Hoed af vir moeders

April 20, 2011 in Sonder kategorie

Dis die tweede keer dat kleine Ezra by ouma en oupa oornag.

 

Sy ma-hulle het ‘n werksfunksie.  High brass vanie Kaap is hier rond.

 

Ouma sê toe, ek het baie BAIE skoolwerk, maar dis ok.

Ezra kom altyd eerste.

 

Sy ma sê dis maklik. Kwart oor 7 moet ek hom kamer toe neem, die radio aansit en gaan lê met die bottie. 

 

NOTENDAM!

 

Jeeeeez, die kind kan skrou en skrou en skrou.

 

Ouma het geduld en vertel oor en oor van hoe donker dit is.

Almal slaap. Noem elke lewene hond se naam en die bure – almal wat hy ken – en sê almal is moeg, almal slaap. Na elke tweede woord forseer ek ‘n gaap.

(Gaap is mos aansteeklik)

 

Half nege toe surprise die mannetjie my.

Weg is die outjie, so in ouma se arms.

 

Ek het vergeet hoe dit is. Hoe ek stories vertel het totdat ek met Rooikappie en Gouelokkies deurmekaar geraak het.

Aan alle ma’s met sulke kleintjies:

Ek haal my hoed vir julle af.

As ek skoene gedra het, sou ek dit uitgetrek het.

 

Vir respekte.

 

44 antwoorde op Hoed af vir moeders

  1. loudavisi het gesê op April 20, 2011

    Flenters, die mannetjie moet meer gereeld kom oorslaap. Dis ‘n affere, ek se jou!
    Dankie vir die groetnis

  2. wesnwew het gesê op April 20, 2011

    mmm… Ons het sopas ook ‘n huil sessie deurgewerk… 45 minute lank.
    Ai!

  3. Maankind2 het gesê op April 20, 2011

    Lou, hoe ek myne grootgekry het weet ek nie.

  4. Adage het gesê op April 20, 2011

    En dan is hulle groot en jy wens…

  5. Geitjie1 het gesê op April 21, 2011

    Kleintjies is HARDE werk, maar jy kry tien uit tien Lou!

    Ouma-wees klink lekker, weet net nie so mooi waar al die geduld vandaan sal kom in my geval nie.

  6. Kleintjies grootmaak is nie vir sissies nie.
    🙂

  7. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    My sessie was effe langer. Die lekkerste vir my is die armpies om my nek as hy so huil..

  8. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    Ouma is nou rustig en cool (koel) soos in het ‘n jersie aan.
    😀

  9. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    Mens is mos geneig om die goeie te onthou. Ezratjie laat my baie terugdink. Ek roep hom gereeld (per ongeluk) op my eie seun se naam…seker die ouderdom.

  10. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    Ons mag nie lekkers gee nie, Vliegie. Die ma is baie streng. ; )

  11. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    As hy vol sinne kan praat, dan moet hy ophou met grootword! Ek is mal oor die kleine lyfie..Ai.

  12. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    😀
    Tawwe girl nogals…

  13. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    Mens moet net aan niks anders dink nie, niks anders wil doen nie, dan raak mens ongeduldig. Dis die wonderlikste dingetjie in my lewe!

  14. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    Beslis nie!
    ; )

  15. Ai jai jai. As ek so na my sus se baba (16mde) kyk is ek so bly myne is 14jaar. Dit is harde werk en baie geduld.
    Sterkte

  16. Modigliani het gesê op April 21, 2011

    Dankie Lou 🙂
    Myne is nou amper 2 en 4. Ek het in 4 jaar nog nie een aand (behalwe as hulle nie hier is nie) deurgeslaap nie.
    Babies kry is nie vir sissies nie, maar, selfs wanneer jy voel jy wil mal raak en wanneer dit voel asof dit te veel is, dan kyk mens net na daai engel gesiggie en die lewe kry weer betekenis.
    Dit is harde werk, maar dit is die grootste voorreg ooit.

  17. jjanajj het gesê op April 21, 2011

    haai jirder lou dis so ‘n mooi pos hierdie, ek het skoon ‘n knop in die keel en ek het nie eers ‘n kind nie.

    jy is darem maar special, weet jy.

    xxx

  18. pasella het gesê op April 21, 2011

    Die moedersinstink taan nooit nie.

  19. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    Ag hulle is so oulik as hulle so babataal praat…ek like!

  20. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    Ek is so verlief of die kleintjie…veral as hy aan my rim om opgetel te word. Die engelgesiggie is nes jy se

  21. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    Dankie, liewe Jana.
    😀

  22. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    Ouma-instink hier.
    Moederinstink is iets anders.
    Moederinstink is so ‘n snaakse woord.
    ; )

  23. loudavisi het gesê op April 21, 2011

    Te gou, Rosie!

  24. Trakie het gesê op April 21, 2011

    Jip, hoed af.

  25. My kinders weet ek wil nie oupa word voor ek tenminste 75 is nie…na kinders grootmaak kom eers paar jare se alleen wees met vroulief en ..dan kleinkinders.

  26. Izakdv het gesê op April 23, 2011

    So is dit met die kleingoed. Myne is al 8 en ons sukkel steeds om hom te laat slaap!

  27. Maghitta het gesê op April 23, 2011

    Hallo Lou

    Ons het die naweek saam met die kiddis gekuier en het laasnag kiddies opgepas
    die 2ling is ‘n jaar en 11maande
    klein Katyrn is 4 weke
    maar sjoe …..
    dit het goed gegaan tot die een boeta sy ma begin soek het liewe ouers hy het my uit my gemoed geskree ek wou later saam huil,,,,,
    dankie tog sy ma het huistoe gekom
    klein Katryn kreun ek steen soos ;n kardoes sakkie
    maar ek het dit tog geniet
    hul is dierbaar
    Geseende paasnaweek vir jul

  28. loudavisi het gesê op April 23, 2011

    Ezra is nou ‘n jaar en 6 mde…ek weet hoe hy oor sy ma is!
    Die heerlikste ooit is as hy na sy ouma roep.
    Dankie vir die heerlike kommentaar.
    xx

  29. loudavisi het gesê op April 23, 2011

    As hulle tieners is, kan mens hulle nie wakker kry nie!
    ; )

  30. loudavisi het gesê op April 23, 2011

    En skoene uit!

  31. HeavyHenry het gesê op April 24, 2011

    *grin*

    En die Richard Scarry boeke, en Dr Seuss, en nog sommer ‘n hele spul ander…

  32. loudavisi het gesê op April 26, 2011

    Hulle beurt kom nog, Henry.
    Kan ook nie daarvoor wag nie
    😀

  33. Ja jinne Lou, ek het lanklaas so ‘n ou kleintjie in die bed moes sit. Oumaskap is baie makliker as maskap, ne! Selfs die ou heel kleintjies kan ons weer na ‘n paar ure vir Mamma teruggee.

  34. loudavisi het gesê op April 26, 2011

    So waar, Joanna.
    Ek is saans so verlig as sy ma van die werk af kom. Dis ‘n groot voorreg vir my, en vir hom, dat ek beskikbaar is.

  35. ystervark het gesê op April 28, 2011

    Ja nee, ek dink mens vergeet half hoe dit is as die ou kleintjies nie wil slaap nie en jy ia laaaaaaaaaaankal by gedaan verby! Hi!

  36. brokkies het gesê op April 29, 2011

    Jy’s ‘n lekker ouma!

  37. loudavisi het gesê op April 29, 2011

    As ek net geweet het hoe om die outjie aan die slaap te kry!
    Hy doen dit net as sy ma by is..
    ; )

  38. loudavisi het gesê op April 29, 2011

    Ek hoop ‘n goeie, cool een ook!
    😀

  39. Dit is so!

    My ma het altyd vir my gesê :”eendag sal julle nog ‘n monument vir my wil oprig.” Dis waar. As ek sulke vier woelige kinders soos sy moes grootmaak sou ek laaaaaankal weg gehardloop het. tog jammer ek het dit nie geglo toe ek 16 was nie!

  40. loudavisi het gesê op April 30, 2011

    Sien jy?
    😀
    Ja, dis maar moeilik om ‘n ma te wees…soos Marilyn French in haar boek “Her mother’s daughter” sê: There’s never enough mother.

  41. Weet darem nie of ek dit weer sal kan ma speel vir so ‘n kleintjie nie.

  42. loudavisi het gesê op April 30, 2011

    Is maar moeilik, maar:
    Whatever – ek het hom verskriklik lief.
    😀

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.