Once you’ve had it, you’ve had it!
Maart 29, 2012 in Sonder kategorie
Die volgende gaan in die Lou-huishouding aan:
Dis vakansie.
Die hoëdrukspuit het laas vakansie gebreek.
Die part is NIE beskikbaar nie.
As mens eers iets gehad het, en jy het dit nie meer nie…
you’ve had it!
Was dit maar die skottelgoedwasser of haardroër of so, was dit nog ok.
So is dag 4 van die vakansie in sy moer….geverf.
Drie slaapkamers, twee gange, twee badkamers en een kombuis.
Die res moet wag tot vlg vlg vakansie – dis in September, want Junie gaan ons mos
Transvaal toe toer.
Met die gange se verf, kom ek agter die vloerlyste dop af, en dit moet eers gestrip word.
Kry nogals paintremover (ek hou niks van die blerrie goed nie, dit brand my oë en hande en voete) Kry ewe reseppies van boukalk en scrubs amoniak – bla bla… gebruik niks.
Tjaarts toe vanoggend Dal toe om “Worn Wood” (kleur) vir die sitkamer te kry. Terwyl ek ponder oor of dit die regte kleur sal wees, sien ek teen die muur, ‘n RYOBI heat gun uitgestal…R200 en iets. Koop dit net daar en van toe af tot nou toe kan die hoëdrukspuit maar rus tot volgende somer.
Dis darem lekker as die ou verf so onder die gun opblaas en as mens die skrapertjie inkry, dan lig al die kleure van jare en jare se oorverf op.
Kleure opgemerk:
Groen
Blou
Pink
Violeterige pers
Beigerige gelerige iets
wit
wit
Geen wonder die deure wou nie meer so lekker toemaak nie.
In die twintig jaar in die huis, het ons nog net wit geverf…so ons is onskuldig… 😀
Nou kan ek nie wag vir môre nie, ek gaan daai heat gun misbruik!
Ez het gehelp…hy staan mos in sy jaart by die draad en roep vir Oupa om vir hom tamaties te pluk, en as Oupa eers daar was is daar geen keer nie….hy kom saam hientoe.
Ek sal weer ontspan as die skool weer begin…lol
Pst: ek is ‘n pos aangebied vir volgende jaar. Kry mos dan pensioen en so ‘n ekstra salaris kan mos help (veral vir ‘n nuwe waterspuit)
Ai, en ek wou so graag aftree!
Nou weet ek nie wat om te doen nie…
Onlangse kommentare