IK’s

Maart 18, 2011 in Sonder kategorie

Net vandag dog ek, toe ek pouse alleen op die skool se stoep sit en diens doen, oor IK’s.

 

Ek reken daar is drie soorte.

 

Een is akademiese IK.  Dit word bevorder deur die omgewing waarin die kind grootword, en dis natuurlik ook oorerflik. Gewone skole is dus die regte plek vir diesulkes.

 

Twee is vaardigheids IK. Dié wat akademies vaal kan moontlik baie vaardig met die hande wees.

Ek gaan nie beroepe hier noem nie, want daar kan briljante mense wees wat baie goed doen in die afdeling. Daar is bv ‘n dogtertjie in my klas wat nog nie haar naam kan skryf nie…en sy is twee jaar ouer as haar klasmaats. In die goeie ou dae was daar spesiale klasse waar sulke kinders vaardighede kon leer. Daar is nou vir haar absoluut geen toekoms nie.

 

Dan derde is emosionele IK. Het ook al baie gewonder hieroor. Wanneer kom jy agter dat iemand nie hieroor beskik nie? Het dit iets te doen met gewete? Miskien is die mense wat nie ‘n emosionele IK het nie, gewetenloos? Sommige kan briljant akademies vaar en terselfdertyd baie vaardig wees. Hoe help mens iemand wat nie oor ‘n emosionele IK beskik nie? Die wat nie kan huil nie, die wat nie bewus is van ander se emosies nie en nie kan vertroetel en simpatiseer nie en nie kan voel wat ‘n ander voel nie?

 

Ok, nou oor gewete

Word mens daarmee gebore?

Is dit oorerflik?

Hoekom het sekere mense dit en ander nie?

Die leuenaars, moordenaars, misdadigers, dieremishandelaars, kindermolestreerders, en soveel meer.

 

 

 

Ek ry more weer oor berg en dal na my ou moeder toe.

Dis dalk die laaste keer – dalk kan dit nog ‘n jaar of wat wees.

Die hitte is …..toemaar, ignoreer asb.

 

Geniet die naweek en hou die gewete skoon!

😀

 

46 antwoorde op IK’s

  1. amydem2 het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    geez— gaan kuier vir jou ma… dis wonderlik!

  2. TS het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Ek kan ‘n boek skryf ook IK Ek het ‘n standaard preek ook gehad. ‘Onthou as hulle jou IK meet is die heel onderste punt van jou vermoeĂ« – Jy kan elke dag dit verbeter en super slim word!’ Ai ek wens ek kan iets doen vir die mense wat deur IK toetse vernietig is.

    Geniet die naweek by moeder. Ai ek wens baie keer myne het nog geleef.

  3. loudavisi het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Haar woorde oor die foon velede Vrydag het my so ontstel en soortvan vrede gegee.
    Hoe klink: O Lord, in Your hands I place mine. Please take me now?

    Harde tye van onthou van kindwees en jongmeisie wees en vrou wees, en dan nog ma word, en ouma word….alles flits verby.

  4. monicahaddad het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    As jy daai antwoord kry kan jy skatryk word…

    Wil jy nie kom draai nie?

  5. loudavisi het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    ek verstaan someer, verskriklik!
    Dis oulik.

    Ja, ek is bewus van meer IK’s, maar die drie is wat vir my NOU bekend is.

    Aan die een kant hoop ek dis die laaste keer wat ek na haar toe gaan – nie vir my nie, maar vir haar. Sy suffer big time! Aan die ander kant het ek altyd gedink sy gaan vir ewig hier wees…my maag trek op ‘n brandknop. (my eie woord, sopas uit my vingers gekom)

  6. loudavisi het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Destyds het ek ‘n seuntjie in my klas gehad met ‘n gemete IK van 51. Hy het matriek gemaak! Ek weet presies wat jy sĂȘ!

  7. loudavisi het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Dankie, Monica, ek het gewonder of ek in die duister is, maar jy het sopas bevestig wat ek gedink het.
    Ek gaan nie more kan kom draai nie, die tyd is te min en my ma kan nie meer saam nie. Die vakansie kom ek beslis! Maak jou reg vir enige dag van die 6de April se kant af.

  8. swong het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Ek stem saam oor die drie soorte IK. Dit is soos ‘n genie. Hy is ‘n genie in ‘n spesifieke rigting. Einstein was ‘n genie in fisika maar bittr min anders. Ek glo nie ‘n mense word gebore met ‘n gewete nie. Dit word word bepaal deur die omgewing en omstandighede waarin jy groot word.

  9. Park_Hadeda het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Miskien verstaan verskillende “tipes” mense maar net nie mekaar se EQ so lekker nie. Partymaal is die wat “nie hieroor besit nie” juis dies wat die meeste vir ander mense doen, sonder om daaroor te sing en dans.

  10. loudavisi het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Ek het ook dit vermoed – oor gewete. Tog is daar normale gesinne met duidelike gewetes, en een kind is daarsonder. (?)

  11. loudavisi het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Dis dan seker soos dit is, Kamma.
    Dankie vir die lig…dink ek sien.

  12. loudavisi het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Goed gesĂȘ, Hadeda.
    Ek ken ook sulke mense.

  13. Maankind2 het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Nat handdoekie…

  14. swong het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Dit gaan nie net oor wat in die huis gebeur nie maar ook buite. ‘n kind leer dinge en gewoontes aan by die omgewing buite die huis.

  15. Geitjie1 het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Ek dink mens word met ‘n gewete gebore, sommige mense het net geen empatie met ander nie, en kan hul verniel, vertrap en verneder.

    Sterkte vir jou en jou moeder………..mag julle nog baie kosbare tye deel………..myne is nie meer daar nie.

    Terloops my gewete is skoon……….

  16. swong het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Ek stem saam maar was hy ‘n genie in klavier speel?

  17. swong het gesĂȘ op Maart 18, 2011

    Goeie punt. Lekker om met jou te chat.

  18. Berwick het gesĂȘ op Maart 19, 2011

    Sterkte, Lou en lekker naweek.
    Ek dink dis orraait dat Einstein net in een rigting ‘n genie was.

  19. loudavisi het gesĂȘ op Maart 19, 2011

    Dankie vir die kommentaar, Celia!
    Ek gaan ‘n punt daarvan maak om meer oor EQ te lees…en gewete.
    Daar is natuurlik nog die EW (Ek Wil) een ook!
    Groetnis

  20. loudavisi het gesĂȘ op Maart 19, 2011

    Ingepak, dankie…gaan nou ry.

  21. loudavisi het gesĂȘ op Maart 19, 2011

    Geluk met die skoon gewete – ek probeer om myne ook skerp te hou!

    😀

  22. loudavisi het gesĂȘ op Maart 19, 2011

    Dink nog biekie – ek stel regtig belang!

  23. louisna het gesĂȘ op Maart 19, 2011

    Geniet jou naweek Lou en se groete vir moeder.

  24. pasella het gesĂȘ op Maart 19, 2011

    Dis die sondes van die vaders.

  25. Balans het gesĂȘ op Maart 19, 2011

    In sielkunde1 se prakties kon ek nie eers die skuifblokkie regkry nie.
    Ek het darem maar heelwat verder gekom.
    Skale is relatief en EQ speel ‘n groter rol as IK.
    Sensitiwiteit is dikwels die groot spelbreker – ook waar die betrokkene onnsentitief voorkom. Voorkoms bedrieg. Dit is in elk geval van EIE interpretasie afhanklik!
    Geseende naweek vir jou

  26. DapperMuis het gesĂȘ op Maart 19, 2011

    dis baie mooi geskryf! ek het ook al baie hieroor gewonder….

  27. abrham het gesĂȘ op Maart 19, 2011

    sommiges is beter afgerig as ander

  28. Trakie het gesĂȘ op Maart 20, 2011

    Soveel teorieë, maar sal ons ooit weet?

  29. “Emotional Intelligence – why it can matter more than IQ.” Daniel Coleman, Bloomsbury Publishing Plc, ISBN 0 7475 2830 6.

  30. loudavisi het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Ek dink ook so, Berwick. Een talent, goed bemeester is beter as tientalle effenses.

  31. loudavisi het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Moeder is swak, maar geestelik ‘n reus!
    Dis nie maklik om te aanskou nie.

  32. loudavisi het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Sien jy!
    Flippen vaders….

  33. loudavisi het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Ja. Net vreemd dat een kind uit
    n paar kinders uit dieselfde huis se emosionele Ik’s nie bestaan nie.

  34. loudavisi het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Dankie vir die kommentaar, Blaasbalk.
    Ek sal nog verder hieroor moet dink..

  35. loudavisi het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Ons sal seker nog lank hieroor wonder Muisie. Ek het die naweek met ‘n kindersielkundige gesels en geen antwoorde gekry nie

  36. loudavisi het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Kort en kragtig.
    Sommiges het seker net meer aandag gegee ook.

  37. loudavisi het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Seker nie, Kelkiewyn.

  38. loudavisi het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Ek gaan nou daar kyk, Thomas.
    Dankie

  39. louisna het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Wees bly te midde van die hartseer. Dit kon andersom gewees het. Loer in op die stoep. Mooi dag verder.

  40. loudavisi het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Ek is sommer nou daar, hou die wyn reg..: )

  41. louisna het gesĂȘ op Maart 21, 2011

    Heerlike KWV wag vir jou.

  42. loudavisi het gesĂȘ op Maart 22, 2011

    Dis wat met my dogter laasweek gebeur het. Sy het net opgegee met ‘n vriendin wat saam met haar werk. Die vriendin is vaardig en so intelligent, maar kort die EQ!

    Dit gaan glad nie goed met moeder nie…..glad nie!

  43. shlwanjan het gesĂȘ op Maart 23, 2011

    Jammer om te hoor, Lou. Sterkte.

  44. wesnwew het gesĂȘ op Maart 28, 2011

    hi Lou! Hierdie een gaan ‘n laaaang antwoord van my kry…
    almal het maar sy sterkpunte en swakhede, en in my opinie sal die ultimate wees ‘n gemmiddelde IK en EQ, want die een is soveel minder ‘werd’ sonder die ander. (en die ander tipes dan).

    Soos jy my nou al ken ‘sukkel’ ek effens met ‘n paar van die nicer features, soos om ander mense se emosies te verstaan, voorspel, en ‘voel’. Eks ook nie groot op die gewete ding nie, en in kort is my EQ maar aan die lae kant. Ek dink dit het amper net soveel te doen met hoe ander my optrede interpriteer…. My ma en suster het my bv noudiedag in ‘n hoek gehad en vertel hoe swak en onaanvaarbaar my taalgebruik is. Die woorde dat dit ‘dui op ‘n lae eq’ Het o.a. Toevallig opgekom. Ek kan heeltemal insien hoe hulle daarby uitkom, en ontken dit vir geen oomblik nie, maar die feit van die saak is dat ek gefrustreerd raak wanneer ek sukkel om myself verbaal uit te druk (ook wat my emosies betref) dĂŹt het sekerlik nie soveel met IK te doen as wat dit met taalvaardigheid te doen het, maar daar raak ek pissed off… En dan vloek ek. Dis amper soos kode woorde. Wanneer ek ‘n emosie probeer ‘wys’ dan vloek ek. In my opinie sĂȘ dit iets oor my emosie maar blykbaar hoor mense dit anders. En wanneer ek sukkel om iets te verduidelik (en dit gebeur gereeld) dan vloek ek… Elkgeval my EQ is laag, maar ek het nog steeds ‘n keuse in hoe ek teenoor ander optree, en of ek en tot watter mate ek hulle in ag neem. Dit gaan nie net oor hulle nie maar ook oor my, en wie en wat ek kies om te wees….

    My punt is dat ek nie oortuig is dat dit noodwendig gaan oor ‘n gebrek aan gewete en / of lae EQ nie (vir ‘n leuenaar, serial killer etc) , maar eerder ‘n lae self waarde, wat veroorsaak dat hulle nie ‘beter’ vir hulleself kies nie. Gebrek aan respek vir hulleself, vir wie en wat hulle is en kan wees

  45. loudavisi het gesĂȘ op Maart 31, 2011

    Yo, Wessie, dis nou ‘n uitstekende verduideliking. Het nie gedink aan selfbeeld en hoe dit ‘n bydrae kan lewer tov EQ nie! Ek dink natuurlik jy under estimate jouself.
    xx

  46. wesnwew het gesĂȘ op Maart 31, 2011

    🙂 ek sal tog maar eendag vir jou moet kom kuier, dan kan jy vir jouself sien….

    Eks ‘n realis dis al. Daars niks fout met my ego nie. Ek is on avg geneig om te dink eks meer as ok, maar dit help ook nie om te maak of ek die enkele foutjies miskyk nie 😉

    By the way hoe gaan dit met jou ma?

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.