wonder ons bekommerd hoe dit met Herman gaan.

Vrydag daag hy op…..die fiets val daaikant toe en Herman diekant toe.  Hartman laai hom in die kar en jaag hospitaal toe.

 

Hy het 200km heen en 200km weer gery.

Die rede was om sy ID te gaan haal sodat hy saam met ons Klawer toe kon trek.

 

Op Klawer het ons telkemale vir hom in ons huis laat bly as ons vir

‘n vakansie of so moes weggaan.

Toe my pa so siek van die kanker was, het ek vir Herman saam met my Worcester toe geneem om vir Pa op te tel en in die kar te laai hospitaal toe vir ondersoeke.

 

Tien jaar later kon ek sien dat Herman nie meer gelukkig was nie.

Verlange na sy mense het oorgeneem.

 

Koop toe vir hom ‘n buskaartjie en gee genoeg kontant om gemaklik daar te kom en nog te oorleef ook.

 

Tot vandag toe wonder ons oor Herman…

 

Waar hy ookal is en wat hy ookal doen, hoop ons dat dit goed gaan en dat ons dalk iewers eendag weer woord van hom sal kry.

 

 

 

 

 

 

28 antwoorde op Herman

  1. abrham het gesê op Maart 1, 2012

    my pa se naam was herman

  2. loudavisi het gesê op Maart 1, 2012

    ‘n Goeie, sterk naam.

  3. TS het gesê op Maart 1, 2012

    Ai hoe hartseer maak die my.

  4. vuurklip het gesê op Maart 1, 2012

    Lees hier oor ‘n dapper Hermann wat die Romeine verslaan het:
    http://en.wikipedia.org/wiki/Arminius

  5. sirpsa het gesê op Maart 1, 2012

    Nogal diep spore in mekaar se lewens getrap.

  6. was dit nie Hannibal, van Afrika gewees nie?

  7. vuurklip het gesê op Maart 1, 2012

    Nee, Hannibal het Italië binngeval maar Hermann was ‘n Duitser en die betrokke veldslag het in Duitsland plaasgevind.

  8. hoop regtig hy kontak julle weer.

  9. vdmbj het gesê op Maart 1, 2012

    Dit is te vreeslik hoe mens mekaar net nooit weer kan sien nie. En nog erger om nie te weet nie beslis. Waar is die persoon? Lewe die persoon nog? Kry die persoon swaar in die lewe?

  10. Wonder wat het van hom geword….

  11. loudavisi het gesê op Maart 2, 2012

    Hy sal seker een dag net hier opdaag. Dit was voor selfone.

  12. loudavisi het gesê op Maart 2, 2012

    Dankie Vuurklip. Ek gaan nou lees.

  13. loudavisi het gesê op Maart 2, 2012

    FW: Ek gaan sommer Hannibal van Afrika ook opsoek…ek is nou nuuskierig.
    Dankie

  14. loudavisi het gesê op Maart 2, 2012

    Herman het nooit vir ons gesê hoekom hy na sy mense toe wou gaan nie. Ek sou hom soontoe gery het as ek geweet het.

  15. loudavisi het gesê op Maart 2, 2012

    Soms wonder ons of hy nog lewe. Hy is seker nou amper 40.

  16. loudavisi het gesê op Maart 2, 2012

    Ek dink nie Herman kry swaar nie, Barend. Hy het vir Hartman met die lektriek goed gehelp. Hy kon lees en skryf en kosmaak. Baie vaardighede.

  17. loudavisi het gesê op Maart 2, 2012

    Ja, Charlene.
    Bittersoet!

  18. loudavisi het gesê op Maart 2, 2012

    Hmmmm….ons ook!

  19. wesnwew het gesê op Maart 2, 2012

    Hi Lou!
    Ja Herman gaan eendag daar aankom met verhale en foto’s van die afgelope jare!
    verhale met hartseer en blydskap, met ‘n bietjie geluk onthou hy die blydskap.

  20. okei, het gedog die Duisers en Taljaners het saam saam baklei…of?
    Al gehoor van Mussolini en Hitler bv?

  21. loudavisi het gesê op Maart 2, 2012

    HAHA!
    Natuurlik, my vriend!
    Ek het meer in die Wiskunde en Wetenskappe belang gestel op skool, maar weet darem van die basiese geskiedenis.

  22. loudavisi het gesê op Maart 2, 2012

    Hy het seker al ‘n paar kinders.
    Hy was/is as mens so ‘n gelukkige spirit

  23. Ek-Myself het gesê op Maart 2, 2012

    Ag nee Lou, nou is my se “oge” nat… Wonder ek dan ook nou oor hom… *snik*

  24. Modigliani het gesê op Maart 2, 2012

    Lou. Wil jy my nou aan dit tjank sit???

    Pragtig geskryf!

  25. pienkvolla het gesê op Maart 2, 2012

    Bly vashou aan die hoop dat jy hom weer gaan sien! Dit is glad nie onmoontlik nie.

  26. monetsa het gesê op Maart 2, 2012

    Dit is hartseer, ‘n mens bly altyd wonder…

  27. Madhatter het gesê op Maart 4, 2012

    Ag mooi. Die herontmoeting sal soet wees.

  28. skermunkel het gesê op Maart 10, 2012

    Ek hoop dit gaan goed met Herman

    Herman sal een dag opdaag

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.