Lospraatjies

April 30, 2011 in Sonder kategorie

Hene, maar ek was lank laas hier op my eie blog.

Besig gewees met Wiskunde-beplanning vir die kwartaal….is effe agter gewees, maar als is nou op datum.  Soggens, hier van 4uur af, dan doen ek die dinge.

 

Was die maand 3 keer Worcester toe. My ma….ai tog, dit gaan maar effe goed en effe sleg daar.

As ek haar saans bel en vra hoe dit gaan, dan sê sy: “Not so good” of “not so bad.”  Ek hou van die “not so bad” een. 

 

Ezra se bank is klaar. Ek en Hartman het die hele besigheid vanoggend aanmekaar gesit. Nuwe Skarnier en skroewe….dit lyk tog te grand. Nou nog net ‘n boodskap van Ouma onder iewers graveer. Hy moet darem eendag weet waar dit vandaan kom en wanneer en so aan.

 

Gister se tv troue het my vasgenael gehou.  Daai gippies met die belaglike hoede het my laat dink dat hulle aspris en moedswilliglik so belaglik is. Watter punt wou hulle maak? Fergie se jongste, Eugenie, se hoed vat die koek!  Daai strikbesigheid wat hoër was as wat haar kop lank is…yo!

 

Die hele dag se rugby het my opgemaak.   Daai engelse kommentator se nasale klanke weerklink nou nog in my ore. As hulle net af en toe iemand anders se stem kan gebruik…maar nou ja, dis net ek wat so dink…miskien moet ek my kantoor na ‘n ander vertrek skuif in die rugby-seisoen. 

 

Hulle sê dat dit môre 35 grade hier gaan wees.

Net toe ek die nuwe wintersklere weer uitgepak het…tsk…

 

Geniet die res van die naweek en onthou tog om toe oë te slaap en hande bo die kombers, ok?

😀

 

 

 

30 antwoorde op Lospraatjies

  1. Berwick het gesĂȘ op April 30, 2011

    Mooi Sondag.
    Het jy die koedoe-horings op Camilla se hoed gesien?

  2. loudavisi het gesĂȘ op April 30, 2011

    Hahaha! Ja, maar het nie aan koedoe-horings gedink nie.
    😀

  3. boersevrou het gesĂȘ op April 30, 2011

    Jy klink na ‘n oggend-fluks-mens, nee 4vm is nog slapenstyd! Die winter het my heeltemal te gou oorval. Ek wil in ‘n bondeltjie oprol en hiberneer tot dit weer warm word.
    Sterkte met jou ma – my pa is 80, het maagkanker, maar hy sĂȘ elke dag, “dit gaan goed, geen klagtes nie” Wat ‘n voorbeeld vir my!

  4. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Dis nog nagdonker hier en ek sit met somersklere aan..smag na die koelte van die winter. My ma is 89 met kolonkanker. Not nice at all.
    Dankie vir die besoek.

  5. Geitjie1 het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    More Lou, ek’s bly hier’s nog ‘n lawwe oggendmens so vroeg aan die gang. Ek operate ook op my beste van so 04H00 soggens en kry dan baie gedoen.
    Mens, wa’s jy waar dit so helwarm is (Noord Kaap dalk), ek’s in heerlike koel Mpumalanga en beny jou glad nie.

    Sterkte met jou ma, dis baie swaar vir kinders. En ‘n heerlike Sondag vir jou en jou mense. Groete

  6. Doubtingthomas het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Vroegoggend is die beste tyd vir my ook, dan kan mens ongestoord werk sonder onderbreking.
    En ‘n Kameel op die stoepie smaak net soveel lekkerder!
    🙂

  7. TS het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Nadat ek afgetree het, het ek eers baie vroueg opgestaan en nou het dit geskuif na die stemmige tyd na my dorp se temperatuur op- RSG daarvan volg ek jou spoor op die blogs – so ek kuier eintlik elke oggend met jou saam Lekker naweek verder

  8. TS het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Sterkte met Ouma… dit moet swaar wees

  9. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Namakwaland, Geitjie. Amper Noord-Kaap. Kyk maar op die weervoorspelling, daar waar dit altyd die warmste is, dis NET daar waar ons woon…lekker stil en rustig.

  10. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Ons gaan hopeloos te vroeg bed toe saans, die dat ons soggens so up and about is!
    😀

  11. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Dalkies verander ons roetine ook as die aftrede eers daar is, Tina.
    Dankie vir die vroe more kuiertjies.
    : )

  12. louisna het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Mooi naweek Lou

  13. Blikskottel het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Camilla se hoed het soos ‘n spaceship gelyk…miskien is dit waar die amptelike gaste van Mars gesit het?

  14. skermunkel het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Dag Lou.
    Ek is ook ‘n oggend mens.
    Ek kan baie geniet van die stilte of als dit lig word geniet van die vogels die fluit.
    Ek doen ook altyd die skoonmaak vroe in die more. Gedoen is gedoen. Geniet nog die sondag.

  15. rosiemetdorings het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Ek werk eerder deur tot 4uur toe, maar opstaan en iets doen??? Aikona, nie vir my nie

  16. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Vir jou ook, Ouboet

  17. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    O was dit hulle?
    😀

  18. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Gedoen is mos gedoen – as alles klaar is wat gedoen moet word, dan kan jy kies wat jy graag wil doen.

    Groetnis, Fernand.

  19. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    As my oe oopgaan, kan ek nie nog le nie, Rosie…dalk verander dit as ek aftree.

  20. Antoinette2008 het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Kan nie glo dis so warm by julle nie, hier is dit koud & trietsig – bed, boek & rooiwyn – weer 🙂

  21. Maankind2 het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Hier is ook vandag hoogsomer. Die dag wat my kuiermense wegry.

  22. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Geniet die knusheid van die winter!

  23. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Ons verlangse fam van Oz is ook vandag terug nadat hulle laasweek in die reen op Hermanus gekuier het.

  24. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Dis wonderlik as mens se kinders getalbegrip het – ek glo dis een van die vele talente. My dogter het self 92% vir Wisk in matriek gekry – ek het nie eers wisk geneem nie….seker ook maar die pa se skuld 😀

  25. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Jissie, ek mis jou, gousblom!
    Gaan julle weer die jaar hier kom draai?

    Ons sit onder die fans, net nie te warm vir die aircontjies nie….

  26. loudavisi het gesĂȘ op Mei 1, 2011

    Dankie, wynvlieg…ek weet nie so mooi oor die beter word nie – die lewe loop mos maar sulke draaie met mens.
    xx

  27. pasella het gesĂȘ op Mei 2, 2011

    Groetnis Lou!

  28. Adage het gesĂȘ op Mei 2, 2011

    Wou al lankal gevra het hoe gaan dit met jou ma.
    Hoop daar is meer not so bad days.

    Ek het in die telegraph van die modes gesien, sjoe iemand moes hulle betaal het om te sĂȘ die koningshuis se lede het goed gelyk, .Behalwe vir die absolute verspotte hoed sonder smaak het prinses Ann die mees belaglike outfit aangehad.
    Ek wil nie eens daarmee begrawe word nie en dit lyk my deesdae dra ky jou hoed op jou voorkop
    🙁

  29. loudavisi het gesĂȘ op Mei 2, 2011

    Groetnis vir jou ook, Lewies.

  30. loudavisi het gesĂȘ op Mei 2, 2011

    Ja nee, Adage! Ek kon my oe nie glo nie…sulke posh mense en totaal smakeloos.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.