Lospraatjies
April 30, 2011 in Sonder kategorie
Hene, maar ek was lank laas hier op my eie blog.
Besig gewees met Wiskunde-beplanning vir die kwartaal….is effe agter gewees, maar als is nou op datum. Soggens, hier van 4uur af, dan doen ek die dinge.
Was die maand 3 keer Worcester toe. My ma….ai tog, dit gaan maar effe goed en effe sleg daar.
As ek haar saans bel en vra hoe dit gaan, dan sê sy: “Not so good” of “not so bad.” Ek hou van die “not so bad” een.
Ezra se bank is klaar. Ek en Hartman het die hele besigheid vanoggend aanmekaar gesit. Nuwe Skarnier en skroewe….dit lyk tog te grand. Nou nog net ‘n boodskap van Ouma onder iewers graveer. Hy moet darem eendag weet waar dit vandaan kom en wanneer en so aan.
Gister se tv troue het my vasgenael gehou. Daai gippies met die belaglike hoede het my laat dink dat hulle aspris en moedswilliglik so belaglik is. Watter punt wou hulle maak? Fergie se jongste, Eugenie, se hoed vat die koek! Daai strikbesigheid wat hoër was as wat haar kop lank is…yo!
Die hele dag se rugby het my opgemaak. Daai engelse kommentator se nasale klanke weerklink nou nog in my ore. As hulle net af en toe iemand anders se stem kan gebruik…maar nou ja, dis net ek wat so dink…miskien moet ek my kantoor na ‘n ander vertrek skuif in die rugby-seisoen.
Hulle sê dat dit môre 35 grade hier gaan wees.
Net toe ek die nuwe wintersklere weer uitgepak het…tsk…
Geniet die res van die naweek en onthou tog om toe oë te slaap en hande bo die kombers, ok?
😀
Onlangse kommentare