Saampie
Februarie 27, 2011 in Sonder kategorie
(Julle wat al lank hier is, onthou seker vir Saampie.)
Ok, ek is nou al kalmer.
Ek gaan nogtans Saampie se hoeders aan die keel gryp.
Hy is nou al 12jr oud.
Vrydagaand het Burger (die sanger-boetetjie wat een of ander singbesigheid gewen het) hier by ons skoolsaal opgetree.
Laatmiddag sê Hartman dat hier groterige kinders op die sypaadjie voor ons huis sit.
Ek stap toe uit om te sien.
Sit Saampie en ‘n maatjie daar en wag vir Juffrou om uit te kom.
Hulle soek kaartjies vir die show.
Ek gee toe maar die R20 per kop.
Die toestand van my Saampie is angswekkend! Die ou navy sweetpakbroek is so vuil. Die pype is opgerol sodat hy darem kan loop. Die grootmenshemp hang onder sy knieë….vuil!! Hy ruik suur. Daar is nou ‘n toilet en wasbak op elke plot in die plakkerskamp, Riemvasmaak. Ek voorsien hom steeds van skoolklere, maar het vergeet dat die kind groot word en dat sy huisdra en uitgaan klere seker nou te klein is vir hom. Die vorige stel skoolklere, twee van elk, het die Ouma verkwansel vir Namakwa Daisy….warm suur wyn in ‘n plestiek bottel.
Ek weet nie hoe ek dit gaan doen en wanneer nie, maar watch my! Ek gaan sy hoeders aan die bors rondruk! Nou hoor ek kindertoelae gaan meer word…meer drank vir die hoeders!
Elke kind is ‘n geskenk en elke ouer moet eendag voor die troon staan.
Ek sou, as ek nie mense in my huis gehad het nie, vir hom in ‘n bad vol jik en handy andy gedruk het, hom met ‘n skuursponsie geskrop het, sy seerplekke ontsmet het en dan geklee en gevoed het.
Ag Here tog, ag shame!
Onlangse kommentare