Jy blaai in die argief vir 2011 November.

Swart naweek. Skok drie

November 27, 2011 in Sonder kategorie

Familie ry van Vanrhynsdorp af om die naweek in die Cederberge te kamp.

 

Hulle bakkie breek net anderkant Klawer.

 

Hy bel ‘n pel op Klawer om te kom help.

 

‘n Vragmotor kom verby

 

Die vragmotor verloor sy wiel

 

Die wiel rol die dogter (11) onderstebo

 

Haar pa tel die vergruisde liggaampie op

 

Damn sad sad sad

Ek weet nie hoe om sulke skokke te absorbeer nie

en ek ken nie eers die mense nie.

Swart naweek

November 26, 2011 in Sonder kategorie

Dit het al Vrydagoggend net na 3 begin

Kollega van my se skoonouers is tydens ‘n plaasaanval beseer

 

Plaasaanval hier?

Skaars 10 km van ons af?

 

Drie swart gemaskerde mans het die agterdeur afgeskroef

Met die skroewedraaier die ou man (76) amper moertoe gesteek

 

Genadiglik het hulle sy vrou uitgelos

Genadiglik het sy altzeimers

 

Alles wat hulle kon inpak het hulle gepak nadat hul die telefoon drade geknip het

Hul het toe al geweet dat hulle die selfone gaan kry

 

Die grapevine beweer dat dit nuwe gangsters van die Kaap af is

Hulle is blykbaar in hulle inisierings fase en moet deliver om deel van

die gang te word

 

Die oom sê hy ken nie hulle stemme nie, en hulle praat nie Namakwalands nie

 

 

Die tweede skok:

 

Dogter wat lank gelede in my klas was, en haar nefie en niggie is vandag in ‘n

motorongeluk oorlede

 

Ella was die oulikste dogtertjie….het in Gr 2 by haar pa gesit toe hy aan

maagkanker oorlede is

Van toe af was dit net sy en haar sussie en haar ma

 

Ek het eenkeer oor haar geblog

Kortliks:

Ek het in die klas gevra wie van hulle al Kimberley se gat gesien het

 

Toe steek sy haar handjie op en sê

Juffrou, gisteraand op die tv in Days of our Lives (of so iets – kan nie lekker

onthou nie, maar dit was een van die gewilde sepies daaityd)

Ek moes uitstap om klaar gelag te kry

 

Ek kan nie nou meer lag nie

 

Derde skok

 

 

 

Nee toemaar….. twee is genoeg vir eers

 

 

 

 

Ek ag myself hoog..

November 25, 2011 in Sonder kategorie

 

 

Iemand van Blogville het my vandag by die skool kom verras.

 

Dit het so gebeur:

 

Sy loop in die skool se gang.

Kry die hoof daar.

Hy vra kan ek help.

Sy sê sy soek die juffrou wat hier skoolhou wat  blog – haar naam is Lou.

Hoof nooi haar kantoor toe en roep my oor die interkom

Hy sê daar’s iemand van die Departement wat my wil sien.

 

Niksvermoedend en effe bewerig (skuldige gewete) trapsoetjies ek nader.

En daar sit die pragtige dame.

 

Ek het dadelik geweet

 

 

 

dis

 

 

 

 

 

Vega!

 

Dankie, vir die inloer, Vega.

Jy’t my dag gemaak.

 

Ek moes die lekkerny onmiddelik met ‘n skêr opknip om met die hoof te deel

Het dit sommer net daar opgeëet.

; )

 

 

Klomp goed: nat naweek/droë naweek. fiesta

November 23, 2011 in Sonder kategorie

Ek het vandag die heerlike voorreg gehad om met die hoof van ‘n tweemanskool (plaasgemeenskap) te chat.

 

Ek kan nie alles hier sê wat sy gesê het nie, maar een ding wat my dieplik aangeraak het is:

 

Die kinders by haar skool het nat naweke en droë naweke.

Sien:  Elke tweede naweek word die plaaswerkers betaal.

Dan is dit ‘n nat naweek – sê die kindertjies by die skool

Dan syp almal. Ouma, Oupa, Ma, Pa en al die kindertjies.

 

Die naweke tussenin word dan droë naweke genoem.

 

Hulle sê vir Juffrou die boere is so gelukkig.

Want (skuus, Tina :D) daar is elke Maandag klompe empties in die vuilgoeddromme.

 

😀

 

(Ek giggel met ‘n traan in my hart)

 

Fiesta:

 

Het julle gekyk?  Ons was op die tv!

Dit was oor die Rittelfees wat nou die Namaqualand/Huisgenootfees geword het.

Ons kindertjies en een onnie het so in your face met Namakwalandse taal gepraat.

My hart het weer getraan.

Dink ek is uiteindelik een met die vreemdes hier.

 

Moenie dat ek julle vang met ‘n te nat naweek nie.

 

Nog iets:

Elke dag is ek sekerder oor my aftrede einde volgende jaar.

Elke dag wonder ek hoe ek die datum kan vervroeg.

Kan nie wag nie….

3 Dinge

November 15, 2011 in Sonder kategorie

Drie dinge waaroor jy mal is op die oomblik:

 

7uur elke aand as ek my wittetjie kan drink

My kleinkind (sorry, maar hy kom dan tweede)

Soggens wakker word met ‘n lied in my hard

Noem 3 dinge wat jy vir jou 20 jarige self sou wou sê as jy kon terugrys in tyd:

Daar is ander beroepe as onderwys 

Belê jou geldjies getrou, SPAAR vir die oudag.

Jy’s great, mik vir die hoogste  (selfbeeld was effe af)

Wat is die 3 dinge wat jy voor jou siel weet jy eitlik behoort aan te werk wat jouself aanbetref:

Wiele het nie gekom on te bly nie…stap as jy kan, of oefen en doen iets boring soos gym.

Moenie jou vriende verwaarloos net oorlat jy ‘n kleinkind het nie.

Ek MOET beslis/definitief iewers met vakansie gaan.  In my boeke tel vakansie nie om by familie te kuier nie

Waarvoor is jy bang?

Dat ek nooit weer in Mosselbaai se branders sal kan duik nie

Dat my geliefdes sal…..(ek gaan dit nie uitspreek nie)

Om aan iets te stik.  Het eenkeer my byna dood verstik aan tjoklits, nou eet ek dit NIE

Wat maak jou kinderlik opgewonde:

Koue

Daagliks, as die laaste een by die skool se hek uitstap

Pouses, dis al hoekom ek nog by die skool is…

Noem 3 goeie gewoontes:

Word altyd vroeg wakker met ‘n jubelende (irriterend vir ander) lied in my hart.

Pligsgetrou en altyd voor betyds  (dit gaan oor ‘n jaar verander)

Ek vlieg deur boring daaglikse roetines soos skottelgoed en huisskoonmaak, is goed met multitask.

Noem 3 van jou slegste gewoontes:

Moet altyd in beheer wees

Hou nie van stadige mense nie

Die kwyle loop van irritasie as ek met iemand vergader en daai een se foon lui

en hy antwoord en praat for ever terwyl ek wag en wag en wag

 

 

Ek het vandag die lig gesien:

 

Was by ‘n vergadering

Ek gaan nog net volgende jaar in die onderwys wees

Het nogals altyd gedink 40 jaar is ‘n mooi ronde getal, maar 39 sal doen, dankie

Maar, toe dink ek vandag….wie gee om?

Ek kan nie meer die admin verdra nie – nie die vergaderings en die dinge wat niks (lees fokol) met die kinders

te doen het nie

Dis die flippen hoeveelste keer dat ek ‘n nuwe kurrikulum moet aanpak!

As ek laasjaar geweet het, sou ek toe al bedank het.

Nou het ek ‘n jaar om uit te werk hoe ek ekstra geld gaan maak….net genoeg vir oorlewing…vakansies uitgesluit.

 

 

Huismoleste

November 7, 2011 in Sonder kategorie

Ek kom deesdae so min op my eie blog.

 

Smaak my my selfvertroue het iewers hier ‘n bertrante knou gekry.

 

MAAR (moet tog nie ‘n sin met maar begin nie, asb) ek gaan nou braaf wees – come what may.

 

Sondag, laat middag, klop iemand aan die deur.

Is toe ‘n vroutjie en haar babatjie wat bewend voor my staan.

 

Sy:  Tannie, kan ons asb inkom?

Ek:  Natuurlik, Liefie.  Wat is dit nou?

Sy:  Manlief het alweer nog nie ophou B&C van middagete af nie. Ons is nou bang.

Ek:  Genade, kom sit.  Ek maak gou koffie.

Sy:  Tannie, ek verstaan dit nie. Dis mos my huis wat ek van my ouma geêrf het.

      Dit voel net nie reg dat ek in my eie huis moet bang wees nie.  Ek is mos nie

      nie die een wat aan die drink gegaan het nie.  Hoekom is ek dan nou die een wat

      moet vlug?   Ek meen, as hy ‘n probleem het, hoekom maak hy dit nou myne ook?

 

 

Dink ek – ons almal het maar ons huismoleste.

Ja, jy ook, en ek ook.

 

Daar’s mos nêrens geskryf dat hemel op aarde is nie.

 

Org, nee Dora.

November 2, 2011 in Sonder kategorie

Ezra het gister hierdie swartvark by ‘n boer in die Koekenaap-omgewing

vir sy tweede verjaarsdag present gekry.

 

Oupa het ingespring en die hok rondom ‘n groterige klip  kleinerige rots gebou.

‘n Lekker modderbad, genoeg skaduwee en snoesige slaapplek.

 

 

Dog toe dat ons vir swartvark ‘n naam moet uitdink.

Destyds was daar mos die grappie van die vark en die van der Merwe broers.

Daai vark se naam was Org.

 

Org word toe sonder huiwering aanvaar.

Ezra se ma sê toe later:

 

Ezkepez, gaan gee gou vir Orgie hierdie appel.

 

😀  😀   😀

 

Swartvark se naam is nou Dora.