HELP GOU ASB. ALLE GESKIEDENIS KENNERS

Maart 25, 2011 in Sonder kategorie

Vierdejaar onderwys-student soek hulp.

 

Die taak lui as volg:

 

1.  Watter aspek van die SA Geskienis, wat jy voel nagelaat is, maar wel in skole geleer moet word.

 

2.  Die implikasies wat hierdie aspek op die verstaan van die SA geskiedenis gaan hê.

 

Ek voel dat dit ‘n onbillike vraag is, want die arme student moet mos eers bewus gemaak word van sulke aspekte.  Hulle het 4 jr gelede Geskiedenis op skool gehad, (dis was toe al nuwe geskiedenis) en is dus nie bewus van wat nie in die leerprogram opgeneem is nie.

 

Net ‘n aspek asb.  Net EEN!

 

Sy sal self die nodige navorsing doen.

 

Ag, maats, baie baie baie dankie!

Hoop om gou van julle te hoor.

; )

 

 

 

 

 

35 antwoorde op HELP GOU ASB. ALLE GESKIEDENIS KENNERS

  1. bgv het gesê op Maart 25, 2011

    Ek weet nie baie van die saak af nie, maar die bosoorlog voel ek moet genoem word. En deeglik ook. Want volgens die boeke wat ek gelees het, was dit ‘n politieke spel aan die een kant en ‘n dobbelspel met lewens aan die ander.

  2. loudavisi het gesê op Maart 25, 2011

    Ja!
    Dis ‘n kwessie né?
    Daarvoor het ek self nie ‘n antwoord nie.

  3. loudavisi het gesê op Maart 25, 2011

    Ek het dit nooit as vak gehad nie, maar vind dit so interessant. Kennis word in ons onderbewussyn gestoor en ons tree dan onbewustelik daarvolgens op. Who knows?

  4. loudavisi het gesê op Maart 25, 2011

    Die kommentaar is reeds aan die student gemail, Anri!
    Ja, ek stem saam…my man was daar.

  5. Maankind2 het gesê op Maart 25, 2011

    Die Herero’s wat van Suid-Wes (Die destydse Duits-Wes) getrek het en in Noord-Transvaal gevestig het

    http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2011/03/18/BJ/9/19MaartDanaHereros.html

  6. TS het gesê op Maart 25, 2011

    mmmmmm Sal dit nou moderne geskiedenis wees? Wat van die tuislande en die probleme rondom die?

  7. loudavisi het gesê op Maart 25, 2011

    Jis, MK, jy’s oulik!
    Dankie.

  8. loudavisi het gesê op Maart 25, 2011

    Ek weet nie, Tina.
    Iets wat van groot belang behoort te wees, maar wat nie in die sillabus is nie. En dan die waarde van die kennis vir die kinders en hul toekoms.

  9. TS het gesê op Maart 25, 2011

    Wat dan van die onderwysgeskiedenis. Dis tog een van die brandpunte van die struggle? Of goed soos landbou , telekommunikasie. vervoer of sulke goed? Of wat van die konstitusionele geskiedenis?

  10. avega het gesê op Maart 25, 2011

    Die verhaal van Nongqawuse en die massaselfmoord van die Xhosas in 1856. Miskien is dit nou al in die Gesk boeke, maar dis fassinerend. Vega

  11. loudavisi het gesê op Maart 25, 2011

    Onderwys. Ek het eerste daaraan gedink en dit nogals in my SA in die 20ste eeu boek gekry.
    Ek dink Distrik Ses is tans steeds relevant en gereeld in die nuus. As die kinders daaroor sou kon leer, sou hulle dit verstaan. Dis net ‘n idee, en dit lyk of die student reeds inligting bymekaar kon kry.
    Wat dink jy daarvan?
    Sy kan een van Adam Smal se gedigte insit vir ‘n stukke emosie ens.

  12. loudavisi het gesê op Maart 25, 2011

    Ja, mw, die bloggers is stunning!
    Dankie – ek voel ook glad nie geskiedeniserig nie.
    : )

  13. loudavisi het gesê op Maart 25, 2011

    Sal jou kommentaar vir haar aanstuur, dankie, avega.
    Dit is interessant!

  14. Gaudi het gesê op Maart 25, 2011

    Wat van die geskiedenis van die Boesmans as verteenwoordigers van die oorspronklike bewoners van ons land.’n T-hemp met ‘n karaktervolle gekreukelde gesig met die woorde:The original landowners as eietydse kontroversie en The last words of an extinct people in the Broken String van Neil Bennun,2004 Penguin Books en The Healing Land(skrywer nou vergeet) verbind met die hele kwessie van grondregte en eienaarskap en of die groeiende onafhanklikheidstrewe van bepaalde groepe.’n Sirkelgang in die spanning tussen die grondbesetters(besitters) van destyds en die (swart) veroweraars uit die noorde en vandag se spanning tussen hierdie veroweraars uit die noorde en die kolonialiseerders uit Europa oor grondbesit en besetting.Die oorsprong van die reg op grondbesit in Afrika en die botsende paradigma van die Romeins Hollandse reg kan ‘n interessante bespreking uitlok.Die leefwyse van hierdie mense as metafoor vir die bekendstelling van ‘n nuwe wereld van werk soos o.a deur Quinton Coetsee in sy aanbiedinge aan besighede het betrekking.

  15. Zeelia het gesê op Maart 26, 2011

    Die geskiedenis van die Chinese/Japanese in ons land –
    Chinese betrokkenheid in Johannesburg as myners; of die Walvis Industrie in Suid-Afrika en Namibia sedert die vroee 1900s -met Japanese in Durban as werkers by die ‘Union Whale Station’ by die Bluff Walvis stasie waar hul gevestig was met hul privaat kwartiere met spesiale baddens en ingevoerde kos van Japan – hul verblyf en daaglikse verpligtinge as walvis slagters; en moenie vergeet van die een in Walvisbaai; en die einde van die era in Durban in 1975; hul kulturele impak en groei in Suid Afrika na die Tweede wereld oorlog… Wat het geword van hierdie ongelooflike hardwerkende nasie?

  16. loudavisi het gesê op Maart 26, 2011

    Net so, Gaudi.

    Dankie!
    Jou idee is aangepass.

  17. loudavisi het gesê op Maart 26, 2011

    Zelia, dis briljant!
    Ek het nog nooit iets van die Chinese/Japanese in ons gesk boeke gesien nie.

    Dankie

  18. louisna het gesê op Maart 26, 2011

    Die emiosionele letsels van bulldozers in Distrik ses.

  19. loudavisi het gesê op Maart 26, 2011

    Ja, en toe die student reeds informasie bymekaar gemaak het, kom sy agter dat dit reeds in die gesk boeke is onder groepsgebiedewet. Tsk…

  20. louisna het gesê op Maart 26, 2011

    Ja,maar die volle storie kan nog breedvoeriger vertel word. Daar is geen stuie geskiedenis waaroor nog niks gerapporteer is nie.

  21. louisna het gesê op Maart 26, 2011

    Die waarde van genealogie in geskiedskrywing.

  22. Neffertiti het gesê op Maart 26, 2011

    @verskriklik, Touchè.

  23. Maankind2 het gesê op Maart 26, 2011

    Die rol van vroue in ons geskiedenis

    Die grootste onvertelde storie van die Afrikaners se geskiedenis is die verhaal van vroue tussen 1652 en 1930.

    http://www.beeld.com/By/Nuus/Die-eerste-feministe-20110326

  24. Maankind2 het gesê op Maart 26, 2011

    Ou boerejode se rol in ons ekonomie?

  25. loudavisi het gesê op Maart 26, 2011

    Ek gaan dit nou self opsoek, MK.
    Dis iets wat beslis nie in die boeke is nie.

  26. loudavisi het gesê op Maart 26, 2011

    Dit ook!

    Baie dankie vir al die tips.
    Sy lees nou my blog en sal sommer so die boodskappe kry.

  27. Koeitjie het gesê op Maart 26, 2011

    Ek weet nie of dit onder geskiedenis val nie, maar die mens se invloed op die land – ek dink bv aan die geel en stinkhoutbome wat op Tafelberg uitgeroei is,
    of die invloed van die mynwese op die Witwatersrand. Gaan kyk bietjie na waar die Witwatersrand sy naam gekry het en vergelyk dit met vandag.

  28. louisna het gesê op Maart 27, 2011

    Laat waai dan en laat sy begin.

  29. louisna het gesê op Maart 27, 2011

    Die rol van joernalistiek in gekiedskrywing

  30. Twaksak het gesê op Maart 27, 2011

    Sjoe. Ek wens ek kon help.

  31. loudavisi het gesê op Maart 27, 2011

    Jy’s net betyds om laat te wees. Ek dink die takie is al afgehandel.
    Dankie anyway!
    : )

  32. Die feit dat die Boere republieke internasionaal erken was en dus herstel moet word. Diefstal bly diefstal en as selfs ‘n volk beroof word, moeet daar geregtigheid wees.

  33. Die regste is dat hulle dit nie eers behoorlik kon uitvoer nie….imagine ‘n land sonder Xhosas…

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.