Jy blaai in die argief vir 2011 September.

Die een verstaan ek glad nie

September 29, 2011 in Sonder kategorie

Miskien kom die woord “toevallig” hier tot sy regte reg.

Indien nie, kan julle my help om beter te kan sien (my kind) (soos in Rooikappie)

 

Elkgeval, so werk my groot seun mos vir sy pa in die lektriek besigheid.

Hy gaan na ‘n nabyerige dorp om ‘n geaser te vervang.

Die geaser is in die dak, dis donker en die headlights help darem.

 

Klaar gewerk, word daar opgeruim en als wat optelbaar is, word opgetel.

Sommer papiere ens wat op die plavon lê word afgedra en op die bakkie gegooi.

 

Tuis gekom word die bakkie afgelaai.

Ons kontrei se plaaslike korant “Ons Kontrei”   (:D)

is onder andere deel van die rommel.

 

By nadere ondersoek, en deurblaai deur die koerantjie van 14 Julie 1995 is daar op bl 4 ‘n foto van my dogter, ook liefste Ezratjie se ma.  Die opskrif lui:

 

LEERLINGE LEEF CHRISTENSKAP PRAKTIES UIT

 

En, wait for the drum roll – op bl 5 is ‘n artikel met die opskrif:

 

EK LIEF DIE LEWE

 

Waarin die uwe, ekself, ou Lou, se naam en van duidelik gedruk is.  Destyds het ons in die, toe nog nie hopland, gedurende vakansies die kids van die buurt in die kerksaal laat konsert hou. Die koerant sê nogals dat ek self die stuk geskryf het. Dis darem moontlik, want stukke skryf het ek baie – maar die een onthou ek glad nie.

 

Hoe weird is dit?

Een of ander boodskap?

Of net toevallig?

 

Dit het my laat terugdink aan nog so ‘n geval.

In 1974 het ek die dowe kinders wat van Natal af kom, met die trein soontoe geshaperone.

(Ek het mos daar in Worcester vir hulle skoolgehou)

My ma’le het met die kar soontoe gery en ons 3 het in ‘n hotel op die beachfront vir ‘n week gebly.

Een aand het ons jong klomp op die strand gaan stap.  Sommer kinders wat ek daar ontmoet het.

In die maanlig tel ek ‘n flenter papier op.

 

In die lig bekyk ek die papier.

‘n Flentertjie van ‘n koerant se doodsberigte.

My oom se doodsberig was op daardie flenter!

Dis baie lank gelede, maar so helder soos daglig onthou ek dit.

 

Hoe weird is dit?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gee my asseblief iets om oor te huil

September 28, 2011 in Sonder kategorie

Vanoggend, voor skool in die personeelkamer sê ‘n kollega:

 

Hy was vir jare in die rooi

 

Hy het vir jare gehuil oor hy in die rooi was

Twee kinders op universiteit gehad (tot nou toe)

 

 

Hy het sy verjaarsdagbonus gekry

 

Nou is hy nie meer in die rooi nie, vir ‘n wyle

 

Dit voel vreemd

 

Gee my asb iets om oor te huil…

 

Ek het ook niks om oor te huil nie

Net mos my ma, maar dis anders

Baie anders, want dit voel nie werklik nie.

Hier in die werklike lewe het ek niks om oor te huil nie.

 

 

 

 

 

Straattonele

September 24, 2011 in Sonder kategorie

 

 

Dit was ons tema vir ons skool se eisteddfod hierdie jaar.

Ons het soveel inskrywings gehad, sommer uit ander provinsies ook.

Hier is van die kindertjies se werk.

Die een hierbo het dubbelgoud gekry – Gr 3 dogtertjie

Gr 1 inskrywing. Lyk soos uit die Bybelse tyd.

Ook dubbel goud.

‘n Dogter van Calvinia het hierdie een geskilder…Gr 6 as ek reg onthou.

Die beste een op die uitstalling.

Olieverf op hardbord.  Sy neem al jare lank deel aan hierdie afdeling en elke keer kyk ek uit vir haar werk.

 

Baie liefde en groetnis vir almal wat goor gebraai is.

๐Ÿ˜€

 

 

TYD ?

September 21, 2011 in Sonder kategorie

Vandag lees ek

dat

as

iemand

vandag gebruik om oor gister te moan

 

sal

daai

een

môre gebruik om oor vandag te moan

 

Ek plaas die een net om van die vorige een ontslae te raak

Sien jy?

 

 

Sewende Traan

September 19, 2011 in Sonder kategorie

Dis Neville van Sewende Laan by ons gesin. .  .

As hulle sien ek plaas die foto, sal hulle sekerlik bitterlik biffie wees!

lol  Ek sal die punshes vat as dit kom. Gelukkig stel nie een van hulle belang in my blogging nie

 

Saterdagmiddag laat, oppad terug van Ouma se b/day op Worcester, maak ons ‘n pstop op Porterville.

 

Sit nog so lekker en laatmiddag koffie drink toe kom Neville en sy span daar aan.

Daar was geen ander mense nie.

Ek voel toe later sleggerig oorlat niemand na hom toe hardloop vir ‘n handtekening nie.

Sê toe vir die gesin ek gaan vir ‘n foto vra van hom en Ezratjie.

Gesin praat teë.  Ek gaan alweer hulle name gatte maak.

Ek sê toe ok, gaan sit solank in die kar, ek en Ezra kom nou net.

Spaar julle die verleentheid.

 

Toe ek vir Neville nader vir die foto, staan hy op en sê hy sal sommer by ons gesin kom aansluit vir ‘n foto. Net voordat die res kon ontsnap. ๐Ÿ˜€

 

Toe ons by die huis kom en die foto’s aflaai, sien ons sy T-shirt.

“The Fatherhood Foundation”

Google dit en sien dat hy rerig ‘n goeie outjie is.

Alle sukses vir hom en sy Fatherhood.

 

Pst: Ek kyk nie 7de Laan nie.

Moet net nie dat Neville dit uitvind nie.

 

OK?

 

Gebakte hare!

September 18, 2011 in Sonder kategorie

Vrydag kom staan ‘n dogtertjie by my tafel.

 

Sy:  Juffrou, Baidon sê ek het gebakte hare

 

Ek:  (Praat sommer hard dat Baidon ook moet hoor)

      Vra vir Baidon of hy weet hoe stink hare wat brand. 

      Natuurlik het jy nie gebakte hare nie!

 

Baidon:  Juffrou, Juffrou weet ook niks!

             Dit beteken nie regtig dat haar hare gebak is – soos in ‘n oond nie!

 

Ek:  Ok, nou wat beteken dit dan?

       Ek het nog nooit daarvan gehoor nie!

 

Baidon:  Dis soos sy is, Juffrou.

             Sy kan nie ‘n grap vat en ruk haar op oor alles.

             As ‘n mens soos sy is, dan het jy gebakte hare.

 

Ek vra toe na skool vir die kleurling onnie of sy weet wat gebakte hare is.

Dalk is dit een of ander Namakwalandse sêding.

Sy sê sy het nog nooit daarvan gehoor nie.

‘n Ander kollega wat die gesprek hoor, sien toe die lig.

 

Hardgebak of harregat…..nie harregebak nie!

 

Baidon het die klok iewers hoor lui….

 

 

๐Ÿ˜€

 

Los gedagtes.

September 10, 2011 in Sonder kategorie

Dis mos lente en alles is groen.

Die uitsig is van ons hoewetjie af.

Die Olifantsrivier is nou laag en kan nie gesien word nie.

Is mooi groen, né!

Oor so ‘n maand of wat sal alles net stof wees – die onkruid sterf dan pynlik en stadig.

Die “Poorman’s lavender” op die hoek by die driveway lyk mooi, maar stink

verskriklik!  As ek naby dit asemhaal is my stem weg vir ‘n wyle.

Die Kafferbome is nou amper twee jaar gelede om die hoewe geplant en is vol in blom!

Abrham het hoeka nou die dag oor die Kafferboom geblog, toe dog ek…..

Ek en my dogter en haar kind het vandag by die Keldery gaan koffie drink.

Daar was ‘n springkasteel en liefste, dierbaarste, blinkoog klein Ezratjie het

hom gate uit geniet.

Moenie dat die sweet gesigge julle mislei nie.

Hy kan al moerstrip soos sy oupa.

๐Ÿ˜€

Ek het so twee blogs gelede geskryf oor die Taal Bonanza in die Wes-Kaap.

Die wenner van die Joernale (wat ek nogals beoordeel het) gaan môre oggend

op RSG om half tien in “Die Tale wat ons Praat” uit haar joernaal voorlees.

As die rugby julle nie te besig gaan hou nie, luister gerus!

Duimvas vir vir die Bokke!

Pst: My ma verjaar volgende Saterdag

Dan word sy 89.

Ek gaan om haar geluk te wens.

En as ek vlg maand 60 strike

gaan ek weer sodat sy kan sien

hoe lyk haar oudste dogter op 60.

๐Ÿ˜€

Ai!

Hy het nie persoonlikheid of karakter nie..

September 8, 2011 in Sonder kategorie

Vanmiddag chat ek so lekker met ‘n ou vriend.

 

Ek vra uit na die welstand van sy kinders.

 

Hy sê sy seun is ok. 

Getroud, het ‘n werk en ‘n kar ens.

 

Die dogter, egter:

 

Sy het ‘n kêrel.

 

Maar

 

Hy het nie persoonlikheid nie (Hy wys met sy hande soos mens kar bestuur)

 

en

 

Hy het nie karakter nie  (Hy vryf sy duim en middelvinger)

 

Dog ek lag my stukkend.

 

Alle pa’s met mooi jong dogters moet seker maak dat die aanstaande wel ‘n motor en geld het!

 

Menslike ontlasting

September 3, 2011 in Sonder kategorie

Ugh!

 

Het sopas by Middelpuntkring (Jacques) gelees oor menslike ontlasting en toe onthou ek.

 

Dit het gebeur oppad Paarl toe in die Junie vakansie.

(Die week se Lit/Num kursus wat ons onnies gedwing was om by te woon.)

 

Anyway, so ry my hoof en ‘n mede manlike kollega met my op die agtersitplek oor die berg.

By Clanwilliam se dam word daar gestop om te sien hoe vol die dam is en om die nikotien behoeftes van die rokers te bevredig.

 

Met die wegtrek maak ek my gemaklik. Dis Sondagmiddag en ‘n uiltjieknip is net die ding.

Trek my voete so effe op (splinternuwe skoene, mind you!)

‘n Vreeeeking vieslike, aaklikge reuk!

Ek wonder wtf?

Die kollega kyk skuins terug en wonder wie die wind gelos het.

Ek dog toe dis dalk hy….sy vrou het seker koolbredie voorgesit.

 

Toe kyk ek af. My hele nuwe skoen aan die regtervoet is besmet met bollie!

 

Skaamte sak oor my.

Ek sê asb meneer, as jy net iewers kan aftrek……..

 

Gelukkig het ek ‘n ‘n rol papierhandoek in my groot handsak.

En gelukkig is die hoof se bagasie so gepak dat sy houer met liquid seep beskikbaar is.

Hy trek toe af.  Die karre skiet verby. 

Juffrou staan met nuwe skoen in die watervoortjie langs die pad om die ergste eers af te spoel.

Ek ken hondebollie.

Dit was NIE hondebollie nie!

 

 

 

 

Taal Bonanza

September 2, 2011 in Sonder kategorie

Jis, ek was lanklaas hier.

Bietjie baie besig gewees.

 

Kom sopas terug van ‘n Taal Bonanza gedoente in Citrusdal.

Geen pret of enigsins enige plesier om op ‘n Vrydagmiddag die aaklige paadjie oor berg en dal aan te durf nie.  Ek sweer, elke ou wat ‘n lorrie of ‘n kar het was op die pad. Waantoe almal jaag weet die vet alleen!

 

Ek het die distrik se Joernale beoordeel.  Dis nou 5 kringe met sowat 35 skole in elke kring se eerste 3 plekke per graad van graad vier tot graad sewe, m.a.w. 60 kinders se Joernale. ‘n Joernaal is soortvan ‘n dagboek. 

 

Die Taal Bonanza is in die Wes-Kaap ingestel om geletterdheid te bevorder. Daar is vier afdelings: Lees, Spel, Skryf en Joernaal.

 

Die wenners moes hulle stukke voorlees. Die inhoud van die joernale het my dae besig gehou. Die smart en vreugdes het my geraak.  Sommige plakkerskinders se spontane skrywes het my skaam gelaat.  Hulle skryf oor die hoogtepunte van hulle lewens.

 

Soos, bv. ” Ek het agter in ‘n bakkie gery en die antie het vir ons sweets gegee oorlat ons so soet was” 

 

of:  “Dit was alweer allpay en ons kon nie slaap nie, want oupa het vir ouma gebliksem en ons moes die bloed opvee en vir ouma lawe” 

 

Anyway, ek is veilig tuis en het baie ander goed om oor te worry….