Dis nie maklik nie

Maart 15, 2011 in Sonder kategorie

Om gedagtes bymekaar te sit en op een ding te fokus is nie vir ‘n vrou maklik nie.

 

Ons is mos multitask wesens.

 

Ek dog toe dié ding:

 

Almal met ‘n probleem hol kopdokter toe.

 

Hetsy huwelik/finansies/toekoms/grensoorlog/trauma agv ongeluk, plaasmoorde/kinders/kanker/whatever,  val in depressie en stres neem oor en die uitkoms is kopdokter!

 

Dis fine.

 

Dis goed so.

 

Elke bietjie help.

 

Wat van die duisende wat deur die aardbewing en tsunamies geraak is?

Waar gaan hulle kopdokters kry om dit wat gebeur het te verwerk.

 

Ek is sommer lus om soos Albertus te sê: Julle moet biekie wakker word!!!!

 

(Ek praat nie van julle hier op die blogs nie)

Wat van die ma’s en oumas wat wonder waar hulle kinders is?

Wat van al die kinders wat wonder waar hulle ouers en boeties en sussies is?

Mense sonder ID’s, bankbesonderhede, geboortesertifikate en vele meer.

Mense met geld in die bank en die bank bestaan nie meer nie.

 

NIKS!

 

Ek dink ons moet om ons kyk en net dankbaar wees vir wat ons het.

 

Ek dink ek dink te veel.

 

Ek gaan NIKS hier skryf nie, want op my vorige skrywe het NIEMAND die punt gesien nie.

Tsk……

(Dit gaan nou weer beter met Ezra. Die koors is effe af)

(Dankie vir die belangstelling)

 

 

 

 

25 antwoorde op Dis nie maklik nie

  1. elizac het gesê op Maart 15, 2011

    Ja, ek wens ook mense wil wakkerskrik.

  2. Al hierdie goed is vêr bo ons piepklein verstandjies. So al wat oorbly is chop wood, carry water……dis wat ons moet doen.

  3. skermunkel het gesê op Maart 15, 2011

    Ja, jy het gelyk.
    Jou woorde is sooooo waar.

    Ek is bly dit gaan beter met Ezra.

  4. loudavisi het gesê op Maart 15, 2011

    Hier is ‘n paar mense in my omgewing wat biekie wakker geruk moet word, Elizabeth!

  5. loudavisi het gesê op Maart 15, 2011

    Dankie verskriklik.
    Ek is net so dankbaar. Het die dood so voor my oe sien afspeel, maar ek is mos dramaqueen!
    Sien jy!

  6. loudavisi het gesê op Maart 15, 2011

    Dis al wat ek wil doen, Monica.
    Dit klink so maklik en so vry.
    “Chop wood, carry water”

  7. loudavisi het gesê op Maart 15, 2011

    Ja, fernand.
    Ons het nie beheer oor die groot dinge nie, maar dit lyk my die klein dingetjies word so groot gemaak.

  8. loudavisi het gesê op Maart 15, 2011

    Dis soos Monica sê, chop wood, carry water. Wens ons lewens kon so eenvoudig wees soos dit.
    xx

  9. loudavisi het gesê op Maart 15, 2011

    Ja, Celia, dis hoekom ek se ons vrouens se koppe kan nie net op een ding fokus nie.
    Dankie vir die kommentaar.
    xxxxxx

  10. loudavisi het gesê op Maart 15, 2011

    Kelly, dink gaan niks hieraan verander nie. Ek kan nie glo dat die besigheid my so diep laat val het nie!
    Ek gaan ook NOU nie meer dink nie.
    xx

  11. loudavisi het gesê op Maart 15, 2011

    Daar is net soveel kak in ons sjampoo en blikkieskos, watwou gesigrome

  12. Book_Ends het gesê op Maart 15, 2011

    Ek het baie respek vir die mense wat sulke verskriklike verliese ly en nog voortgaan
    🙁

    Bly oor Ezra.

    Het Annemari haar blog verwyder?

  13. Berwick het gesê op Maart 16, 2011

    Ek stem baie saam oor die dankbaar vir wat ons het, Lou.
    Maar om een of ander rede het ek na die foto’s van die tsoenami en aardbewing gekyk sonder om werklik te besef: People were living there. Weet nie hoekom nie.

  14. loudavisi het gesê op Maart 16, 2011

    Ek gaan nou by jou kom kom inloer.
    Ek is nie bang vir die dood nie, net bitter bang dat die mense om my iets sal oorkom – dalk moet ek gaan vir berading of iets..; )

  15. loudavisi het gesê op Maart 16, 2011

    Ek kan my nie indink hoe dit moet wees nie. Mens kyk en is verbaas en bewonder die massas water en almal praat daaroor en sug ens, en dan gebeur daar weer iets op ‘n ander plek en ons is van vooraf geskok..

    Ek weet nie wat van Annemari geword het nie.

  16. loudavisi het gesê op Maart 16, 2011

    Kopdokter toe met jou, Berwick!
    : 0

    Dis asof mens daai deel wil onderdruk…eers later begin mens bietjie meer dink.

  17. loudavisi het gesê op Maart 16, 2011

    Hello, my vriend..

  18. loudavisi het gesê op Maart 16, 2011

    intussen moan ons hier oor die hitte.
    Wag ek kom atwoord jou op jou plek

  19. loudavisi het gesê op Maart 16, 2011

    Dis so angswekkend, Klara.
    Sal mens ooit jouself in so ‘n situasie kan indink?

  20. Ons kan maar net vir die Japs bid…

  21. wesnwew het gesê op Maart 17, 2011

    Hi Lou… Hoe ek dit sien is ons fokus op die klein dingetjies en probeer verbete beheer wat ons kan, maar daardeur skeep ons die groter goed af, waar ons eintlik ‘n verskil moet en kan maak… Die ding is dat magteloosheid een van die nare gevolge van vrees is, en magteloosheid maak ons dom in a way. Maar dat ons nie die ‘hoop’ raaksien nie. ‘n siek kind is een van die issues wat my binne een sekond totaal magteloos laat voel. Hoop Ezra is darem al baie beter.

  22. loudavisi het gesê op Maart 18, 2011

    Vyf sterre vir hierdie kommentaar, wesnwew!
    Dit gaan goed met Ezra, Gister was hy heeldag sonder koors, so ons hoop die kiem is nou dood.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.