Wat ‘n dag!
Wat ‘n gister!
Nee, helsems, iewers moet dit afskaal tot stadig asemhaal.
Gister toe ek om 15:30 van die skool af in die huis stap, stap die jongeling uit die spens.
Met ‘n bokskoek vir my vir Vaaltuindag….
en hy sê nogals: Happy V vir Mommy!
Bak nou vir ons ‘n V/dag koek asb.
Intussen het Hartman sop in die slowcooker.
Sien dit was mos koelerig die oggend
En met elke gedagte aan koel kom “sop” by hom op.
Hartman gebruik elke liewe gaget in die huis vir kosmaak.
Die wasbak loop oor.
Ek is moeg en so gatvol.
Warrelwind deur die kombuis en bak toe die koek.
Dit was gister.
Vandag Dal toe, want daar is ‘n Shoprite en die spens is leeg.
Jaag terug vir ‘n vergadering 18:00
Kom 19:00 by die huis en hoor ek moet vetkoek bak!
Vetkoek?
Ek?
V&%^#$, ek bak MOS nie, ek koop!!
Hoe bak mens vetkoek?
Die pakkie sê hoe…
Hartman maak solank kerrie maalvleis
Ek lees en doen wat die pakkie sê.
Was dit nou lekker!!!!
ok, sien weer, dalk volgende maand…
more is INSPEKSIE, want ons het ‘n nuwe inspekteur/mannetjie wat dink hy IS die NBste mens in die heelal en hy soek tot hy ‘n fout vind. Maak sommer die fout op die eerste bladsy sodat hy sy ry kan kry…:D
Ek was nog nie een flippen oomblik spyt oor my aftree-besluit nie.
Onlangse kommentare