Jy blaai in die argief vir 2012 Januarie.

Eerste 60 meter

Januarie 29, 2012 in Sonder kategorie

Die kleuterskool op ons dorp, Picollo, neem elke jaar deel aan ons Kleur-byeenkoms.

Daar was 3 tweejariges – bear in mind dat Ez sopas twee geword het en die ander twee seuntjies is al sterk oppad 3 toe!  

 

So hol die kleintjies en raai wat?

 

Ez het tog derde gekom..  

 Cool  Is dit nie cool nie!

 

Hy het ongelukkig dit nie gemaak vir die Sone-Byeenkoms volgende Saterdag nie.

 

Sal maar volgende jaar weer probeer..

 

Lekker week, hoor

(Dis ‘n opdrag    lol)

 

 

 

 

Laptop – vervolg

Januarie 25, 2012 in Sonder kategorie

Die towenaar het nou na ‘n week (plus lewenslank en nog ‘n paar dae) my laptop teruggebring.

 

Ek het nou al soortvan gewoond geraak aan Hartman se mini-laptoppietjie.

Die dingetjie is net flippenwil vrek stadig.

Mens kan kliek en dan die vyeboom gaan natmaak met die hoop dat die wielietjie ophou draai het as jy terugkom.

 

Hy het eers probeer om my hardeskyf te red om vir my geld te spaar.

Min weet die outjie dat ek BAIE geld het – dat ek enige iets sal betaal as ek net weer my liefling aan die werk kan kry.  ๐Ÿ˜€

MAAR toe crash dit weer en weer ens, se hy.

Toe moes hy ‘n ander een bestel en ons woon mos hier agter die klip waar bestellings nog lewenslank plus twee weke later eers opdaag.

 

Ok, nou staan die laptop hier en wag vir more….ek worry nie eers meer nie.

 

Met die wielietjie se stadige draai kry ek darem ander goed ook gedoen – sien jy?

 

Moenie, MOENIE gerus gaan slaap VOORDAT jy NIE ‘n backup gemaak het van jou kosbare goed nie.

 

WEES GEWAARSKU!

 

 

Crash!

Januarie 18, 2012 in Sonder kategorie

My nuwe laptop het gister gecrash

 

Aaklikge, vieslike, blerrie virus…

 

Al my skoolwerk en foto’s!

 

Die towernaars is tans besig om te kyk of daar iets te redde is.

 

Toe dink ek:

 

Hoe kan ek in die toekoms my kosbaarhede veilig bewaar?

External hard drives konk blykbaar net so vinnig in.

Dropbox (of so iets) save jou goed in die kuberruimte en mens kan

dit vanaf enige ander rekenaar weer oproep.

Wil nog uitvind hoe dit werk

 

OF:

 

Jy mail net eenvoudig jou goed na jou email adres toe

 

As ek dit net voor gister besef het was ek nie nou so diep in die bollie nie.

 

Die atletiek(e) begin volgende Saterdag vir drie Saterdae in ‘n ry en

al die proformas is/was op my laptop.

As ek dit nie terugkry nie, gaan ek julle vir bykans ‘n maand

nie weer sien nie!

 

Ogies toe asb

 

 

 

 

 

Ezkepez se eerste skooldag

Januarie 15, 2012 in Sonder kategorie

Ek weet nie wie van julle die dag kan onthou toe ek gehoor het

dat ek ouma gaan word nie.

En die dag toe ek vir Blogville jubelend laat weet het van

sy geboorte.

Ez is nou 2jaar en 2maande + oud.

 

Sy ma sit in die kar onder die boom en tjank

terwyl Netta (sy oppasser) vir hom aan die speelgrond bekendstel.

 

Hy is mal oor skoolgaan!

 

 

Julle, dis vreeeeking warm hier

Gaan nog vir die week so aanhou – seker tot die einde Mei toe.

Die groot aircon in die tv kamer werk net vir ‘n rukkie, dan sny dit uit

Die split units is geldmors – sê ek.

Die outydse een in die slaapkamer werk nou nog na 20 jaar.

 

So, dis nat handdoekie om die skouers en flesse ys vir skool

Moet nog die emmer inpak vir die voete….lol

 

Laaste keer ooit dat ek in daai verswelgende klaskamer ‘n somer gaan deurbring.

EN dan begin die atletiek ook nog more.

 

Mag vrede salig oor julle neerdaal

 

 

Die laaste eerste dag….

Januarie 12, 2012 in Sonder kategorie

Hartman neem my elke oggend van my lewe skool toe met die kar.

Dis so naby – as daar ‘n brug oor die kanaal was, sou ek sommer geloop het

MAAR daar is nie, en my bagasie en skoene ens is nie na smaak vir opdraend ens nie.

Daar is ook nie skaduwee vir die ou tjor nie en nog stof ook, so….

 

(Ek dink hy wil maar net, want hy het sy eie bakkie  : )

 

Anyway, toe ons gister die skooljaart inry en die kids is die wereld vol

en dit wapper handjies en hol soos Forest Gumps langs die kar om te

help afdra, se ek vir Hartman:

 

“Dis die laaste eerste dag in my lewe”

 

Hy se ek sal seker nou elke dag se dis die laaste (datum) van die (maand)…

 

Ok, ek gaan ophou daarmee – genoeg ingevryf dink ek.   ๐Ÿ˜€

 

Is ek nie ‘n geseende ouma nie!  

Net 23 kindertjies in my klas…na jare en jare se amper 40

Ek voel skuldig, maar dis mos nie my skuld as die ouers nie hulle

werk doen nie  ๐Ÿ˜€

(Ouma is nou effe laf)

 

Gister was ook liefste klein Ezkepez se eerste dag.

Sy ma het hom geneem – ouma en ma was vol vrese vir ‘n getjank en geklouery.

Hy het met sy rugsakkie uitgeklim, vir sy ma gewaai en by die hekkie ingestap.

Vandag weer gegaan sonder terugkyk.

Dink hy gaan spyt wees dat daar nie Saterdae en Sondae ook skool is nie!

 

Ander nuus:

Sus, wat so mooi na ma gekyk het

se skoonpa is Sondagnag sommer net so just like that oorlede

Twee begrafnisse in 3 weke.

Nou kan ons nie verstaan hoe die lewe dan werk nie:

Ma suffer vir 3 jaar en smeek om heen te gaan

Haar skoonpa makeer niks – en wala – weg!

 

Nog nuus:

Ek was vandag vir die eerste keer in 3 jaar dokter toe

My keel en ore brand, jeuk, pyn al die hele week.

Begeer om ‘n pypskoonmaker by my oor in te druk en deur my

buis van Eustachius te druk en dan te flos.

EN ek het ‘n toeval by die skool gehad.

Toe dog ek nee, so gaan ek nie die jaar in nie

Die toeval was skielike baie lae bloeddruk.

Die ore ens is oor Hartman vir ons ‘n sitplekkie onder

die bome gemaak het – een van die bome is ‘n Frangipani en die

blom so en dis juis daai blomme wat my so affekteer…

 

Ek en Hartman gaan besliks definitief virseker Junie vakansie 3 weke lank

op Transvaal se kant toe.

Indien daar belangstelling is vir ‘n ontmoeting, laat weet asb

 

Sê tog eers ja en kanselleer later dan sal ek nie so sleg voel nie

OK?

 

๐Ÿ˜€

 

Tina, Polekwane is op die lys

Hartman se sus woon mos ook daar.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kort gesprekkie

Januarie 10, 2012 in Sonder kategorie

Ek en Hartman sit netnou op die voorstoep en eet onse sopper in die verswelgende hitte met die hoop dat die sprayers op die lawn my af en toe gaan tref.

 

(Tuna op rys met Motzarellakaas – ek hou nie daarvan nie – geen smaak en

so draderig, maar nou ja….)

 

Anyway so verloop die gesprek:

 

Hy: Loua, ek is bekommerd

Ek:  Waaroor tog nou weer?

Hy: Wat gaan jy doen as jy afgetree het?

Ek:  Wel, eers gaan ek hierdie huis van ons regruk.

Hy: Dis waaroor ek my so bekommer

Ek: Jy kan tog nie stry nie.  Die huis het ‘n harde regruk nodig.

Hy: Ja, is so, maar jy kan mos nie ophou nie

Ek: Ek sal ophou sodra alles uitgesorteer is, ek belowe

Hy: Asb, los net die ys uit!

Ek: Die ys? Wattehel bedoel jy?

Hy: As jy die dag die ys was gaan ek jou laat opneem.

 

๐Ÿ˜€

 

Moes proes dat die smaaklose tuna doer trek!

 

 

 

 

 

Gebit (tande)

Januarie 7, 2012 in Sonder kategorie

Vroeg oggend stop ‘n ou man  op die sypaadjie voor ons huis.

Hy en Hartman gesels oor die muur.

Hy kla oor sy gebit, kan glo nie slaap van die pyn nie.

 

Hy sê:

 

My oolre pa het altyd gesê

Dis met weemoed dat mens tande kry

En dis met weemoed dat mens tande verloor

 

Hy moes 78 jaar wag om dit uit te vind – nou verstaan hy eers.

 

Vasbyt!

 

 

2012

Januarie 1, 2012 in Sonder kategorie

2011 het vinnig verbygegaan.

‘n Jaar vol vreugdes en smarte

 

Die kleintjie het gegroei, sterker, groter en slimmer geword – wil alles self doen

My ma het gekrimp en swakker geword, en kon nie meer alles self doen nie, was later soos ‘n baba.

 

Hier in Blogville het van ons ou geliefdes groener weivelde gesoek.

 

Ander het weer by ons aangesluit en geliefdes geword.

 

Uit my hart wil ek vir elkeen dankie se vir ondersteuning en begrip, vir die heerlikte stories en interessante skrywes. 

Mag 2012 vir julle alles wat goed is inhou.

 

Stap oop oe die jaar in! 

 

xxx