HELP asb – desktop dating

Maart 16, 2011 in Sonder kategorie

Ek het sopas by ModderKoekie gelees van ‘n stalker.

 

Netnou bel ‘n vriendin my en sê sy kan nie my versoek aanvaar nie.

 

Ek sê toe WAT?

 

Dog ek het haar vir iets uitgenooi en ek het vergeet.

 

Sy sê my request vir “Desktop Dating”

 

Wat is dit?

 

Hoe kom dit op my rekenaar?

 

Toe ek my seun vra om te kyk, sê hy ek het vir hom ook ‘n email gestuur via Desktop Dating!

 

Genade tog, wat gaan aan?

 

Ek stel regtig nie belang in enige dating nie, en ek vermoed dat almal op my mail lys die boodskap gekry het….

 

Hy het hier gevroetel en gedelete.

 

Almal hier moet asb tog nie dink ek stel enigsins belang nie.

 

OK?

 

Embarassed  (bloos)

23 antwoorde op HELP asb – desktop dating

  1. loudavisi het gesê op Maart 16, 2011

    Ons het sopas Desktop Dating gegoogle.

    Doen jouself ‘n guns en gaan kyk!

    Soveel mense het dieselfde probleem, regoor die wereld….onwetend word daar requests in jou naam na almal op jou mail lys gestuur.

  2. loudavisi het gesê op Maart 16, 2011

    Presies, Minwoorde!!
    Ek skaam my morsdood…kyk net my rooi wangetjies…
    😀

    Lekker slaap, ok?

  3. bloukaap het gesê op Maart 16, 2011

    ek dog jy sleep vlerk. ai nou’s my ego weer gesmash

  4. loudavisi het gesê op Maart 16, 2011

    As ek nog ‘n vlerk gehad het, sou ek!

    😀

  5. loudavisi het gesê op Maart 17, 2011

    Ek dink aan almal op my email lys, Celia…daar is my hoof, versekering, adviseurs van die WKOD, ou skoolvriende, familie ens…nou bloos ek eers.

  6. loudavisi het gesê op Maart 17, 2011

    Dog jy sou kon raad gee, Berwick.
    : (

  7. loudavisi het gesê op Maart 17, 2011

    Bwhahahaha!
    Dis verskriklik, Verskriklik.
    Gaan google dit..

  8. Hierdie maand se Dit Idees tydskryf het ‘n artikel hieroor, oor hoe maklik ‘spammers’ jou inligting in die hande kry.

  9. Modigliani het gesê op Maart 17, 2011

    You go girl!!!!

  10. loudavisi het gesê op Maart 17, 2011

    Dankie, Papeslaai…ek gaan daar kyk.
    Ek voel wraggies skaam.
    : )

  11. loudavisi het gesê op Maart 17, 2011

    haha!
    Neeeeee
    Dit moet lees:
    Stop, girl.

  12. skermunkel het gesê op Maart 17, 2011

    Oh, ek dag jy stel baie belang in my, dankie vir jou versoek …. hahahaha
    Jy moene nie skaam nie Lou.
    Ek het dit ook al van andere mense gekry.
    Dit is ooral ‘n probleem geword.

  13. loudavisi het gesê op Maart 17, 2011

    Daar is soveel hogere mense op my mail list, Fernand. Skoolinspekteurs en Vakadviseurs, al my familie ens.

    Op Google se die mense dis Hotmail. Ek sal my adres moet verander.
    Groetnis

  14. loudavisi het gesê op Maart 17, 2011

    Moenie so lag nie!
    Ek is in diep verleentheid…
    : 0

  15. loudavisi het gesê op Maart 18, 2011

    Iemand het dmv password my lysie gekry… of hoe werk dit?

  16. Niks om oor skaam te wees nie. Die Internet is die einde van privaatheid.

  17. loudavisi het gesê op Maart 18, 2011

    het hoeka al gedink om toe te maak, maar ruk ek myself reg!
    😀

  18. Koeitjie het gesê op Maart 18, 2011

    Dankie, maar ek verkies Hunks.

  19. loudavisi het gesê op Maart 18, 2011

    hahaha!

    Ek ook…

  20. DapperMuis het gesê op Maart 19, 2011

    LOLOL!!! skuus dat ek ook hier squeek!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.