Oor Onderwys

Maart 27, 2011 in Sonder kategorie

Kahlil Gibran sê die volgende oor onderwys. (teaching)

 

“No man can reveal to you aught but that which already lies half asleep in the dawning of our knowledge”

 

In my eie woorde soos ek dit verstaan.

 

‘n Onderwyser kan net dit wat reeds in die kind se kop sluimer, wakker maak.

 

Dink bietjie hieroor.

Ek meen, toe my ma my geleer het om knoopsgate te maak of hoe om ‘n zip in te sit, het ek dit al die tyd geweet, maar was nie bewus daarvan nie. (?)

 

Toe Hartman my jongeling gewys het hoe elektrisiteit werk, het die kind dit al die tyd reeds geweet?

 

Ek wil dit nie glo nie.

Dalk is ek vanaand blonderig en sonder begrip

Wat sê julle?

29 antwoorde op Oor Onderwys

  1. Maankind2 het gesê op Maart 27, 2011

    Ek dink hy het meer wysheid bedoel. Dat elke bietjie kennis voortbou op dit wat jy reeds weet. So die onderwyser lei net die kind om self te leer.

    Die zip. Eers leer die kind ek dra ‘n rok, dan leer hy hier is ‘n stuk materiaal, en mamma maak ‘n rok.
    Dan leer hy mens maak jou rok met ‘n zip vas

    Dis hoe ek dit verstaan.

  2. TS het gesê op Maart 27, 2011

    Ek glo tog so Ek glo dat elke mens ongeag sy IK ‘n ongelooflike onbeperkte vermoë het want dit is tog hoe God die mens gemaak het… dinge ontsluit net anders met elke persoon en soms gaan ons dood sonder dat die helfte ontsluit is. Net ‘n mening … ek soek nie moeilikheid nie.

  3. loudavisi het gesê op Maart 27, 2011

    Wat hy ook in die stukkie noem is ‘n sang onderwyser. Hy kan die kind die note leer, maar hy kan nie die kind maak op die noot sing nie.
    Dalk het dit met talent te doen.

    Ek hou van jou opinie oor wysheid.

  4. loudavisi het gesê op Maart 27, 2011

    Absoluut!
    Dankie vir die kommentaar.

    Pst..ek gee nooit moeilikheid nie..:D

    Ek staan mos aan die ontvangkant daarvan.

  5. TS het gesê op Maart 27, 2011

    grinnik … ek weet dit baie goed , maar ek was al te veel in die moeilikheid as ek my skewe mening uitspreek

    Lekker vakansie

  6. MEleroux het gesê op Maart 27, 2011

    Ek stem saam met Maankind. Dit gaan nie oor kennis nie, maar wysheid. As sang die voorbeeld is – jy kan ‘n kind net leer sing as hy reeds ‘n basiese musikaliteit het. Daar is mense wat nooit ooit suiwer op die noot kan sing nie, want hulle het ‘n “nootdoofheid.” Die onderwyser bou dus op iets wat die kind reeds het.

  7. loudavisi het gesê op Maart 27, 2011

    Vakansie begin eers vlg week. Skole in die Wes-Kaap sluit Vrydag…nog ‘n hele week!

  8. Koeitjie het gesê op Maart 27, 2011

    Klink of hy praat van iets soos “collective consciousness.

  9. TS het gesê op Maart 27, 2011

    …eish …sterkte…

  10. loudavisi het gesê op Maart 27, 2011

    Ja, Therina, vaardigheid kan ontwikkel word en aangeleer word.
    Lief jou ook.
    xx

  11. loudavisi het gesê op Maart 27, 2011

    En natuurlik geoefen word. ‘n Matriek dogter het destyds vir my gesê dat Wiskunde soos klavier, geoefen moet word. Daai dag het ‘n sluier gelig..

  12. loudavisi het gesê op Maart 27, 2011

    Dink bietjie aan spelvernuf…sekere mense spel van nature reg, en andere kan net nie…mens kan sekere woorde aanleer en dit dmv assosiasie onthou, maar natuurlike korrekte spelling is dan seker ook ‘n talent.

  13. loudavisi het gesê op Maart 27, 2011

    Miskien is dit die ding!
    Dankie.

  14. MEleroux het gesê op Maart 27, 2011

    Dit is nogals iets waaroor ek regtig baie nadink en oor wonder – watter rol speel IK (ek merk jy haal ook die onderwerp op ‘n ander datum aan), talent (bv vir spel)en motivering in goed wat mens aanleer. Daar is ander kwessies ook, bv mense se vatbaarheid vir die aanleer van waardes, sosiale vermoëns ens. Twee mense kan dieselfde boodskap kry, maar totaal verskillend daarop reageer

  15. loudavisi het gesê op Maart 27, 2011

    dis is so, Woef!
    Jy laat my nou aan die gawes van die Gees dink. Maak nie saak waaroor mens debateer nie, alles kom terug na die Bybel en die waarhede daarin.

  16. JUDGEX het gesê op Maart 27, 2011

    ek stem saam…

    en so lê die Ewige Lewe of verderf ook in `n mens…as die Ware Geopenbaarde Woord oor so `n persoon se siel sal beweeg, dan sal dit net voortbring wat reeds daarin is.

    Nie almal het die vermoë of insig om `n bepaalde aspek te begryp nie – al word dit hoe ookal verduidelik.

    Elke mens is voortbestem om net voort te bring wat vir hom / haar bepaal is, nog voor geboorte.

    Ek persoonlik het GEEN begrip vir Wiskunde nie – ek het al als probeer. Dus is geen roeping waar wiskunde van kardinale belang is, vir my bestem nie en ek aanvaar dit so…en die Here gebruik my dus op `n ander area waarvoor ek voortbestem is.

  17. loudavisi het gesê op Maart 28, 2011

    Ek sien!
    Baie dankie – ek het dit altyd geweet (besef ek nou eers)

  18. Is dit nie meer iets soos – jou seun wat geleer het van elektrisiteit het reeds die aanleg in hom gehad om dit te kan leer. Oorgeerf van sy pa. Jy ook, toe jy geleer het om knoopsgate te maak. En ook, jy het dalk al baie keer so uit die hoek van jou oog gesien hoe jou ma naaldwerk doen …. dit was nie iets vreemds vir jou nie. En hoeveel keer het jou seun rondom sy pa gespeel terwyl DIE besig was om elektriese goeters te doen. Iets word ingeneem. Dis nie heeltemal vreemd nie.

  19. loudavisi het gesê op Maart 28, 2011

    So, die onderbewussyn neem waar en stoor en as die leermeester dan inkom, is dit soveel makliker!

    Ja, dit werk vir my.
    Dankie

  20. skermunkel het gesê op Maart 28, 2011

    Dag Lou.
    Ek span saam met Joanna.
    Ons het almal aanleg/talent vir iets, dit sluimer al in ons kop … ons moet dit alleen nog ontwikkel … en als 1 van die ouers dieselfde aanleg het dan ontwikkel ons dit nog vlugger.
    Hoop jy verstaan myn Nederlands/Afrikaans taaltje … hahahahahaha

  21. bloukaap het gesê op Maart 29, 2011

    ooooo, te complicated vir my dinsdag-koppie

  22. Jy’t ‘n aanvoeling om ‘n ding te doen of nie. En ‘n instink gekry. Kombineer die twee en jy’s okay. Glo ek nog altyd.

  23. Ek dink ook aanleg of talent is die ‘iets’ wat reeds in jou kop sluimer. Dit is wat maak dat mens iets makliker verstaan.

    Ontvanklikheid het ook baie hiermee te doen. Ek het ‘n mental block teen die verstaan van Wiskunde, alhoewel ek redelik goed is met Rekeningkunde. Daarom glo ek dat ek nooit Wiskunde sal kan verstaan nie. Dalk wil ek nie?

  24. sjoe wat ‘n interessante skryfsel. Sommer nou ook baie gelees onder al die kommentare.
    klink my dit gaan meer oor die potensiaal wat reeds daar moet wees.

  25. loudavisi het gesê op Maart 31, 2011

    Natuurlik verstaan ek, Fernand. Ek sien dat dit meestal met talente te doen het. Dink ek weet nou beter, dankie.

  26. loudavisi het gesê op Maart 31, 2011

    Ja, ouwaas, jy moet wakker word ne!
    😀

  27. loudavisi het gesê op Maart 31, 2011

    Dankie vir die raakvat kommentaar Nika.

  28. loudavisi het gesê op Maart 31, 2011

    Ek hou nogals van syfers en hoe hulle werk…seker oordat ek dit aanbied vir my klas. Dis nogals interessant om die kindertjies se begrip waar te neem en om ander planne te maak vir die wat sukkel. Daar is wel ‘n paar wat dit nooit sal verstaan nie.

  29. loudavisi het gesê op Maart 31, 2011

    Ja, na al die kommentare sien ek ook nou wat Kahlil bedoel het toe hy dit gesê het. Ek dink bv aan musiek. Ek moes leer note lees, en ek kry dit nogals reg ook, maar musiekant wees? Nooit! Mens kan goed aanleer wat dalk nie ‘n talent is nie, maar uitstyg is dan nie moontlik nie.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.