Mr Jimsanity (aardbewings en tsunamies)

Maart 12, 2011 in Sonder kategorie

Kon nie help om aan Mr Jimsanity te dink nie.

Ek meen noudat die wêreld skud en ruk.

  

Ek onthou nie meer die regte woorde nie.

Het dit ook gegoogle, maar kry dit glad nie.

Ek is ook nie eintlik ‘n goeie googlelaar nie 

Miskien ken iemand hier dit.

Dit gaan soortvan so:

  

Mr Jimsanity

always wiped the lavatory seat

before he sat down

examined the cups for cracks….

……

 

en dan die einde:

  

was hit by a double decker bus.

  

Which just goes to show

if you look after the little things

the big things look after themselves.

Ja, né…ons kan maar ons kaghuisies lekker skoon jik, want ons het beheer daaroor.

Soos die gediggie sê: Die groot goed kyk na hulself, dit waaroor ons geen beheer het nie.

Die swart hond kuier biekie hier, smaak my hy het ‘n naweekpas gekry.

Ezratjie is flippenfokkensiek. Vandag weer na ‘n ander dr toe. (sy ma sê hy het nie geslaap nie en het opgegooi, ouma het intussen die beddegoed gewas) Die ander dr sê dis erge mangels….nou wonder ek of gister se dr dit nie raakgesien het nie…sê julle, dis bykans R700 net vir die twee besoeke, medikasie uitgesluit.

Ek het sommer getjank toe ek hom so pap en leweloos in sy ma se arms sien.

EK HOOP JULLE NAWEEK IS BAIE LEKKERDER AS MYNE.

♥ 

 

29 antwoorde op Mr Jimsanity (aardbewings en tsunamies)

  1. Gelukkig word hulle weer net so vinnig gesond. Gooi vir die hond ‘n been doer ver in die veld lat hy kan gan.

  2. loudavisi het gesê op Maart 12, 2011

    Hoop die mangels gaan saam met die been…jy het geen idee hoe geworried ek is nie…sy asempie is so hortend en die lippies bloedrooi van die koors.

  3. Modigliani het gesê op Maart 12, 2011

    Sterkte daar!
    Ek weet presies hoe aaklig dit is om hulle so siek en hulpeloos te sien.

  4. TS het gesê op Maart 12, 2011

    Ai tog… sterkte… Kom ons hoop die nuwe medisyne werk gou Hoop hy is sommer gespuit ook?

  5. loudavisi het gesê op Maart 12, 2011

    Dankie samuhr – het sopas ‘n vliegkaartjie vir die hondjie na jou toe afgehandel ….hoop jy het plek vir hom

  6. loudavisi het gesê op Maart 12, 2011

    As dit by my kleinkind kom, dan ys my hart as hy so siek is.

  7. loudavisi het gesê op Maart 12, 2011

    ja, hy is gespuit – dis toe ek mos uitloop…dankie tog ek is nie ‘n dr nie!

  8. HeavyHenry het gesê op Maart 12, 2011

    Ag hel – hoop die oukie word gou beter.

  9. wesnwew het gesê op Maart 12, 2011

    dis die heel aakligste (en magtelose)gevoel daai. Dink aan hom.

  10. loudavisi het gesê op Maart 12, 2011

    Koorsig, Henry!
    Sover help niks nie

  11. loudavisi het gesê op Maart 12, 2011

    Ezratjie het nou inspuitings en pille wat onder in gedruk word, en strope ens, maar die koors bly! More gaan hy weer sy ou self wees, ek weet sommer…
    Mangels uithaal is erg op ‘n groot ouderdom. Sterkte met die nurse speel..xxx

  12. loudavisi het gesê op Maart 12, 2011

    Dankie, vriendin

  13. loudavisi het gesê op Maart 12, 2011

    Naand, my vriend.

  14. Sterkte en simpatie!

  15. HeavyHenry het gesê op Maart 13, 2011

    Hoop die koors is al gebreek…

  16. loudavisi het gesê op Maart 13, 2011

    Koors kom elke keer terug as die medisyne uitgewerk is, maar hy lyk al heelwat beter.

  17. loudavisi het gesê op Maart 13, 2011

    Dankie, Thomas.
    Lekker dag

  18. HeavyHenry het gesê op Maart 13, 2011

    Klink nie goed nie – is asof hulle nie die regte ding doodmaak met die medisyne nie

  19. pasella het gesê op Maart 13, 2011

    Krag en sterkte jou toegewens!

  20. loudavisi het gesê op Maart 13, 2011

    Die antibiotika en ander stroop onderdruk net die koors tot dit uitgewerk is, Henry. Hy lyk al effe beter. Dankie vir die belangstelling.

  21. loudavisi het gesê op Maart 13, 2011

    Dankie, Lewies.
    ; )

  22. diefotoman het gesê op Maart 13, 2011

    Hi Lou, Dit gaan goed met ons en daar by julle? EK sien daai kleinding is siek, sterkte maar die jonges bounce gelukkig vinnig terug.

  23. loudavisi het gesê op Maart 13, 2011

    Dan moet die kleintjie nou vinnig leer bounce, Spook!
    Hene tog, die ouma is geworried, hoor…al gaan dit effe beter.

    Groetnis tuis

  24. Dokters is ooknie meer wat hulle moet wees nie….party inelkgeval. Sterkte daaikant.

  25. loudavisi het gesê op Maart 14, 2011

    Die eerste een na wie ons gegaan het, sy gewone dr, is so. Mens moet altyd weer teruggaan. Lyk my ons het nou die regte een…jong vrou maar het ook al ‘n kind, so sekerlik/hopenlik die regte een die keer.

  26. Trakie het gesê op Maart 15, 2011

    Hoop dit gaan teen die tyd sommer baie beter met klein Ezra.

  27. loudavisi het gesê op Maart 15, 2011

    Dit doen, Kelkiewyn!
    Dankie tog…

  28. loudavisi het gesê op Maart 17, 2011

    Ek is ‘n besige ouma, Wynvlieg.
    Baie, baie dinge om af te tik op my checklist.
    : )

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.