Ogiesdraad
Julie 31, 2011 in Sonder kategorie
Ek lees sopas by Voz dat die lewe deur blokkies gesien word.
Net daar onthou ek van my ogiesdraad twee weke wat voorlê, en ek gaan julle nou met die besonderhede verveel, ok?
Dis alweer ons skool se jaarlikse eisteddfod, Klawer Kunste VIII.
Die hele vakansie getik aan sowat 2000 inskrywings.
88 Dansgroepe in verskillende katagorieë
Visuele Kuns word Woensdag beoordeel en daarna uitgestal – sowat 300…nie seker nie, want een skool se kunswerke word môre verwag.
Woesdag die 10de begin met die danse
Donderdag heeldag dans die spul.
Vrydag is dit Voordragte, Poetry, Tweesprake, Monoloë, Prosas, Klavier, blokfluit, Viool, Sang ens. Ek doen al die admin en glo my, dis ‘n nagmerrie. Nadat alles ingevoer is en elke deelnemer sy brief met tyd en lokaal ontvang het, kom die veranderings en onttrekkings.
Daai nagmerrie het horings!
Oormôre kom al die kore bymekaar en sing sing sing.
Onder andere ook my en Juf E se koor. Ek dirigeer (lol)
Dis vir hulle wat ek op You Tube gaan sit. ( ook net as hulle goud kry)
Het al Vrydag ‘n oefenlopie gehad en die klank is baie goed.
Dis dit.
Hoop julle week is mooi groot blokkies sodat die uitsig aangenaam en ongesteurd sal wees.
Gaan my ogiesdraad oor twee weke vervang…
Mooi loop!
Onlangse kommentare