Ek en Ezra WERK!

Maart 31, 2011 in Sonder kategorie

Oupa Hartman het ‘n ruk gelede (op my aandrang) die fontein laat opdroog. Toe gooi hy die vissies se huisie vol sand, gemeng met sout, want hulle sê dit werk deesdae so.  Nou kan ek toesig hou op ‘n tuinstoel en ‘n blokkiesraaisel.

 

 

Ek het die ou skoolbank by die skool gekoop. Kyk net hoe netjies pas Ezra al!

Die skroewedraaier is ‘n moet. Waar hy gaan is dit by hom. Soos ek skroewe uitdraai, so sit hy hulle terug. Intussen skuur Ouma rustig voort.

Dink nie dis besonderse hout nie, nou wonder ek of ek dit nie sommer moet verf nie – giggelgroen of navy of so…

Wat dink julle?

 

 

Moenie sê ek praat bollie nie, ok?

The proof is in the picture.

 

Persoonlike update:

Skole sluit more

Rapporte klaar

Sondag ou ouma toe

Maandag alweer Panorama

Dan Mall toe en huistoe.

En volgende Maandag is dit alweer back to school.

 

 

 

 

 

39 antwoorde op Ek en Ezra WERK!

  1. louisna het gesê op Maart 31, 2011

    Geniet die vakansie Lou.

  2. Maankind2 het gesê op Maart 31, 2011

    Professors speel nie met skoroewedraaiers nie. Tensy dit meganiese ingenieurswese of so iets is?

  3. loudavisi het gesê op Maart 31, 2011

    Dankie, Ouboet.
    Die bietjie wat oor is na al die gewoel..

  4. loudavisi het gesê op Maart 31, 2011

    Ek verstaan nie die kind nie, MK!
    Het ons dalk ‘n fout gemaak met ons professie?

  5. louisna het gesê op Maart 31, 2011

    Geniet. Kleinboet begin weer Maandag. Bad news

  6. mannetjie word groot.
    Ek was gister by vriendin in Panorama. Jy moet praat as jy ondersteuning soek

  7. TS het gesê op Maart 31, 2011

    Ag kyk net hoe mooi

    Jy moet elke oomblik van die vakansietjie geniet!

  8. loudavisi het gesê op Maart 31, 2011

    Hartman gaan vir velkanker.
    Sal seker net in en uit wees.
    Sal laat weet as watookal gebeur
    xx

  9. loudavisi het gesê op Maart 31, 2011

    dankie Tina.
    Ek is soooo lief vir die outjie.

  10. wesnwew het gesê op Maart 31, 2011

    hy bly nou maar eenmaal pragtig!
    Moenie verf nie! Die tafel gaan stunning wees. As jy rerig moet stain die ding groen of geel of iets en dan sit jy woodock poliwax op…
    En dan rus jy!

  11. ok ok ons glo jou! wat van ‘n paar hippie blommetjies daarop 😉

  12. Berwick het gesê op Maart 31, 2011

    Mooi bly, Lou.

  13. loudavisi het gesê op April 1, 2011

    Dis nou ‘n slim plan!
    Dankie, ek hou veral van die ‘dan rus jy” deel.

  14. loudavisi het gesê op April 1, 2011

    Nee, Monica! haha nie hippie blommetjies nie. Die bank gaan in my kantoor staan en dit moet “smart” lyk…:D

  15. loudavisi het gesê op April 1, 2011

    Dankie, Berwick.
    Mooi bly vir jou ook.

  16. loudavisi het gesê op April 1, 2011

    Ek sukkel om by te bly met sy grootword, Celia. Elke dag is daar iets nuuts.

  17. Jir maar hy hét groot geword!
    Tyd vlieg…

  18. Modigliani het gesê op April 1, 2011

    Die sout in die sand is ‘n moet – dit help dat bak & terie nie kan groei nie en as daar dalk honde/katte gebruik maak daarvan, dan maak dit enige kieme ook dood.

    Hy is vrek handsome, kan ek hom bespreek oor so 18 jaar vir my jongste? 😉

  19. bloukaap het gesê op April 1, 2011

    wat voed julle daai mannetjie dat hy so vinnig groei?

  20. loudavisi het gesê op April 1, 2011

    Sy pa het al vir hom “a Little Black Book” aangeskaf.
    Jou bespreking word nou ingeskryf – so moenie verbaas wees as jy oor 17 jr ‘n oproep kry nie!
    😀

  21. loudavisi het gesê op April 1, 2011

    Lekker om jou weer hier te sien, Gousblom!
    xxx

  22. loudavisi het gesê op April 1, 2011

    Moedersmelk.

    (nog steeds)
    ; )

  23. kerneelsie het gesê op April 1, 2011

    Ek het my kombuis giggel groen geverf!!!!
    Onnie is ook by die huis. Ek is jaloers. Hulle het elke dag ‘n halfuur ekstra skoolgegee sodat hulle die paastyd weer 11 dae kan afkry. So, dis net back to school dan is dit weer rus.
    *Sug*

  24. loudavisi het gesê op April 1, 2011

    Ons het twee dae vroër begin, nou gaan ons ook ‘n laaang langnaweek he.
    Yippeeee!

  25. MEleroux het gesê op April 1, 2011

    Pragtige klong. Sy hande gaan eendag vir niks verkeerd staan nie. Hy moet tog nie ‘n professor met 10 duime word nie.

  26. loudavisi het gesê op April 2, 2011

    Iemand hier het 20 sulke banke gekoop…ek weet regtig nie wat hy daarmee gaan maak nie! Sal maar sien. As jy nader was kon ek een vir jou uitgesmokkel het. Hulle is baie gehawend, maar dis lekker om dit weer nuut te maak.

  27. loudavisi het gesê op April 2, 2011

    Hoop MaanKind lees jou kommentaar.
    : )

  28. pasella het gesê op April 4, 2011

    Knappe kêrel!

  29. abrham het gesê op April 6, 2011

    ouma skool
    skroef
    kleinding vroeg
    asof
    twaalf jaar
    genog
    straf is nie

  30. loudavisi het gesê op April 6, 2011

    Ai, Abrham!
    Nou voel ek skuldig..
    ; )

    blondie slim
    te vroeg begin
    die wingerd bot
    vroeg ryp
    vroeg vrot

  31. Ag hy is te cute ouma!

  32. DallaSePa het gesê op April 10, 2011

    Hy word te vinnig groot! :-))

  33. Maghitta het gesê op April 10, 2011

    Sjoe Ouma maar hy het groot geword

  34. loudavisi het gesê op April 10, 2011

    Yip, en elke dag is ‘n nuwe avontuur vir hom…

  35. loudavisi het gesê op April 10, 2011

    Is hy nie te dierbaar nie!
    😀

  36. shlwanjan het gesê op April 19, 2011

    Ouma se fluks kind {-;

  37. loudavisi het gesê op April 19, 2011

    Sy hulp is meestal lastig lol

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.