Jy blaai in die argief vir 2011 Oktober.

Ek wil my ouma hê! en natuurlik ander stories

Oktober 29, 2011 in Sonder kategorie

Laasweek moes die kindertjies nuus vertel.

(Ek hoor al hoe tuit die ouers se ore :D)

 

So vertel Mikkie die volgende:

 

Juffrou, my boeta is mos ‘n rasta.

Toe kom die boere polieste en skop sy hokkie om.

My boeta het net daar gesit en sy hele trane het afgeval.

 

(My hart se trane het ook net daar afgeval.)

 

 

Hier onder is liefste kleine Ezratjie.

Sy hele body language skree  “Ek wil my ouma hê!”

Is toe die kamera, en nie die ouma, wat hy begeer!

 

 

Ezra het sy ma en pa vir die naweek na ‘n gastehuis teen die rivier geneem.

My moer is effe suur oorlat hy my nie saamgenooi het nie..

Ek het hom netnou gebel en hy sê hy geniet hom gate uit sonder die ouma.

Ghmf…..ok…..ons sal maar sien wie help hom met sy take as hy eers in die skool is.

 

 

😀 

 

 

 

 

 

 

60 is toe nie so so so (hik) erg nie!

Oktober 25, 2011 in Sonder kategorie

   Cool

Cheers!

Die twee boeke op my bedkassie

Oktober 13, 2011 in Sonder kategorie

The Elegance of the Hedgehog

Muriel Barbery

(Over a year on the New York Times Bestseller List)

 

Vir weke worstel ek met dié een.

Verloor soms belangstelling en lees gou ‘n ander boek tussen in.

Mens kan skaars die storie volg, want die vrou se ongelooflike vocabulary trek maklik my aandag van die storie af.

Meestal kan vreemde woorde just like that sin maak en in die konteks van ‘n sin verstaan word.

Hierdie dame laat ‘n gewone ou tannie (wat nogals engels grootgemaak is) na die woordeboek gryp.  Taal kom vir my maklik, en woorde wat ek nog nooit eers geweet het bestaan nie, maak my nuuskierig. Die inhoud is fassinerend en Muriel is ‘n baie slim dame.

 

Dalk as my siel rustig raak, tel ek hom weer op.

 

Intussen land daar die volgende een onverwags op my bedkassie.

Beslis ‘n aandagafleier.

 

 

The Snowman

Jo Nesbo

(The next Stieg Larsson – over 5 million books sold worldwide)

 

Kollega bring gister vir my ‘n pakkie.  Sy sê sy kon dié een nie neersit nie.

Almal wat vir Juf Salander van “The Girl with the Dragon Tattoo” en die twee wat daarop volg geniet het, gaan beslis hierin belangstel.

 

Nog iets

Die weer is alweer koeler en die maag het uiteindelik gesettle.

Sorry vir die wat die virus dalk by my aangesteek het…. suffer maar lekker!  😀

 

My klassie skryf môre die jaarlikse sistemiese toetse – Wiskunde en Afrikaans.

Hou maar duimvas, want genade tog, dis NIE altyd die juffrou se skuld as die uitslae swak is nie.

Mens werk mos maar met wat voor jou sit…en die keer het ek my bedenkinge.

 

Vrydagaand is sowat 300 onnies in ons kring uitgenooi na ‘n ete besigheid.

Glo om dankie te sê vir ons wat so hard werk ens.

Geez, ek wonder waar ek gaan parkeer….

 

Nou toe vriende, laat hierdie dag begin.

Geniet!

 

 

 

 

 

 

Die woord “fok” kom voor in hierdie skrywe. Ek weet nou nie watter ouderdomsbeperking ek hier moet opsit nie

Oktober 9, 2011 in Sonder kategorie

Nou die dag val ‘n kennis met die deur in die huis.

 

In haar hande het sy ‘n drillerige tert.

 

Sy is uitasem.

 

Dis vroeg oggend.

 

Sy moes die tert werk toe neem toe stol die besigheid nie.

 

Sy: Fok, tannie, ai fok tog, die ding wil nie ‘n fok stol nie. Ek het dit al gisteraand gemaak en    die tert staan al heel fokken nag in die fokken yskas!

 

Ek: Toemaar, hartjie, tannie bel gou iemand en sy sal teen 10u vir jou ietsie by die werk aflewer.

 

Sy: Ai, fok, dankie tog!  Tannie is fokken nice!

 

Sy trek met stofwolke hier weg.

 

Hartman: Daai plaas waar sy werk het haar goed geleer om hoenders te voer.

 

Ek: Nou hoe dan nou?

 

Hartman: Nee, sy fok fok fokfokfok, heeltyd. Klink mos so as mens hoenders nader roep.

 

😀

 

Ek giggel nou nog.

 

Dog ek bring bietjie humor in hierdie smartvolle dag.

Ai, bokkies. Mooi gespeel en veilig terugvlieg, ok?

 

Nog iets:  Dis mos 42 grade hier.

Eergister was nog winter.

 

 

 

 

 

Niksseggende skrywe

Oktober 4, 2011 in Sonder kategorie

Die kursus – NIKS/LEEG

 

Tyd is:

 

 

 

gaan sit vir 8 ure doodstil en sien vir jouself.

 

maal  dit met 3

 

dan praat ons weer

 

ek is so geirriteerd dat selfs my hoendervleis pyn

 

nag en lekker slapies en môre skyn die son weer

 

(high hopes)

 

niks

leeg

hol

ok?

baai