Jy blaai in die argief vir 2011 Maart.

Ek en Ezra WERK!

Maart 31, 2011 in Sonder kategorie

Oupa Hartman het ‘n ruk gelede (op my aandrang) die fontein laat opdroog. Toe gooi hy die vissies se huisie vol sand, gemeng met sout, want hulle sê dit werk deesdae so.  Nou kan ek toesig hou op ‘n tuinstoel en ‘n blokkiesraaisel.

 

 

Ek het die ou skoolbank by die skool gekoop. Kyk net hoe netjies pas Ezra al!

Die skroewedraaier is ‘n moet. Waar hy gaan is dit by hom. Soos ek skroewe uitdraai, so sit hy hulle terug. Intussen skuur Ouma rustig voort.

Dink nie dis besonderse hout nie, nou wonder ek of ek dit nie sommer moet verf nie – giggelgroen of navy of so…

Wat dink julle?

 

 

Moenie sê ek praat bollie nie, ok?

The proof is in the picture.

 

Persoonlike update:

Skole sluit more

Rapporte klaar

Sondag ou ouma toe

Maandag alweer Panorama

Dan Mall toe en huistoe.

En volgende Maandag is dit alweer back to school.

 

 

 

 

 

Oor Onderwys

Maart 27, 2011 in Sonder kategorie

Kahlil Gibran sê die volgende oor onderwys. (teaching)

 

“No man can reveal to you aught but that which already lies half asleep in the dawning of our knowledge”

 

In my eie woorde soos ek dit verstaan.

 

‘n Onderwyser kan net dit wat reeds in die kind se kop sluimer, wakker maak.

 

Dink bietjie hieroor.

Ek meen, toe my ma my geleer het om knoopsgate te maak of hoe om ‘n zip in te sit, het ek dit al die tyd geweet, maar was nie bewus daarvan nie. (?)

 

Toe Hartman my jongeling gewys het hoe elektrisiteit werk, het die kind dit al die tyd reeds geweet?

 

Ek wil dit nie glo nie.

Dalk is ek vanaand blonderig en sonder begrip

Wat sê julle?

HELP GOU ASB. ALLE GESKIEDENIS KENNERS

Maart 25, 2011 in Sonder kategorie

Vierdejaar onderwys-student soek hulp.

 

Die taak lui as volg:

 

1.  Watter aspek van die SA Geskienis, wat jy voel nagelaat is, maar wel in skole geleer moet word.

 

2.  Die implikasies wat hierdie aspek op die verstaan van die SA geskiedenis gaan hê.

 

Ek voel dat dit ‘n onbillike vraag is, want die arme student moet mos eers bewus gemaak word van sulke aspekte.  Hulle het 4 jr gelede Geskiedenis op skool gehad, (dis was toe al nuwe geskiedenis) en is dus nie bewus van wat nie in die leerprogram opgeneem is nie.

 

Net ‘n aspek asb.  Net EEN!

 

Sy sal self die nodige navorsing doen.

 

Ag, maats, baie baie baie dankie!

Hoop om gou van julle te hoor.

; )

 

 

 

 

 

Sowaar

Maart 22, 2011 in Sonder kategorie

Twintig jaar gelede, net nadat ons na hierdie vreemde (nou nog) Namakwaland toe getrek het, het ‘n plaasarbeider, hoog geswael (dronk)  eendag aan ons deur kom klop.

 

Sy naam is Dofie  (hy kan nie goed hoor nie.)

 

Hy kom toe by ons huurplasie aan met ‘n toiletpot

 

Sê hy: Ekt gaho da julle ‘n hoewetjie gekoop het en miskien ka Meneer die toilet gebruik.

 

Hartman: Nee dankie. Ons het klaar gekoop.

 

Dofie: Menee, die toilet is spiekeries nuut!

 

Hartman: Waar het jy dit gekry?  Seker iewers gesteel?

 

Dofie: Menee, sowaar as die god wat die wingerd laat bot, dissie gesteel nie!

 

 

Netnou, toe iemand hier die waarheid sweer, glip my kop na daardie tyd.

Kan die woorde nie vergeet nie.

 

 

Daardie spreekwoord is nou nog vir my nuut. 

Ek wonder of dit iewers aangeteken is.

Het een van julle al dit gehoor?

 

 

 

 

 

 

 

 

IK’s

Maart 18, 2011 in Sonder kategorie

Net vandag dog ek, toe ek pouse alleen op die skool se stoep sit en diens doen, oor IK’s.

 

Ek reken daar is drie soorte.

 

Een is akademiese IK.  Dit word bevorder deur die omgewing waarin die kind grootword, en dis natuurlik ook oorerflik. Gewone skole is dus die regte plek vir diesulkes.

 

Twee is vaardigheids IK. Dié wat akademies vaal kan moontlik baie vaardig met die hande wees.

Ek gaan nie beroepe hier noem nie, want daar kan briljante mense wees wat baie goed doen in die afdeling. Daar is bv ‘n dogtertjie in my klas wat nog nie haar naam kan skryf nie…en sy is twee jaar ouer as haar klasmaats. In die goeie ou dae was daar spesiale klasse waar sulke kinders vaardighede kon leer. Daar is nou vir haar absoluut geen toekoms nie.

 

Dan derde is emosionele IK. Het ook al baie gewonder hieroor. Wanneer kom jy agter dat iemand nie hieroor beskik nie? Het dit iets te doen met gewete? Miskien is die mense wat nie ‘n emosionele IK het nie, gewetenloos? Sommige kan briljant akademies vaar en terselfdertyd baie vaardig wees. Hoe help mens iemand wat nie oor ‘n emosionele IK beskik nie? Die wat nie kan huil nie, die wat nie bewus is van ander se emosies nie en nie kan vertroetel en simpatiseer nie en nie kan voel wat ‘n ander voel nie?

 

Ok, nou oor gewete

Word mens daarmee gebore?

Is dit oorerflik?

Hoekom het sekere mense dit en ander nie?

Die leuenaars, moordenaars, misdadigers, dieremishandelaars, kindermolestreerders, en soveel meer.

 

 

 

Ek ry more weer oor berg en dal na my ou moeder toe.

Dis dalk die laaste keer – dalk kan dit nog ‘n jaar of wat wees.

Die hitte is …..toemaar, ignoreer asb.

 

Geniet die naweek en hou die gewete skoon!

😀

 

HELP asb – desktop dating

Maart 16, 2011 in Sonder kategorie

Ek het sopas by ModderKoekie gelees van ‘n stalker.

 

Netnou bel ‘n vriendin my en sê sy kan nie my versoek aanvaar nie.

 

Ek sê toe WAT?

 

Dog ek het haar vir iets uitgenooi en ek het vergeet.

 

Sy sê my request vir “Desktop Dating”

 

Wat is dit?

 

Hoe kom dit op my rekenaar?

 

Toe ek my seun vra om te kyk, sê hy ek het vir hom ook ‘n email gestuur via Desktop Dating!

 

Genade tog, wat gaan aan?

 

Ek stel regtig nie belang in enige dating nie, en ek vermoed dat almal op my mail lys die boodskap gekry het….

 

Hy het hier gevroetel en gedelete.

 

Almal hier moet asb tog nie dink ek stel enigsins belang nie.

 

OK?

 

Embarassed  (bloos)

Dis nie maklik nie

Maart 15, 2011 in Sonder kategorie

Om gedagtes bymekaar te sit en op een ding te fokus is nie vir ‘n vrou maklik nie.

 

Ons is mos multitask wesens.

 

Ek dog toe dié ding:

 

Almal met ‘n probleem hol kopdokter toe.

 

Hetsy huwelik/finansies/toekoms/grensoorlog/trauma agv ongeluk, plaasmoorde/kinders/kanker/whatever,  val in depressie en stres neem oor en die uitkoms is kopdokter!

 

Dis fine.

 

Dis goed so.

 

Elke bietjie help.

 

Wat van die duisende wat deur die aardbewing en tsunamies geraak is?

Waar gaan hulle kopdokters kry om dit wat gebeur het te verwerk.

 

Ek is sommer lus om soos Albertus te sê: Julle moet biekie wakker word!!!!

 

(Ek praat nie van julle hier op die blogs nie)

Wat van die ma’s en oumas wat wonder waar hulle kinders is?

Wat van al die kinders wat wonder waar hulle ouers en boeties en sussies is?

Mense sonder ID’s, bankbesonderhede, geboortesertifikate en vele meer.

Mense met geld in die bank en die bank bestaan nie meer nie.

 

NIKS!

 

Ek dink ons moet om ons kyk en net dankbaar wees vir wat ons het.

 

Ek dink ek dink te veel.

 

Ek gaan NIKS hier skryf nie, want op my vorige skrywe het NIEMAND die punt gesien nie.

Tsk……

(Dit gaan nou weer beter met Ezra. Die koors is effe af)

(Dankie vir die belangstelling)

 

 

 

 

Mr Jimsanity (aardbewings en tsunamies)

Maart 12, 2011 in Sonder kategorie

Kon nie help om aan Mr Jimsanity te dink nie.

Ek meen noudat die wêreld skud en ruk.

  

Ek onthou nie meer die regte woorde nie.

Het dit ook gegoogle, maar kry dit glad nie.

Ek is ook nie eintlik ‘n goeie googlelaar nie 

Miskien ken iemand hier dit.

Dit gaan soortvan so:

  

Mr Jimsanity

always wiped the lavatory seat

before he sat down

examined the cups for cracks….

……

 

en dan die einde:

  

was hit by a double decker bus.

  

Which just goes to show

if you look after the little things

the big things look after themselves.

Ja, né…ons kan maar ons kaghuisies lekker skoon jik, want ons het beheer daaroor.

Soos die gediggie sê: Die groot goed kyk na hulself, dit waaroor ons geen beheer het nie.

Die swart hond kuier biekie hier, smaak my hy het ‘n naweekpas gekry.

Ezratjie is flippenfokkensiek. Vandag weer na ‘n ander dr toe. (sy ma sê hy het nie geslaap nie en het opgegooi, ouma het intussen die beddegoed gewas) Die ander dr sê dis erge mangels….nou wonder ek of gister se dr dit nie raakgesien het nie…sê julle, dis bykans R700 net vir die twee besoeke, medikasie uitgesluit.

Ek het sommer getjank toe ek hom so pap en leweloos in sy ma se arms sien.

EK HOOP JULLE NAWEEK IS BAIE LEKKERDER AS MYNE.

♥ 

 

30 Seconds

Maart 11, 2011 in Sonder kategorie

Dis ‘n hy

 

Afrikaans

 

Was saam met my op skool  (Ok, almal weet seker nou :D)

 

Hy is ‘n opgeleide textile designer/maker/weaver

 

Hy dra weird skoene

 

Hy pak gereeld op.