Die hart van Hartman
Januarie 27, 2011 in Sonder kategorie
makeer niks!
Die plaaslike gp het al laasjaar vir Hartman gesê van die stent in die hoofslagaar….oor en oor. Hy was net nie lus daarvoor nie. Die pad soontoe, die nag in die hospitaal, die ens ens…was te veel vir hom. Later maak die gp hom lekker bang en maak dringend die afspraak vir Dinsdag…eergister. Ek reel vir aflos – beplan vir 2 dae vir die aflos en pak 2 dae se klere in…op die ingewing van die oomblik gooi ek nog ‘n eksta stel klere in vir in case ek nie lus is vir wat ek ingepak het nie. Dankie tog! So, Dinsdag was dit ‘n hele spul toetse. van halftien af tot 6u wat ek daar weg is. Hartman se bek was lekker dik oor hy in die hospitaal moes oornag – hy moes, anders betaal die mediese fonds nie uit nie, sê hulle. Woensdag half nege is hy teater toe, teen half tien kom hy uit. Sy are is oop. Niks van stente nie. Hy moet net lê tot half twaalf toe, dan kan hy opstaan. Ok, 12u se ek vir die “desk” ons kan seker nou huistoe gaan. Ja, dis ok, net die dr se toestemming dan is ons weg…….glo my….half 7 kom die dr hom ontslaan. Te laat! Ouma Loua kan nie oor berg en dal in die nag nie. Bel die hoof. Ek kan NIE in die nag sien nie. Kan nie afstand skat nie, kan nie bepaal hoe ver die ligte voor my is nie….ek is te oud vir die stres ook. Hoof se ek moet ontspan en alles is gereel vir die aflos.
Slaap toe maar weer in die gastehuis. Hartman se enigste stel klere mooi met die hand oopgestryk – (hy moes dit vir drie dae dra) Het mos nie geweet nie. Anyway, ons is tuis en Hartman se bene pyn alweer…so die probleem le seker in die rug, al wys die plate niks. Sal maar moet sien wat die toekoms inhou. Hy het van ‘n 34 broek geval tot ‘n 28 wat nou soos ‘n sak om sy boudjies hang. Sy volgende aankope sal seker by Mr Price se kinderafdeling moet wees.
Baie dankbaar vir julle ondersteuning.
Met baie liefde
Loua.
Ouma kon darem vir die kleinseun Ezra ‘n rugsakkie koop. Het drie boekies daarin gesit. Hy is so oulik met die sakkie op sy rug. Ek dink hy slaap nou daarmee….
Onlangse kommentare