Lovely blog awards
Junie 29, 2011 in Sonder kategorie
Dankie aan diedie, Gousblom en Jeanne.
Dis nou nice van julle!
Sewe dinge oor myself wat julle nie van weet nie:
1 Ek het ‘n baie skerp gewete. Dit pla my gedurig. Ek voel altyd skuldig en wens dat ek ‘n beter mens kon wees. Nie net in wat ek sê nie, maar om tot die daad oor te gaan is vir my moeilik. Met ander woorde, ek praat te veel en doen te min.
2. Ek hou van ander mense se katte, maar het nog nooit een gehad nie. Wil nie diere aanhou nie, want ek worry te veel oor hulle. Nog elke woef op die werf is op my afgedwing..en ek sit met die gebakte pere..kos gee, bad, knip, veearts. Dis nie flippen fair nie!
3. Ek verwaarloos my vriendinne. Dis alles Ezra se skuld!
4. Ek wil BAIE graag ‘n klub stig waar mense vir mekaar gedigte voorlees. Niemand hierrond stel belang nie. Die enigste keer wat ek dit doen, is wanneer ons ver ry en Hartman bestuur. Dan lees ek julle gedigte wat ek van julle blogs copy en print en my boek plak. Dan kan Hartman nie anders as om te luister nie. Ek vermoed dat dit hom erg irriteer, maar so what!
5. Daar is iets wat ek baie graag doen, maar ek doen dit skelm, so ek kan nie vir julle daarvan vertel nie. 😀 Net my vertrouelinge weet daarvan.
6. Ek hou vir kleintjies skool en dit weet julle mos al lankal. Ek bieg nou: Ek hou nie baie van kinders nie…nie as dit pouse is en hulle skree en gil en skaats op die stoepe nie. Ek is baie lief vir hulle as hulle een of twee bymekaar is. Regtig!
7. Ek gaan na die Klawer Kunste VIII (Eisteddfod) my klas se spreekkoortjie op youtube sit en dan kan julle dit daar sien…ok, sommer die koor ook. Hulle is vrek cute.
Ek nomineer:
1 Verskriklik
2 Lewies
3 Flenters
4 Thomas
5 Pruimtwak en Kerneelsie en Monica en en en
Ek dink die Lovely Blog Awards moet nou hier ophou. Almal wat nou benoem word, is reeds benoem. Ek is eintlik mal oor julle almal!
Onlangse kommentare