Jy blaai in die argief vir 2011 Desember.

Genade tog!

Desember 26, 2011 in Sonder kategorie

Kyk net waar loop my bladlese!

 

Ek was nog nooit ooit eers op die eerste of tweede blad van “meeste gelees nie”

 

Flippen hel!

 

Ek is onskuldig en onrein – glo my.

 

😀

 

En

 

wat doen julle op hierdie Boxing Day?

 

Ek het alweer vir Ez gegroet.

Hulle is alweer Kaapfontein toe – Noordhoek…..ghmph!

Ok, ons is ook genooi, maar ek was lusser om deure af te skuur.

 

As hulle terugkom gaan daar vir Ez ‘n nuwe rak die hele lengte van sy kamer

op wees waar hy al sy speelgoed na hartelus van kan afgooi!

 

HA!

 

Have a happy happy whatever

 

Ek wou nou net my ma bel, maar toe onthou ek…..

Voedingskema: Geseende Kersfees

Desember 24, 2011 in Sonder kategorie

Hier wag die kinders vir die kombuisdeure om oop te maak

Ezra se ma het ‘n groot aandeel in die voedingskema.

Maandelange se gesoek na borge en skenkings.

Drie sakkies aartappels per dag maak dit net-net

Om 400 honger kinders te voer is nie grappies nie!

Alle eer en waardering aan die kokke en skoonmakers – en natuurlik

aan sus….ma se hart se punt!

 

Alle skole het voedingskema’s tydens skooltye, maar die kindertjies

is so honger gedurende die vakansies.

                                                          

Boetietjie lekker aan die smul in die kombuis onder toesig van die kokke.

Smaaklike ete!

Gister het hulle ‘n Kersete in die gemeenskapsaal gekry.

Mag ons wat het, al is dit net ‘n bietjie, met oorgawe gee.

 

Aan al my liewe vriende in blogville:

 

Geseende Kersfees!

 

xxx

Regverdig/onregverdig: Besluit maar self

Desember 19, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie is net ‘n storie.

 

Gisteraand teen bedtyd besef ek dat ek niks op my bedkassie het om my droomland toe te stuur nie.  (Die beloofde kindle kom nou eers in Januarie)

 

Stap boekrak toe en trek ‘n Short Stories boekie uit.

Ek gaan so kort as moontlik in my eie woorde die storie oorvertel.

 

In the Country by Guy de Maupassant

 

Twee baie arm gesinne woon langs mekaar in die platteland.

Elke gesin het vier kinders

Die laaste van die kinders was twee seuntjies

Ons noem hulle sommer Piet du Toit en Jan Gomtor

 

‘n Baie ryk, kinderlose egpaar ry verby in hulle koets en sien hoe die kindertjies buite speel.

Die ryk vrou begeer net daar om vir Piet te koop.

 

Hulle stap na die ouers

Die ouers is met afgryse gevul

Nooit ooit sal hulle vir liefste klein Piet verkoop nie, al klink die beloftes hoe belowend

 

Afgehaal stap die ryk egpaar na die huisie langsaan en bied aan om vir Jan te koop.

Jan se ouers besef dat hulle nie vir Jan ‘n toekoms kan gee nie en onderhandel om vir Jan te verkoop.  Papiere geteken en daar gaat hulle.

 

Twintig jaar later stop daar ‘n luukse motor en ‘n pragtige jong man klim uit

Dis Jan.  Hy groet sy ouers ten aanskoue van Piet en sy ouers.

Hy se vir sy ouers baie dankie vir die geleentheid wat hulle hom gegun het en dat hy vir die res van hulle lewens bymekaar sal wees.

 

Piet se moer strip net daar….jaloesie kry die oorhand

Hy gryp sy goiingsak en gooi sy karige aardse besittings daarin.

Hy storm die huis uit met die woorde:

Vir julle selfsugtige ouers sien ek nooit weer nie! 

 

Nou toe nou..

Wie se reg is verkeerd en wie se reg is reg en wat is regverdig?

 

more is dit weer 4 ure soontoe

gou begrafnis hou

en 4 ure terug

gelukkig sal ek vir liefste klein Ez weer sien

(hy is ook nie for sale nie)

 

sien julle weer oormore.

xx

Wat is regverdig?

Desember 18, 2011 in Sonder kategorie

Ek sien nou by Tina dat sy oor regverdigheid skryf.

 

Ek en my sus het vroeg-oggend seker ‘n uur lank oor die foon gesels.

 

Die woord regverdig het telkens opgeduik.

 

Ek se toe ek weet nie meer mooi wat regverdig beteken nie

sekerlik het elkeen sy eie regverdiging…

 

soos bv:

 

Dis regverdig vir Boet as ek kos maak volgens sy smaak

Pa se dis onregverdig dat ek kos maak volgens Boet se smaak

As ek kos maak volgens Pa se smaak, dan dink Boet ek is onregverdig

 

Ek se dis onregverdig van julle om van my te verwag om almal se

   smake in ag te neem terwyl ek kosmaak.

 

(Sug regverdiglik dieplik)

 

Is regverdiging dan ‘n relatiewe ding?

 

Ek meen net.

 

 

ok, ek het vandag eers my sluise oopgemaak

Die terugdink en die denial stap nou hand om die blaas

Ek weet dit sal mettertyd beter gaan

Ek het nog nooit ‘n dooie mens gesien nie

 wat nog van een sien wat doodgaan….

 

Have a happy regverdige dag!

xx

 

 

Dankie

Desember 15, 2011 in Sonder kategorie

vir al die sterktes en medelye.

Die begrafnis is 10u Dinsdag oggend. Eers na die graf toe

waar Ma langs Pa gaan rus, met net die familie

Dan kerk toe

Dit gaan soos ‘n reunie wees.

Al die familie wat nog lewe kom

ok, baie van hulle, sal maar sien…

My ma-hulle was 12 kinders. Daar lewe nog net twee susters

My pa-hulle was ook 12, maar almal het al heengegaan.

Nou kom almal se kinders en hulle kinders – niggies en neefs

wat ek, indien ooit, jarre laas gesien het.

Andre Roothman – (akteur) is die bekendste van die neefs en niggies,

selfs vir hom het ek in jare nooit gesien nie, behalwe op die tv.

Ezra gaan mos more na sy ander ouma en oupa Kaapfontein toe.

Ek sal hom eers weer Dinsdag by die begrafnis op Worcester sien.

Sal maar die naweek alleen in die sandput moet speel.

Vreemd hoe die lewe net aangaan en aangaan asof niks gebeur het nie.

Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer!

Desember 14, 2011 in Sonder kategorie

Pearl  Irene  Roothman (nee Bürger)  

17 September 1922 – 14 Des 2011

Op haar 89ste verjaarsdag

(Ek daag enige een uit om so te lyk op 89)

 

RIP

 

 

Die storie begin so:

 

(Ek skryf dit vir my nageslag, indien enige van hulle dalk eendag sou belangstel)

 

Die foto is van my ma op haar 89ste verjaarsdag, 17 Sept 2011.

Sy le op haar gunsteling bank wat sy destyds self oorgetrek het.

Die bank het saam getrek van haar woonstel plaas toe.

 

Gister oggend het ons personeel brekvis op die skool se stoep gemaak.

Ek kyk die worsies ens in die braaipan so en dink, genade tog, nog nie halfpad

gaar nie, die eiers moet nog gebak word, en dan is dit speeches en aansit.

NEE, ek kan nie daar wees nie!

Groet almal en jaag huistoe.

(Ek sou eers vanoggend Worcester toe gery het)

 

Het al 3u opgestaan, die laaste opdrag van die Dept Onderwys afgerond en gemail.

Teen half ses gisteroggend het ek al my klere in ‘n tas gegooi.

Als wat ek raakgesien het, het ek ingepak….en is toe skool toe.

 

By die huis gekom, vir Hartman opgekommandeer om saam dorpie toe te gaan.

Trek geld, check die motor se bande, olie, maak vol.  Kiss kiss koebaai

Ek weet nie hoe lank ek gaan weg wees nie.

 

Vier ure later stap ek huiwerig ma se kamer in.

Kon my oe nie glo nie!

Uitgeteer en starende oe wawyd oop.

 

Ek se in Ingels: Ma, dis ek, Louise, jou oudste dogter van Klawer.

Sy trek haar bolip op in ‘n smile en druk my hand.

 

Sewe-uur gisteraand kom die hospice vir nagdiens.

Teen elfuur kom sy ons roep om te kom groet.

Sy ken van. Ouma roggel al.

 

Teen 12uur pass ek uit tot 7u vanoggend

Aguur sit ek by haar bed.

Ek se weer: Ma, dis ek, Louise van Klawer.

Sy smile weer en druk my hand

Die cd met lofprysliedjies speel saggies in die agtergrond

Sy neurie saggies en haar lam handjies wil-wil opgaan

 

Tien oor ag, ruk sy die beddegoed van haar af.

Vreemde harde geluide kom uit haar keel.

Ek hol deur toe, gil in die gang af vir sus

 

Sus, haar dogter, twee huishulpe kom in.

Sus neem ouma se hand, sy begin sing

Die huishulpe sing saam: Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer..

 

Teen half nege blaas sy haar laaste asem uit

Tien voor nege hou haar hart op met klop.

 

Vir die eerste keer ontsnap my denial my.

Ek val op die mat en druk my vingers in my ore – ek wil nie weet nie

Ek wil dit nie hoor nie

 

Ouboet daag tien minute later op van Bonnievale af.

Hy was net te laat.

 

Ons drink koffie en toe weet ek, ek moet weer inpak

Is nie meer nodig daar nie.

Mense stroom in

Ek pak en ry huistoe

 

Stop op Porterville vir volmaak

Ry in die hoofstraat en stop by my vriendin van destyds se huis.

 

Sy staan in haar werkswinkel besig met stoffering van meubels

Ek kom in die driveway aangestap sy se: 

(vir Modderkoekie, want sy ken van die dinge)

Louise is dit jy?

Ek het laasweek iemand in swart klere aangestap kom, en ek het nie geweet

wie dit is nie!  Dis al die tyd jy! 

 

As iemand die skildery “The Sream” nou kan oproep

Dis hoe haar gesig gelyk het

Ek brei hierop uit:

Sy was glad nie ‘n dierbare, saggeaarde tipe mens nie

Glad nie diplomaties nie.

Wat reg is is reg, thank you very nice!

By Susan op Porterville het ek dit uitgeklaar gekry

 

Ma het God gesien en gedink: Uiteindelik!

Hoekom nou eers!

 

Vir al my blogvriende wat al van daaityd af saam met my die pad gestap het:

Dankie, julle is super super cool!

Love you very nice!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pics vir ou ouma

Desember 10, 2011 in Sonder kategorie

Ek, Hartman en klein Ezkepez het noudiedag deur die hoewetjie gestroll

sodat ons foto’s kan neem om vir arme ou ouma te gaan wys.

Dit was voor die dag voordat die volgende fase in haar lewe plaasgevind het.

Ons driveway lyk nou so – met my allergunsteling plant – Aggies Panties

Kyk net die lang stele – seker om na die son te ryk!

Vir die eerste keer ooit is daar nou nie net onkruid en stof nie

Die Engelsman (Ez se pa) het mielies, uie, en smaak my, pampoenerige goed geplant.

Hy se hy kan volgende week begin pluk.

Is dit nie dierbaar nie!

Hartman en kleinseun Ezra stap voor my van hulle huis af na ons sin toe.

Kyk net die kommunikasie in die bodylanguage.

 

Ek het so baie om vir my ma te wys as ek Woensdag soontoe gaan.

Hoop net sy hou tot dan

 

 

Wynaangedrewe ?

Wonder hoekom ek op hierdie winderige, lieflike Saterdagoggend so tekere gegaan het

Het vanoggend om 3u wakker geword met ‘n helske hoofpyn

Later toe dit begin lig word, is ek skielik te beter

Hele huis en stoepe, matte en whathaveyou nog met die hoedrukspuit bygekom

Ek sal nog die teerpad voor die huis ook spuit as Hartman my nie keer nie!

 

😀

 

stofdroog en spierwit op ‘n Vrydagaand mag dalk die rede wees.

 

Nuus

Desember 8, 2011 in Sonder kategorie

Die dogtertjie van 11 wat laasnaweek deur die wiel gerol is

het voor die ongeluk vir haar maatjies gese dat hulle nie ‘n kruisie vir haar

langs die pad moet plant nie.

?

Koue rillings!  MaanKind sou die een so goed verstaan het.

…en Modderkoekie.

 

Ma se toestand het gister in die volgende fase gegaan

Ligte beroertes – so dat sy nou nie meer kan loop nie.

‘n Suster (verpleeg) sit nou saans van 7u af tot soggens 7u langs haar bed

Sy het vandag haar eie bed vir ‘n hospitaalbed geruil.

Gaan vanaand haar eerste morfien kry

Ek gaan eers Woensdag na haar toe

Ek het gisternag vir die eerste keer in 15 jaar van my pa gedroom

Ek het vir hom gese dat hy goed lyk en of hy kan onthou dat ek hom 20 jaar

laas gesien het.

Toe se hy: Poplap, 20 jaar is ‘n baie lang tyd wat vinnig verbygaan

Ek hoor nog sy stem….

 

Jack Parow is afgestel weens onvoorsiene omstandighede

Ons personeel gaan Dinsdag net brekvis in die skool se lapa en dan groet ons

kiss kiss hug hug lekker vakansie hou en geseende kersfees en so aan

laaste sien van die jaar.

 

Aan alle ma’s en ouma’s met kindertjies van twee:

Sterkte en voorspoed

Dis verskriklik!

; )

 

Ek wou nog iets se, maar nou’t ek vergeet wat…

 

Anyway, koebaai vir eers

 

 

 

 

Help bietjie asb!

Desember 1, 2011 in Sonder kategorie

Ek MOET oor ‘n week en half aantrek soos ‘n baie bekende seleb

EN ek moet iets gooi (toneelspeel of sing of so) om die toeskouers ‘n tip te gee

 

Ek kan NIE sing nie.

(38 jr in die onderwys se skuld)

 

Ek het aan Jack Parrow gedink – WANT hy is so lekker kommin

EN ek kan my vereenselwig met hom.

EN ek sal kan rap en my eie woorde mbt die geleentheid kan skryf

 

; D

 

Onthou ons woon op Klawer in die Nakakwaland en die mense hier

is hiesteries oor SA en AFR en sy sangers ens….

moenie buiteland toe gaan met die een nie…  (dink ek)

 

Tensy die John Watsenaam is in “the good, the bad and the ugly”

Wat van: blikbord met baked beans en ‘n gunstrap ens?

 

Ek wag ….

 

Thanks né..