Jy blaai in die argief vir 2011 Augustus.

Was weer die naweek daar…

Augustus 21, 2011 in Sonder kategorie

by my ma

wens ek kon vloek

en skree

en my hare uittrek

en ‘n sak oor my kop gooi

en op die ashoop sit en tjank.

 

maar ek kan nie.. .

 

Skuim loop by haar mond uit.

Sy wys met haar hande om nie nader te kom nie.

Moenie aan haar raak nie.

Kerm geluide vanuit die diepste binneste

en dan eweskielik met ‘n helder stem vra sy hoe dit gaan

se sy sy is trots op my

sy begeer die dood

ek ook vir haar.

 

 

Ou Kitta

Augustus 17, 2011 in Sonder kategorie

is een van daai lastige bedelaars voor die keffie.

 

Deur die jare het ek en ou Kitta ‘n soortvan verhouding opgebou.

 

Hy is vuil en verwaarloos.  Twee skerp lang tande links onder, stukkies baard hier en daar, sommige nog swart.

 

Anyway, dis nie hoe hy van buite lyk wat my so fassineer nie.

Dis wat hy sê en sy begaafde woordeskat wat my verstom.

 

Hy het bv. noudiedag vir my gevra of ek geweet het dat daar nege lande in die wêreld is wat met ‘n I begin.  Hy rammel toe die nege lande in perfekte Amerikaanse Engels af…Ireland, Iceland, ens.  (Ek weet nie of dit waar is nie, het nie opgecheck nie)

 

Gister strompel hy agter my aan kar se kant toe, toe ek uit die keffie uitkom.

 

Hy vra toe vir my of ek saamstem dat enige vraag ‘n “ja” of ‘n “nee” regverdig.

Hy meen as iemand ‘n “ja” verwag, hoekom dan die vraag vra.

‘n Vraag is net ‘n vraag as jy ook “nee” kan sê.

Later kom dit uit dat hy saam met die polisie kaptein ‘n lift gekry het.

Dat die kaptein hom gevra het of hy sou belangstel om Klawer se burgermeester te wees.

(Klawer het nie ‘n burgemeester nie) 😀

Sy antwoord was “nee” sê hy.  Hy weet darem nie. Die kaptein was blykbaar diep die vieste in oor die “nee”.

Kitta sê toe vir hom: “Hoekom vra kaptein die vraag as jy ‘n “ja” verwag?

 

Ek wonder hoe Kitta sou lyk in ‘n spierwit hemp, swart pak en goue ketting om die nek.

; )

 

 

 

 

 

 

Ezra, die nuutste latest..

Augustus 14, 2011 in Sonder kategorie

As daar mense verby hulle werf loop

 

dan hol hy draad toe

 

en

 

blaf

 

vir hulle!

 

(Dis sekerlik oor die honde se voorbeeld.)

 

Ek belowe hy eet nie WOOF hondekos nie!

😀

 

Ok, die eisteddfod is oor en verby.

Vrydagaand/nag lê ek in die bad met die migrain

Saterdagmiddag om 3u kry ek die ou lyf uit die bed.

En ek hou nie van bed nie!

 

Anyway, ek is nou weer up and about.

Dit was weereens amazing…2000 kinders wat perform en dans en sing en fluite blaas en klawers klop.

More is dit weer back to normal en inhaal en uithaal en wys!

 

Hoop julle week gaan net so stunning wees soos myne.

Ezra kan al…

Augustus 9, 2011 in Sonder kategorie

lees!

 

 

Ek weet julle sal dit nie glo nie.

Ek meen ek twyfel self,

maar as hy die blik hondekos sien,

dan wys hy met sy vinger en sê:

 

“WOOF”

 

 

 

 

Die rooi en oranje outfit was sy eie smaak,

of sy ma wou hom aantrek toe kom sy net sover soos by die onderste deel of die boonste een.

Die Koor-beoordelaar…

Augustus 6, 2011 in Sonder kategorie

was die (DIE) bekende Winand Grundling.

 

(Daar is ‘n artikel oor hom in die Vrouekeur van 29 Julie p 51)

 

Net ietsie oor hom:

 

Hy was 17 toe hy as een van die 20 beste orreliste in die wêreld beskou is.

 

Hy het, toe die kore klaar was, vir ons ‘n uitvoering op die orrel in die kerk gelewer.

Hy sit met sy hande op sy skoot en speel ellelange stukke net met sy voete.

Die mannetjie mag maar!

 

I’m impressed.

 

Hy’s maar 23!

 

Daar is hoop vir ons jeug.

 

 

 

 

Dit was toe….

Augustus 2, 2011 in Sonder kategorie

GOUD

 

Dankie.

 

(Buig nederig)

 

 

😀