Jy blaai in die argief vir 2011 Mei.

Nog ‘n gesprek

Mei 28, 2011 in Sonder kategorie

Herklaas: Daai meneer se seuntjie is vrek slim en hy is nog so klein.

Gert:  Daais nog niks!  Jy moet vir Ezra sien. Hy praat al vol sinne.

Ezra se ma: (Sy was toevallig binne hoorafstand)   Haai, Gert. Jy kan mos nie so lieg nie!

Gert: Is waar, mevrou.  Hy praat vol sinne in bodylanguage.

Maandag: Klasbesoek deur Fase Inspektriese.

Maak haar oë toe vir foute en laat sy net die goeie sien.

Asseblief

Dankie

Wie lieg vir wie?

Mei 23, 2011 in Sonder kategorie

Einde van gesprek tussen ouer en juffrou:

 

 

 

Sy:  …enige ander probleempies waarmee ek ken help?

 

Ek:  Ja, daar is nog iets.

 

Sy:  Ek hoop tog nie dat dit ernstig is nie.

 

Ek:  Redelik ernstig.  Jannie doen nie sy huiswerk nie.

 

Sy:  Dis nie waar nie, Juffrou.  Ek sien toe dat Jannie altyd sy huiswerk doen.

 

Ek:  Het jy al ooit agtergekom dat Jannie soms nie die waarheid praat nie?

 

Sy:  Nooit!   Jannie sal nooit lieg nie!

 

Ek:  Ek het ook so gedink. Jannie is altyd baie eerlik.

      

      Jannie sê self dat hy nie sy huiswerk gereeld doen  nie.

 

      So, of hy lieg of jy lieg…

 

 

 

 

 

 

 

 

No laughing matter – so please!

Mei 21, 2011 in Sonder kategorie

Dis my kop dié!

 

Tussen die kroon en die voorhoof.

 

Ek was amper weg.

 

Dit het so gebeur:

 

Agter ons netbalbaan is ‘n lang ry baie ou bloekombome.

Dit was my beurt vir tydhou en doele aanteken.

Gaan sit ek ewe gerus op ‘n dik wortel in die skaduwee.

Skielik val ‘n dogtertjie.

Die aarde dreun.

Dog dis nou die einde, die laaste minuut is hier.

Ek skrik so groot, spring op, reg in ‘n afgebreekte stuk tak.

 

Die pyn!

Ek vat liggies aan die pyn.

Bosse hare in my hand…ok, die wegraping het gefail, dog ek eers.

 

Later het ek weer die boom se tak besoek.

Bosse hare sit daarin vas.

 

Later sit ‘n dogtertjie en haar ma agter my en gesels.

Sy sê sy’s mal oor netbal.

 

“Mamma, is daar netbal in die hemel?”

 

Ek hoop nie so nie!

Wragtag.

Nee

NEE

NEE DANKIE!

 

 

 

 

Ek bou puzzles

Mei 20, 2011 in Sonder kategorie

Dankie, maar nee dankie.

 

Los my net bietjie alleen dat ek my laaste dag op aarde my legkaart kan klaarbou.

 

En ek moet nog BAIE nasienwerk doen, 

 

dink ek moet dit los vir Sondagaand.   😀

 

En op die laaste dag ooit, moet ek ref vir 20 spanne.

Die indeling het mooi uitgewerk – 15 wedstryde.

 

Dalkies is ek klaar geref voor 6u, dan kan ek en dierbare, liefste klein Ezra gou

aan-aan speel op die gras….daai outjie moet net vinnig hol!

 

En dan nog betyds wees vir Jan Twak se pardy…

Tsk, die lewe is haastig.

Lekker naweek aan al my maters.

 

 

Kindermoord / kindermoordenaars

Mei 15, 2011 in Sonder kategorie

My hart is stukkend.

 

‘n Drie-jarige dogtertjie is wreed verkrag en vermoor.

 

Deur twee seuntjies onder 10 jaar. (Weet nie hoe hulle dit regkry nie, is te oud om dit te verstaan)

 

Die van julle wat netnou SABC 2 gekyk het, sal weet waarvan ek praat.

 

Die kinders tik nie, dis te duur.

 

Hulle snuif nou petrol.

 

Dan sien hulle snaakse mannetjies en goeters.

 

Mens kan nie jou voertuig met petrol in los nie.

 

Dan snuif hulle dit leeg.

 

Hulle gebruik die pypies wat vir besproeiing in tuine gebruik word.

 

Hulle loop in die strate en kyk wat en waar hulle pypies en petrol kan kry.

 

Dan slaan hulle toe.

 

Fokkietog!

 

 

My Moedersdag

Mei 8, 2011 in Sonder kategorie

Hartman het my vanoggend styf vasgehou.

Hy sê toe dankie dat ek so mooi na hom en ons kinders kyk.

Dat ek soveel vir ons kleinkind omgee.

En dat hy so lief is vir my.

Dat hy nie presente gekoop het nie, want hy weet ek wil nie hê nie, maar dat hy vir ons gaan uitneem vir ete.

Dit pas my, dankie!

 

Die ete was great.  Bees, vark, hoender.  Soet patats, pampoen, boontjies, gebraaide aartappels en rys.  Drie soorte slaaie.  Twee gebakte poedings, jelly en roomys en vla. Heerlike, yskoue spierwit en stofpiepie droë witwyn.

 

Terwyl ons so indulge het my kop anderplek gedink:

Aan alle vrouens wat so graag kinders wou hê, maar dit was nie vir hulle beskore nie.

Aan alle ma’s wat kinders verloor het.

Aan alle ongehude ma’s wat kinders moes weggee.

Aan alle ma’s wat nie vir hulle kinders sorg nie…wat hul kinders verskree en verskel (nuwe woord)

Alle geskeide ma’s wat alleen die taak van kinders grootmaak moet doen.

Aan alle ma’s wat eensaam en alleen die dag moes deurmaak oorlat hulle kinders net  nie meer omgee nie.

Almal wat honger en dors is, koud en siek en arm.

 

Dankbaarheid (met ‘n skuldige gewete) het oor my gekom.

 

 

 

 

 

 

‘n Lekker rooi appel

Mei 4, 2011 in Sonder kategorie

Gister hou sy ‘n groot, rooi appel na my toe uit.

 

Ek: Is dit vir my? 

 

Sy: Ja, Juffrou.

 

Ek: Dankie, dit lyk so lekker, ek is sommer lus om nou ‘n hap te vat. Pouse is nog ver.

 

Sy: Gee my R3.

 

Ek: Ek het nie R3 by my nie.

 

Sy: Dan eet ek dit sommer self.

 

Ek: Is reg so – geniet!

 

Niks vir niks en ‘n bietjie vir ‘n tiekie.

 

Wink

 

 

 

Professor aan die leer

Mei 2, 2011 in Sonder kategorie

“Ek weet!  Ek weet!”

Ouma het hom dadelik terreggewys:

Mens skree nie uit nie!  Gee die ander ‘n kans om ook te dink.

Ag mense, Ouma het nie woorde nie.

Hy’t gehelp om die bank uit die stoor in die huis in te dra en van toe af het hy dit beklim en beklouter.

Dink julle ook ek moet hom sommer môre saamneem skool toe – hy lyk so gereed.

; )

Lekker week mense, en onthou om die gewete skoon te hou.

😀