Jy blaai in die argief vir 2010 Desember.

Laaste week..

Desember 3, 2010 in Sonder kategorie

Gaan Maandagoggend Boland toe.

Alweer ‘n drie dae lange geskrywery, beplanning en plotting vir die nuwe CAPS.

 

CAPS staan vir iets soos “nog ‘n nuwe kurrikulum/sillabus”

 

Werk van 8 in die oggend tot 9 in die aand.

Kom Woensdag terug.

 

Donderdag Kaap toe.

Hartman kry Vrydag stente vir die are in sy hart.

Januarie sal dit twee jaar wees na sy laaste omleidings.

Ek onthou julle kersies en gebede en mooi wense.

(As sy are oop genoeg is, anders saag hulle weer rbbes oop)

Sal seker Saterdag terugkom.

 

Intussen, met sy siekte, word ons by die dag armer en armer.

No work no pay.

Die lone en die bonusse vir die werkers is tans ‘n nagmerrie.

 

Maar nogtans sal ek jubel!

 

So, eintlik is VANDAG my laaste dag by die skool.

 

 

See you when I see you.