Hoekom ek nie van netbal hou nie..

April 10, 2011 in Sonder kategorie

Ek lees nounet by Tina oor die skole wat môre weer begin.

Toe onthou ek dis mos alweer netbal-seisoen.

 

Dis nou nie dat ek nie van die sport self hou nie…ek kyk graag as die hoërskole interskole het, ens., maar dis die dinge rondom netbal wat my gru.

 

Dis die ma’s en die attitude van die kinders wat my dieplik irriteer.

 

ONTHOU TOG, EN MOENIE VERGEET NIE, DIE BAL IS HIER OP ONS DORPIE GELê!

Hier is netbal geskep. Die vrugbeginsel van die spel – hier!

Dis hier waar elke reël in die boek gemaak is. Niemand vertel vir die netbal ma’s nie.

 

Toe ek 20 jaar gelede hier begin skoolhou het, is ek gesê dat die O/12 en O/13 spanne myne is. Baie opgewonde hou ek proewe. Kies my spanne.

Toe bars die bom! 

Elke ma wil hê dat haar kind senter moet wees.

Een ma het daaityd gesê haar dogter is hoofmeisie en daarom MOET sy in die middel speel – HA!

 

Ek gaan nie nou in op die dogters wat so bitsig met mekaar is nie, ook nie die ure op die bus en die donkernag se tuiskoms nie.

 

Dis al wat ek nie sal mis as ek die dag aftree nie.

 

Aan al die onnies hier, baie sterkte en genade en hou die siele uit die modder.

; )

 

 

29 antwoorde op Hoekom ek nie van netbal hou nie..

  1. TS het gesê op April 10, 2011

    Dis ook een ding wat ek nooit sal mis nie. Daai opmerkings langs die baan. Die afkraak van skeidsregters en veral hulle eie kinders. Nee wat gee my veel eerder ‘n individuele sport.

  2. avega het gesê op April 10, 2011

    Ek moes vir ‘n jaar of wat Netbal gee, ek het nie ‘n cooking clue gehad wat ek doen nie. Ek kon nooit sien wie het vir wie gestamp nie. Dis ‘n flippen rowwe storie.

  3. Maankind2 het gesê op April 10, 2011

    Ek sidder om te dink, maar ek dink ek was so ma.

  4. Sterkte, sommer vir al die dinge van skoolsake

  5. loudavisi het gesê op April 10, 2011

    Deesdae kom die pa’s ook kyk. Dan sal hulle ook aanmerkings maak (nie ons skool se pa’s nie)
    Jy moet dit beleef as ons teen groter skole speel. Die toeskouers skree sommer jou maseporche 😀

  6. loudavisi het gesê op April 10, 2011

    Jou oog moet die bal volg, en die voete en omkant en dan moet jy nog die doele dophou wat mekaar arm/elmboog…nagmerrie!

  7. loudavisi het gesê op April 10, 2011

    Ek wou nog iets oor ouma’s sê, MK…:D
    Maar toe dog ek nee..

  8. loudavisi het gesê op April 10, 2011

    Dis die moeilikste posisie, verskriklik! Wen of verloor lê in die doel se hande.

  9. loudavisi het gesê op April 10, 2011

    Dankie, Rosie.
    Ek en my een kollega het besluit einde 2013 tree ons af..dus nog net 3 netbalseisoene vir my.

  10. ooooooooh nou sien ek.Julle praat van daardie game by die skole wat hulle n bol vashou en die groot bitche die jong meisies leer om bitchie te wees en die mammas en pappas hulle maniere by die huis los.

  11. loudavisi het gesê op April 10, 2011

    Spot on, Raymond!
    Dis daai een…

    😀

  12. louisna het gesê op April 10, 2011

    Hallo Lou.Lekker week.

  13. Dit gaan nét so met die rugby ook. Pa’s wat hul onvervulde ambisies op die seuntjies uithaal. Eienaardig. Wonder of sulke ouers besef watse skade hulle aanrig met hulle stront.
    Sterkte.

  14. loudavisi het gesê op April 11, 2011

    Dis nou ‘n geluk, Kellie!
    ; )

  15. loudavisi het gesê op April 11, 2011

    Hê self ‘n heerlike een, Ouboet.

  16. loudavisi het gesê op April 11, 2011

    Ja, asof dit nou saakmaak – die stomme kindertjies wat so skaam kry vir hul ouers..

  17. Ek het in Sub A (dink ek) een dag gaan netbal speel. Opgedaag vir oefen. En besluit dis nie die spel vir my nie. Het dit genoeg kere in LO periodes gespeel, maar as sport het ek tennis gekies. En ek’s bly daaroor. Baie minder politiek.

  18. ystervark het gesê op April 11, 2011

    Lou, ek bloos nou rerig erig, maar, ek was een van daai ma’s, skrou die kinders met afrigter en al deurmekaar, en al het die ander span HOEVEEL supporters, ek sit my stem in OVERDRIVE dan outskrou ek die hele lot. Die Vark moonwalk so effe stil en bedees tot vêr agter ‘n boom en kyk die malletjie (dis nou ek) saammet die ander mense aan. Dankie tog die Pop is klaar met daai game, my stembande sou dit nooit kon hou nie, en my familie nog minder, bloos nou rerig!

  19. bloukaap het gesê op April 12, 2011

    wanneer jy klaar skoolgegee het, sal jy my moet kom ‘klasgee’….

  20. loudavisi het gesê op April 13, 2011

    Jy’t ‘n lucky miss gtehad, Nika.
    Glo my!
    😀

  21. loudavisi het gesê op April 13, 2011

    Wee jy, Ystervark, ek sien jou so in my geestesoog – soos jy dit beskryf….ek is mal oor jou, want jy is spotaan en lewe met oorgawe.
    You go girl!

  22. loudavisi het gesê op April 13, 2011

    Maak die aanbod, Twakman…enige iets om net hier weg te kom

    😀

  23. loudavisi het gesê op April 13, 2011

    Ek gaan die jaar my langste speler in die middel sit – dink net watter gaos dit gaan veroorsaak!

  24. DallaSePa het gesê op April 13, 2011

    Nahaaaaaaand Louise !

  25. loudavisi het gesê op April 13, 2011

    Naand my vriend!
    ; )

  26. jannel1 het gesê op April 15, 2011

    Sê vir daai ma sy is welkom om by jou oor te neem. Dit lyk of jy kan doen met ‘n breek.

  27. MEleroux het gesê op April 16, 2011

    Sterkte met die laaste paar seisoene. Ek kon nog nooit die behaai verstaan wat ouers op die sportveld maak nie – is dit ‘n verlenging van hulle eie sug na prestasie?

  28. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Ek en Hartman maak groot planne – so kort voor lank is ek verlos.

  29. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Ja, dis soos dit is, Woefels. Beste is as hulle ouer en vetter word, dan se die ma’s dis die akademie wat hulle so besig hou – dan is die laerskool sport vergete.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.