Sowaar

Maart 22, 2011 in Sonder kategorie

Twintig jaar gelede, net nadat ons na hierdie vreemde (nou nog) Namakwaland toe getrek het, het ‘n plaasarbeider, hoog geswael (dronk)  eendag aan ons deur kom klop.

 

Sy naam is Dofie  (hy kan nie goed hoor nie.)

 

Hy kom toe by ons huurplasie aan met ‘n toiletpot

 

Sê hy: Ekt gaho da julle ‘n hoewetjie gekoop het en miskien ka Meneer die toilet gebruik.

 

Hartman: Nee dankie. Ons het klaar gekoop.

 

Dofie: Menee, die toilet is spiekeries nuut!

 

Hartman: Waar het jy dit gekry?  Seker iewers gesteel?

 

Dofie: Menee, sowaar as die god wat die wingerd laat bot, dissie gesteel nie!

 

 

Netnou, toe iemand hier die waarheid sweer, glip my kop na daardie tyd.

Kan die woorde nie vergeet nie.

 

 

Daardie spreekwoord is nou nog vir my nuut. 

Ek wonder of dit iewers aangeteken is.

Het een van julle al dit gehoor?

 

 

 

 

 

 

 

 

29 antwoorde op Sowaar

  1. loudavisi het gesê op Maart 22, 2011

    Die mense is net anders!

  2. loudavisi het gesê op Maart 22, 2011

    ja, die boere hier is mos afhanklik van wynverkope!
    Ek ondersteun maar waar ek kan
    😀

  3. bloukaap het gesê op Maart 22, 2011

    ek het dit EEN maal gehoor. 1981. Windhoek se hoofstraat.

  4. loudavisi het gesê op Maart 22, 2011

    Dankie, Verskriklik
    ek voel geëerd.

    Nog ‘n woord met drie 3’s…soos geëet..daar’s maar min van hulle.

  5. loudavisi het gesê op Maart 22, 2011

    Ek was eers geskok, Tacita.
    Toe vind dit ‘n plek…
    ; )

  6. Dis kosbaar.. ek hoop dit word êrens aan geteken

  7. Maankind2 het gesê op Maart 22, 2011

    Never nooit nog gehoor!

  8. Dit verdien om opgeteken te word.

  9. loudavisi het gesê op Maart 23, 2011

    Dit is kosbaar, veral die rym daarin.

  10. loudavisi het gesê op Maart 23, 2011

    Hello stil vriend.
    ; )

  11. loudavisi het gesê op Maart 23, 2011

    Ek het dit ook nog nie op enige ander plek gehoor nie.

  12. loudavisi het gesê op Maart 23, 2011

    Lyk my sulke sêgoed word sommer op die voete uitgedink.

  13. loudavisi het gesê op Maart 23, 2011

    Hi, Christell.

  14. Berwick het gesê op Maart 23, 2011

    Groetnis, Lou.

  15. loudavisi het gesê op Maart 23, 2011

    Groetnis, Berwick
    : )

  16. pasella het gesê op Maart 23, 2011

    Bar en aards, soos sy wêreld.

  17. Maghitta het gesê op Maart 23, 2011

    Hallo Lou, dit is goed gestel jy moet al hierdie dinge neer skryg in ‘n boek en eendag iets saamstel met al die se dinge en goed wat gebeur het – ek dink daar sal tonne lag in wees

  18. loudavisi het gesê op Maart 24, 2011

    Die mense is so komieklik en kreatief met woorde. Ek is nou spyt dat ek nie al lankal daaraan gedink het nie. Baie sêgoed al vergeet.

  19. Nee noggie gehoor nie, maar dis ‘n goeie een om te onthou en te gebruik in die toekoms.

  20. lisabeth het gesê op Maart 24, 2011

    Hier by ons se hulle ” die Koning sit op sy troon” as hulle wil beklemtoon dat hulle die waarheid praat.

  21. loudavisi het gesê op Maart 24, 2011

    Dit was vir my ook onbekend – tot nou toe nog nie weer gehoor nie

  22. loudavisi het gesê op Maart 24, 2011

    Sowaar!
    Wonder of hulle ook leuens vertel terwyl hulle so sweer..
    ; )

  23. Nuut, maar waaragtig pragtig – ek sal dit onthou!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.