Kaap toe

April 4, 2011 in Sonder kategorie

Piekenierskloof

 

So lyk dit as mens op die N7  by die stop/ry besigheid kom.  Net rotse en gedrogte!

 

Vandag met die terugkom van die Kaapse Hospitaal af het ons vir 30min so stilgestaan – op moeg!  En dit was die derde stop/ry. As die pad eers klaar is, kan julle maar kom kyk. Dis great!

 

Was heeldag op die pad. Dokters ens. Sal julle nie verder verveel nie, maar die uitslag is belowend. Moet net weer volgende week die 350km aanpak en sal dan genees terugkom, ek weet.

 

(Dis nie ek wat siek is nie, dis mos Hartman)

 

Ons is so so so agter die klip platterlanders.  Plek bespreek in gastehuis en als, maar toe ons 2 uur vanmiddag in die mall sit en koffie drink, toe toets ek die water en sê vir Hartman dis nou eers 2 uur. Wat gaan ons heel middag doen? By die gastehuis sit en wat? Toe sê hy, wat van huistoe? Ek was soooooo verlig! Spring in die kar en ek girts so vinnig ek kan huistoe.

Moenie worry oor spoedlokvalle en kamera’s nie – ek het so in my kop daarvoor begroot.

 

Nou is dit twee dae by die huis, en dan weer dieselle ou storie.

Net weer die tenk volmaak voor Woensdag…

 

 

 

 

 

29 antwoorde op Kaap toe

  1. loudavisi het gesĂȘ op April 4, 2011

    Ah, dit heerlik om jou weer hier te sien, ek soen sommer jou visstok!
    😀

  2. wesnwew het gesĂȘ op April 4, 2011

    ons het laas week oppad terug uit die vrystaat by so ry stop besigheid gewag vir 20 min – ek’t amper agter die stuur aan die slaap geraak….
    Baie bly dit lyk belowend…
    Lekker rus

  3. monicahaddad het gesĂȘ op April 4, 2011

    Die paadjie word al korter hoe meer mens hom ry, het jy agter gekom 😉

  4. ystervark het gesĂȘ op April 4, 2011

    Hallo en groete daai kant, ek is saam met jou op die GENEES terugkom, dis waar, jy sal sien! En veel lekkerder by mens se eie huis, slim plan om te gery het huistoe, mooi wense daai kant 🙂

  5. MEleroux het gesĂȘ op April 4, 2011

    Dit klik so bekend, die liewers-huis-toe-ganery. Huis bly die beste! Sterkte vir Hartman.

  6. aan jou gedink vandag…. *hug*

  7. loudavisi het gesĂȘ op April 5, 2011

    Leipoldville is effe suid van hier, maar indien jy ooit weer hierlangs kom, MOET jy ‘n uur of wat afstaan vir ons…ek sal net luister terwyl jy en Hartman gesels.

  8. loudavisi het gesĂȘ op April 5, 2011

    Ons is nou al so gewoond aan die stop/ry plekke. Ons weet al as ons voor staan, gaan ons lank wag. Dan spring ons uit en chat met die mense en loop bietjie rond….daar is tot mense wat met koelhouers vol blikkies en chips ens verkoop.

  9. loudavisi het gesĂȘ op April 5, 2011

    Yip!
    En as die pad klaar is, gaan dit nog vinniger wees. Hulle maak dubbelbane op sekere plekke waar mens die groot voertuie kan verbygaan.

  10. loudavisi het gesĂȘ op April 5, 2011

    Die weskuspad is ‘n opsie as hulle op Piekeniers skiet, dit kan tot 2 ure se wag wees.

  11. loudavisi het gesĂȘ op April 5, 2011

    Dankie vir die sterkte…ja, home sweet home!
    xx

  12. loudavisi het gesĂȘ op April 5, 2011

    Dankie, Ffion.

  13. loudavisi het gesĂȘ op April 5, 2011

    Die groot magneet is natuurlik die kleinkind!
    ; )

  14. loudavisi het gesĂȘ op April 5, 2011

    Het ook aan jou gedink…die keer was dit net in, kyk, en weer uit.

  15. Modigliani het gesĂȘ op April 5, 2011

    Sterkte daar by julle Lou en ek glo saam oor die Genees 🙂

  16. louisna het gesĂȘ op April 5, 2011

    Elke genesing stap ‘n pad. Sterkte.

  17. skermunkel het gesĂȘ op April 5, 2011

    Baie sterkte Lou.
    Ek is seker dit komt reg.

  18. Sterkte jong ja die petrol raak net duurder by die dag.

  19. Trakie het gesĂȘ op April 7, 2011

    Lekker heen en weer girts!

  20. Krokodilla het gesĂȘ op April 8, 2011

    Ek is so jammer om te sien Hartman is weer siek.

  21. loudavisi het gesĂȘ op April 10, 2011

    Dankie, Jeanne.

  22. loudavisi het gesĂȘ op April 10, 2011

    Hi Ouboet.
    ja, kort geduld!

  23. loudavisi het gesĂȘ op April 10, 2011

    Ek is ook seker, Fernand.
    ; )

  24. loudavisi het gesĂȘ op April 10, 2011

    En oorslaap in gastehuis…tsk.

  25. loudavisi het gesĂȘ op April 10, 2011

    😀
    Ja, jaag altyd huistoe, huistoe!

  26. loudavisi het gesĂȘ op April 10, 2011

    Dis heerlik om jou hier te sien, Krokodilla! Ek verlang.

  27. loudavisi het gesĂȘ op April 10, 2011

    : ) Ek het nou lekker by jou gekuier.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.