Doodstraf vir honde

April 15, 2011 in Sonder kategorie

Ezra se ouers het twee honde. Een is ‘n Airdale en haar naam is Blompot.  Sy was die eerste kind in hulle huis.  Die tweede een was ‘n skaaphond, Nugget.  Sy was op hulle afgedwing, maar ons het steeds ‘n sagte plekkie vir haar gehad.

Nugget het eenkeer ‘n gat onder die heining gegrawe en ‘n buur-plotter se hoenders doodgemaak en vir Blompot genooi vir die ete.

 

Nadat Nugget te veel skape en nog hoenders gemoor het, het ons besluit dat sy nie meer moet lewe nie.  Sy is ‘n moordenaar en klaar. Sy kos teen daai tyd te veel.

 

Nugget is toe laasjaar uitgesit.

 

Intussen het ons ‘n rifrug/steffie met die naam Ben vir Ezra gekry.  Hulle is die grootste maats en verskaf vir ons ure se pret.

 

Laas naweek het Ezra en sy ouers en die twee honde in die veld gaan stap.  Blompot het ‘n boerbok doodgebyt.  Ons reken toe dat sy vir Ezra wou beskerm.

 

Gisteroggend kry ‘n ander plotter aan die agterkant van ons plot vir Blompot en die jonge Ben waar hulle rustig le en skaap vreet.  Blompot was die moordenaar en die keer was Ben die gas.  Die eienaar sê toe dat as ons die honde laat uitsit is dit ok, anders moet ons betaal. Die polisie sou vandag die twee honde kom haal, maar toe word hulle aandag afgetrek deur ‘n ander polisieman wat vroeg vanoggend verongeluk het. 

 

Ons sal enige tyd betaal, maar dit gaan nie voorkom dat Blompot weer gaan skaapvreet nie. 

 

Hulle sê dat as ‘n hond eenkeer skaap doodgemaak het, sal hulle dit weer en weer doen.

 

Ek en Hartman kon laasnag nie tot ruste kom nie.  Ons is nou so lief vir Ben en ek kan nie glo dat hy nie meer met ons sal wees nie.

Hy is nog so jonk, ek reken ses maande.

 

Wat moet ons doen?

Is daar enige raad/medisyne/sielkundige behandeling, of so vir honde moordenaars?

 

 

 

28 antwoorde op Doodstraf vir honde

  1. Of jy nou in stad bly of op ‘n plaas boer as jy honde wil aanhou moet hulle van klains af opgelei word anders, dan sê ek as ‘n honde liefhebber, moenie honde aanhou nie. Honde is soos kinders jy MOET hulle groot maak of nie hê nie. ‘n Opgeleide hond trap nie oor die tou nie en ons juis weer besig met twee in opleiding.

  2. loudavisi het gesê op April 15, 2011

    Ek antw maar hier want die antw boksie by jou kommentaar werk nie.

    Se asb hoe keer mens hulle om onderdeur die heinings te grawe? Ons het al alles probeer! Die omheining kos duisende rande, maar dit help nie.

  3. Julle veearts behoort julle die naam en kontak van goeie honde opleiers (onderwysers) te gee, daar is heelwat. Ons honde ‘n 18 Maande oue Boxer reun en ‘n ses jaar Husky/kollie kruis tefie sal nie durf waag om by die hek uit te loop nie as ons nie by is en hulle op ‘n leiband het nie – die hek kan oopstaan en hulle sal nie uitgaan nie – resultaat van hondeskool en bevele gehoorsaam.

  4. loudavisi het gesê op April 15, 2011

    Veearts?
    Hier?

    Ok….ek sal in die geelbladsye soek. Die naaste oordentlike plek is seker Clanwilliam. Dankie vir jou raad.

  5. loudavisi het gesê op April 15, 2011

    Ek gaan bietjie rondvra in die dorpie, dalk is hier iemand nader wat sal kan help. Ding is, ons almal werk en ons honde, (Ezra se twee en ons twee) slaap snags in ons huise. Dis wanneer ons weg is dat hulle so aangaan.

  6. Maankind2 het gesê op April 15, 2011

    Ongelukkig nie, Lou. Ons bure het so een op hulle plaas gehad, en die dogter (self ‘n veearts en liewer vir honde as vir mense) het gesê as hulle eers bloed geproe het is dit verby. En die volgende stap is mense byt. Hulle eie mense. Ter wille van Ezratjie, maak soos hulle aanbeveel.

    En weggee gaan nie help nie.

  7. Sal dit nie help om die honde na ‘n “Dog Whisperer” toe te neem nie?

  8. ‘n moeilike situasie met ‘n ewe moeilike besluit om te neem.

  9. abrham het gesê op April 16, 2011

    beskrywing van ‘n honde lewe

  10. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Dis so jammer, MaanKind.
    Maar as dit so is, is dit so!
    Dankie vir die raad.

  11. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Ons het ook aan so iets gedink, Thomas.

  12. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Dit lyk my ons sal dit moet doen, Rosie.
    Ai..

  13. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Ons het al soveel honde gehad, Gousblom, meestal Steffies. Hulle het nooit so iets gedoen nie. Selfs ons eie Bouvier (?) Nikita, het nog nooit nie…en Mattie (die kleintjie) het hoeka nie meer tande nie..

  14. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Sy’s groot, tronkie!
    Sy sal jou kleintjie vir brekvis eet..
    Dankie vir die aanbod.
    xx

  15. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Ja, en dis nou nie asof hulle ooit honger is nie.

  16. TS het gesê op April 16, 2011

    Miskien sal iemand met ‘n groot dorpserf hulle neem ‘n Erf wat so toe is dat hulle glad nie kan uitkom nie My hart huil vir die.

  17. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Ai, Tina! Blompot byt nou enige lewende ding – nog net nie mense nie..ek weet nie so mooi nie. Dankie anyway vir die simpatie.

  18. Twaksak het gesê op April 16, 2011

    Sjoe! Ek weet my brak se geaardheid het heeltemal verander vandat ek gereeld met haar stap…
    Ag, sterkte. Ek was ook al deur die ding met die hoender- en skaapvreters.

  19. kerneelsie het gesê op April 16, 2011

    Ai toggie. Dis maar ‘n moeilike(Hartseer) storie. En uitsit is vir my so wreed. Ek sukkel al byna twee maande met dieselfde besluit.
    Sterkte

  20. Lou, die honde kan in n klein hok kampie gehou word en net saam met julle buite wees.
    As jy n hond van kleins as saam met bokke of katte laat grootword sal hulle dit nie jag nie.
    Jy moet ook jou nuwe honde basiese dissipline laat leer of jy kan uitvind hoe en jy moet altyd die selfde woorde gebruik vir n opdrag om hulle te beheer.

  21. skermunkel het gesê op April 16, 2011

    Dis baie jammer Lou.
    Eers dieren … tijgers, leeuwen, …. in gevangenskap of in circus …. maar ook honden … bloed geproe het word hulle baie gevaarlik … ook vir mense ….. ons kan hulle nie langer vertrouw nie ….

  22. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Ons kinders gaan stap elke skemeraand met Ezra en die honde op hulle leibande. Hulle is mooi geleer om nie in die huis glipsies te maak nie. Ons eie honde maak my wakker om die deur oop te maak. Lyk my honde is net so lief vir lam soos ons….tsk

  23. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Ons het nie ‘n keuse nie, Kerneels. Dis in die polisie se hande.

  24. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Dankie vir die goeie raad, raymond. Ons probeer ons bes.

  25. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Ek weet dat ons hulle nie langer kan vertrou nie, Fernand. Dis moeilik, maar seker die beste dat hulle uitgesit moet word. Sal maar ‘n klein hondjie vir Ezra aanskaf.

  26. loudavisi het gesê op April 17, 2011

    Dis nou interessant, Droomrots!

  27. shlwanjan het gesê op April 19, 2011

    Ai, eks jammer om te hoor. Ek wens ek het geweet of daar behandeling is, maar nog nooit van soiets gehoor nie.

  28. loudavisi het gesê op April 19, 2011

    Hulle leef nog, maar ons meen vandag is die dag! Een word nou permanent in huisarres geplaas…hulle mag nie saam buite wees nie, dan jaag die twee net aan.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.